Etniese geweld in Limpopo sal OVK-regsitrasie ontwrig

Twee voertuie insluitende ‘n polisievoertuig is Donderdagaand beskadig toe inwoners van Vuwani in Limpopo paaie probeer versper het. Die polisie se Openbare Orde-eenheid, met gepantserde voertuie is in die gebied ontplooi en het daarin geslaag om die situasie te ontlont, het RSG berig. Voorvalle van etniese geweld het die afgelope ruk in Vuwani en omliggende

Lees verder: Etniese geweld in Limpopo sal OVK-regsitrasie ontwrig

Ted en Bernie wen in liberale Wisconsin

Senator Ted Cruz het Donald Trump Woensdag in die liberale Wisconsin verslaan. Met meer as 90% van die stemme getel, het Cruz meer as 49% van die kiesers se steun gekry en Trump 35%. Sen. John Kasich het sowat 14% van die stemme getrek. Cruz se oorwinning het van Trump se afggevaardigdes afgerokkel. Hy het

Lees verder: Ted en Bernie wen in liberale Wisconsin

Piesangs kry slegte naam

‘n Rashisterie het by die Universiteit van Warwick in Brittanje losgebars nadat daar op piesangs geskryf is. ‘n Petisie is geloods deur WARSoc, ‘n anti-rassisme vereniging, om die instelling “verantwoordelik te hou vir rassisme binne sy mure” nadat ‘n student kwetsende woorde op piesangs ontdek het. WARSoc, wat poog om dekolonisering te weeg te bring,

Lees verder: Piesangs kry slegte naam

Lood se twakpraatjies

Nadat PRAAG onlangs ‘n oud-vlootadmiraal aangehaal het wat beweer dat FW de Klerk direk geïmpliseer word in selfverryking, het “Lood” vinnig opgetree om dié verdoemende uitlatings toe te smeer. Kennelik wil Media24 nie graag dat selfverryking aan De Klerk verbind word nie, maar slegs aan Zuma wat in vergelyking klaarblyklik nie genoeg gesteel het om

Lees verder: Lood se twakpraatjies

Mantashe sê aanvalle is teen ANC, nie net Zuma nie

Die sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mantashe, sê die onlangse aanvalle teen president Jacob Zuma is geloods as ‘n aanval op die party, eerder as teen net die president alleen. Hy het by die opening van ‘n beraad in die Noord-Kaap in Kimberley, gesê diegene wat Zuma se kop eis, soek ‘n sondebok ten einde

Lees verder: Mantashe sê aanvalle is teen ANC, nie net Zuma nie

Swartes stel in stedelike grondhervorming belang

Dr. Anthea Jeffery, hoof van beleidsnavorsing by die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV) het ‘n indringende peiling oor swart ekonomiese bemagtiging (SEB), kwota-indiensneming, regstellende aksie en landelike grondhervorming bekend gestel. Net 11,3% van Suid-Afrikaners wat genader is, het gesê dat die grondhervormingsbeleid hulle persoonlik gehelp het en sowat 55,7% van swart deelnemers het stedelike eiendomshervorming verkies.

Lees verder: Swartes stel in stedelike grondhervorming belang

Splintergroep van Boko Haram se leier gevang

Die Nigeriese weermag het die leier van die Islamitiese militante groep, Ansaru, ’n splinterfaksie van Boko Haram, in hegtenis geneem en hom daarvan beskuldig dat hy Westerlinge ontvoer en vermoor, het Reuters berig. In 2012 het die Amerikaanse departement van verdediging Ansaru se leier, Khalid al-Barnawi, geïdentifiseer as een van drie Nigeriese militante wat op

Lees verder: Splintergroep van Boko Haram se leier gevang

Inwoners vlug na skermutselinge in Brazzaville

Kongolese inwoners van die suidelike distrikte van Brazzaville skuil by ’n kerk nadat hulle Maandag van intensiewe skermutselinge tussen veiligheidsmagte en opposisie-voorstanders in die suide van die hoofstad van die Republiek van die Kongo gevlug het. Gevegte woed nog in dele van die stad, het AFP berig. Volgens verslaggewers op die toneel, het paniekbevange mense

Lees verder: Inwoners vlug na skermutselinge in Brazzaville

FNB los Guptas, Nedbank gedreig

Die Gupta-familie het Eerste Nasionale Bank versoek om redes te verstrek waarom die bank die rekeninge gesluit het van die Oakbay Investments-maatskappy wat aan die Gupta-familie behoort. Die maatskappy is die houermaatskappy vir die Gupta-familie se sake-ondernemings in Suid-Afrika. Volgens die Reuters-nuusagentskap het die bank nie redes vir die sluitings bekend gemaak nie. Dit is

Lees verder: FNB los Guptas, Nedbank gedreig

Mossack Fonseca: ‘Enigste misdaad is kuberinbraak’

Die enigste misdaad wat gepleeg is, is van ‘n kuberaard, volgens Ramon Fonseca, een van die stigters van Mossack Fonseca, die regsfirma wat die middelpunt van die Panama Papers is. Fonseca het gesê die firma het ‘n klag by die Panamese owerheid ingedien omdat al die beriggewing tot dusver oor die bates van rykes handel

Lees verder: Mossack Fonseca: ‘Enigste misdaad is kuberinbraak’