‘n Kritieke waterskaarste weens klimaatsverandering en min reën staar die Mangaung-metro in die gesig. Volgens die munisipale woordvoerder, Qondile Khedama, is die tekort aan water besig om ‘n algemene probleem in stede te raak. Waterbeperkings is Vrydag op ‘n raadsvergadering vir Bloemfontein, Botshabelo en Thaba Nchu afgekondig. Khedama sê die metro, soos in enige ander
Kovsies het twee weke vir verweer teen lastereis
Die Universiteit van die Vrystaat het twee weke om verdediging aan te teken en daarna ‘n verdere drie weke om ‘n verweerskrif te liaseer in ‘n skadevergoedingsaak. Twee voormalige Kovsies, Charl Blom en Cobus Muller, eis R6,15 miljoen van die instansie en sy rektor, Jonathan Jansen. Die eis spruit uit ‘n voorval waarin die twee
Lees verder: Kovsies het twee weke vir verweer teen lastereis
Premier waarsku dat weermag in Mamelodi ontplooi kan word
Gauteng se premier, David Makhura, sê indien nodig sal die weermag in die geweldgeteisterde Mamelodi, oos van Pretoria, ontplooi word waar taxi-operateurs teen die nuwe busdiens in opstand gekom het. Hy het op ‘n openbare vergadering aan inwoners gesê meer polisielede sal ook ontplooi word indien dit nodig sou wees. Minibus-taxibestuurders het Donderdag en Vrydag
Lees verder: Premier waarsku dat weermag in Mamelodi ontplooi kan word
Patoloë na Lesotho om sluipmoord te ondersoek
Die kantoor van adjunk-president Cyril Ramaphosa sê twee Suid-Afrikaanse patoloë gaan na Lesotho gestuur word om die omstandighede te ondersoek rondom die dood van die voormalige weermagbevelvoerder, luitenent-generaal Maaparankoe Mahao. Ondersoekbeamptes van Zimbabwe en Namibië sal ook deel wees van die ondersoek. Leiers van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsmeenskap het Vrydagaand ‘n dringende ondersoek na sy dood
Prins Harry in Omaruru opgemerk
“Good morning, is it Prince Harry of England?” So het die ontmoeting in die Spar-inkoopsentrum op Omaruru Donderdagoggend net voor die middaguur begin. ’n Paar stondes later het dit in ’n handdruk tussen Hanni Griebel van die sentrum en die koningskind oorgegaan. En ook Edna Botha het ’n handdruk gekry. Die Engelse prins is met
Vermeende ontvoerder weer voor
‘n Vermeende swart misdadiger, Fannie Mathebula, wat aangekeer is nadat hy glo ‘n skoolkind in Glen buite Bloemfontein ontvoer het, verskyn na verwagting Maandag weer in die Bloemfonteinse landdroshof. Mathebula het vroeër in die hof verskyn in verband met ‘n gesteelde motor. Daar word beweer dat Mathebula op 10 Junie die skoolkind ‘n rygeleentheid skooltoe
Oudste lewende Springbok oorlede
Die oudste lewende Springbok rugbyspeler, Piet Malan, is Sondagoggend in die Wilgeheuwel-hospitaal in Roodepoort oorlede, het die Centurion Rekord berig. Malan het op 13 Februarie vanjaar 96 jaar oud geword en hy was reeds sedert 2005 die oudste lewende Springbok rugbyspeler. Hy is onlangs met kanker gediagnoseer. Hoewel hy tussen 1945 en 1951 ’n gevestigde
Prasa ontken dat nuwe treine te hoog is
Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) het berigte ontken dat 13 nuwe lokomotiewe wat vanaf Spanje ingevoer word, te hoog is vir plaaslike spoortoestande, het RSG berig. Prasa het gereageer op Sondagkoerantberigte dat die diesellokomotiewe ten bedrae van 600 miljoen rand, oorhoofse elektriese kabels kan beskadig. Die lokomotiewe is na bewering gekoop ten spyte van waarskuwings
Groot polisieteenwoordigheid in Mamelodi ontplooi
‘n Groot polisieteenwoordigheid is ontplooi in Mamelodi, oos van Pretoria teen voortslepende openbare geweld. Pendelaars het die wetstoepassers se teenwoordigheid verwelkom. Geweld wat Woensdag uitgebreek het oor Putco se roetes wat deur die busdiens Autopax oorgeneem is, het duisende pendelaars is gestrand gelaat. Die onrus het opgevlam nadat Putco besluit het om sy dienste in
Lees verder: Groot polisieteenwoordigheid in Mamelodi ontplooi
Grieke stem teen besuiniging
Griekse kiesers het die redelike voorwaardes van ‘n Europese hulppakket in ‘n referendum verwerp. Die Duitse Ekonomiese Minister, Sigmar Gabriel het intussen die Griekse regering daarvan beskuldig dat hy die Grieke op ‘n wanhopige pad van verlatenheid lei. Griekeland se minister van finansies, Yanis Varoufakis het Sondag in ‘n skok-aankondiging gesê dat hy bedank ten
