Verwarring heers onder honderde studente aan tersiêre inrigtings in Bloemfontein nadat ondernemings van die Motsepe-stigting om hulle studiegeld te betaal, nie gerealiseer het nie. Die swart miljardêr Patrice Motsepe het voor die verkiesing by die Mangaung Indoor Sports Centre aangekondig dat sy Stigting geld vir studie sal bewillig in die Vrystaat. In ‘n kort uiteensetting
KZN spring duur e-tol vry
KwaZulu-Natal het ‘n duur e-tolstelsel vrygespring. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap sal teen November e-toltegnologie by twee tolplazas in die provinsie aanbring om verkeersvloei te verbeter. Anders as in Gauteng is dit egter nie ‘n bykomende tol wees nie, maar bloot ‘n alternatiewe manier van insameling van bestaande tol, het Sanral se Logashri Sewnarain gesê. Sewnarain,
VSA ontplooi troepe ‘om skoolmeisies te soek’
Die VSA het sy troepe in Tsjad ontplooi om glo na die skoolmeisies wat in Nigerië ontvoer is, te help soek. Die Verenigde State van Amerika sal 80 militêre personeellede en ‘n Predator-tuig na Tsjad stuur as deel van ‘n poging om ‘n vastrapplek in die streek te kry. Die onbemande verkenningstuig sal aansluit by soortgelyke
Zim-permitte vir SA sal verval
Permitte wat ingevolge ‘n spesiale bedeling aan Zimbabwiërs uitgereik is, sal in Desember verval, het RSG berig. Die Departement van Binnelandse Sake sê die kabinet het die besluit goedgekeur en daar sal van permithouers verwag word om weer om dokumente aansoek te doen. Binnelandse Sake sê die bedoeling is nie om die voordele van die
Duitsland sien buitengewone toestroming van immigrante
Duitsland het naas die VSA die wêreld se gewildste bestemming vir immigrante geword, het die Financial Times berig. Die land is nou gewilder as Kanada en Australië. Baie suid-Europeërs verkies Duitsland weens die lae werkloosheid. Die Eurosone se finansiële krisis het talle genoop om beter geleenthede te soek. Die immigrante dra meer by tot belasting
Lees verder: Duitsland sien buitengewone toestroming van immigrante
Ontploffings ruk Nigerië
Twee ontploffings in die hoofsakesentrum van die Nigeriese stad Jos het die lewens van minstens 118 mense geëis. Jos lê op die foutlyn tussen die strydende Christelike suide en meestal Moslem noorde. Dis die helfte van Nigerië se bevolking van 170 miljoen Christene. Nog talle is beseer in die aanval wat volgens die polisie deur die
Vyfde parlement open
Die Parlement is gereed vir die vyfde Parlement wat Woensdagoggend sal open. Minstens 40 nuwe parlementslede, onder wie 25 lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), sal ingehuldig word. Die party sal glo hul rooi berets na die opening dra. Die inhuldiging van die 400 Parlementslede sal die sitting open. Die LP’s het reeds geregistreer vir
Cope val uitmekaar
Cope het Dinsdag die media en beweerde onegte lede die skuld gegee vir die party se swak vertoning in die afgelope verkiesing. In ’n verklaring wat Cope uitgereik het ná afloop van sy nasionale komitee-vergadering blameer hy ook al die hofsake wat daar teen Cope was vir die feit dat die party so swak gevaar
Duisende verkiesingsplakkate moet af
Duisende van die plakkate is nog steeds te sien aan lamppale oral in die land, twee weke nadat Suid-Afrika in die algemene verkiesing gestem het. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie sê die verwydering van verkiesingsplakkate is nie hulle verantwoordelikheid nie en word deur munisipale ordonnansies beheer. Die stad Kaapstad het politieke partye tien dae tyd gegee om
Tito Mboweni onttrek as LP
Pravin Gordhan se heraanstelling in sy pos as minister van finansies, sal onstuimigheid en onsekerheid in markte kalmeer, sê sy ondersteuners. Terwyl die voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Tito Mboweni, volgens gerugte die voorloper vir die pos skyn te wees, sal dié aanstelling moeilik wees omdat markte en die vakbonde glo nie te vinde
