Nieu-Seeland se opera diva, Dame Kiri Te Kanawa, 65, het deurgeloop onder diefstal van meer as 650 000 dollar deur ‘n bankbestuurder wat haar aftrederekening hanteer het in Kalifornië, het nuusberigte Vrydag gesê.
Die bestuurder Sokvoeun “Cindy” Sou, 27, het Donderdag in die hof erken dat sy geld verduister het en bedrog gepleeg het, het polisiespeurder Greg Ella van Alameda, in San Francisco Baai aan Radio Nieu-Seeland gesê.
Hy het gesê dat Sou in aanhouding gaan bly tot ‘n borgtogverhoor, voor sy gevonnis word.
Ella het gesê Sou is Dinsdag gearresteer by die bank in Alameda, waar sy gewerk het as bestuurder en het erken dat sy 5 onttrekking gemaak het uit Dame Kiri se rekening tussen Mei 2008 en die maand, na sy gesê het sy het finansiële probleme.
Hy het gesê die bank het Dame Kiri, wat meeste van die tyd in Engeland woon en steeds nou en dan by konserte optree se rekening reggestel. Dame Kiri het amptelik afgetree van haar operaloopbaan vier jaar gelede

Leiers van die G20 het die IMF se plan om 403 ton goud op die mark gesit, ondersteun. Die IMF sê hulle wil daarmee die wêreld se armste lande van hulp wees. Daarbenewens sal die goudprys laag gehou word wat sal meewerk om beleggers te oortuig om nie aandele te versaak nie.
Nadja Benaissa, ‘n welbekende Duitse sanger, liedjieskrywer en soms aktrise, wat sterstatus bereik het as een van die stigterslede van die suksesvolle damespopgroep ‘No Angels’, die grootste verkoper vir 'n Duitse damesgroep tot hede, staar 10 jaar tronkstraf in die gesig. Benaissa is van gemengde afkoms.