Stappe teen 150 SABC-werkers wat mediese skema bedrieg

Dissiplinêre stappe gaan teen meer as 150 SABC-werknemers gedoen word wat na bewering met mediese praktisyns saamgewerk het om die korporasie se mediese skema te bedrieg, het RSG berig. Die SABC sê hy het deur middel van fluitjieblasers en ander meganismes van die onwettige praktyke bewus geraak. Die woordvoerder, Kaizer Kganyago, sê die SAUK het

Lees verder: Stappe teen 150 SABC-werkers wat mediese skema bedrieg

DA-leier in PE smeek ANC op sy knieë

Oproeriges moes met traanrook in die voorportaal uitgedryf word in die Nelson Mandelabaai-metro se vergadering waar die metro se begroting voorgelê is. ‘n Aantal oproermakers het die ou Wolraad-gebou in Sentraal voor middagete Donderdag binnegestorm. Hulle is deur veiligheidswagte voorgekeer, maar het aan die deure na die raadsaal gehamer. Voorleggings is ontwrig toe die oproermakers

Lees verder: DA-leier in PE smeek ANC op sy knieë

Cell C ontstoke oor Vodacom en Neotel se samesmelting

Cell C dreig om die telekommunikasie-beheerliggaam, OKOSA, hof toe te neem oor die samesmelting van Vodacom en Neotel. Vodacom se teenstanders het die maatskappy se oorname van Neotel fel gekritiseer omdat dit Vodacom onregverdige voordeel sal gee as die land se grootste selfoonnetwerkverskaffer toegang tot Neotel se winsgewende radiofrekwensiespektrum sou kry. Die transaksie sal die

Lees verder: Cell C ontstoke oor Vodacom en Neotel se samesmelting

Charleston-skieter het geen skakel met SA nie

Die vermeende “Charleston-skieter” wat uitgebeeld word met die ou Suid-Afrikaanse vlag op sy baadjie, het nie enige skakels met die land nie. News24 kon geen amptelike gegewens van ‘n individu met sy naam en geboortedatum in enige Suid-Afrikaanse rekord opspoor nie, na ‘n soektog Donderdagmiddag.   Die Facebook-profiel foto van ‘n nors 21-jarige Dylann Roof

Lees verder: Charleston-skieter het geen skakel met SA nie

Pukke-raad sit glo oor rektor se termyn

Nuwe verwikkelinge rondom die termyn van die rektor van Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroom-kampus, Herman van Schalkwyk, is vandag na verwagting op ‘n raadsvergadering in Potchefstroom ter sprake. Voorsitter van die raad, Johan Kruger, sê hy wil hom nie uitlaat oor wat bespreek gaan word nie. Dit kom nadat die NWU-raad in Maart bekendgemaak het dat

Lees verder: Pukke-raad sit glo oor rektor se termyn

Provinsie gryp in nadat Eskom krag afsny

Die Vrystaatse provinsiale regering moes noodgedwonge ingryp by die Mafube munisipaliteit – wat ondermeer Frankfort, Villiers en Cornelia insluit – nadat dié munisipaliteit se finansiële probleme amper daartoe gelei het dat Eskom sy kragtoevoer afsny. Olly Mlamleli, die LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, sê haar departement en die provinsiale tesourie het die munisipaliteit

Lees verder: Provinsie gryp in nadat Eskom krag afsny

Reuse optog vir 19 Augustus beplan

‘n Reuse protesoptog, sogenaamd teen korrupsie, die grootste in die land se geskiedenis, word vir 19 Augustus beplan om saam te val met die adhoc-komitee oor Nkandla se voorlegging aan die Nasionale Vergadering. ‘n Alliansie van burgerregte-organisasies en vakbonde reël die protesoptogte wat gelyktydig na die Uniegebou in Pretoria en die Parlementsgebou in Kaapstad sal

Lees verder: Reuse optog vir 19 Augustus beplan

Vigilantes eis geregtigheid in Noordwes

Ontstoke inwoners in Mothotlung naby Brits in Noordwes het die plaaslike polisiekantoor bestorm en geeis dat swart jeugdiges in hegtenis geneem word wat van ernstige misdade verdink word. Die vermeende oortreders is glo aandadig aan die moord en verkragting van ‘n Graad 12 leerling van Pretoria. Die verminkte liggaam van Reneilwe Seloadi is naby die

Lees verder: Vigilantes eis geregtigheid in Noordwes

Witte brand op swart kerkgangers los in VSA

Nege swartes is dood toe ‘n wit aanvaller in die geskiedkundige Charleston-kerk in die Amerikaanse staat Suid-Carolina op mense losgebrand het. Die swart kerk is 150 jaar oud. Die polisie sê reeds dit was ‘n “haatmisdaad”, terwyl die aanvaller steeds op vrye voet is. Hy word beskryf as kort en blond. Hulle het ook gesê

Lees verder: Witte brand op swart kerkgangers los in VSA

Karoo-leeu bly spoorsnyers se moses

Die leeumannetjie wat byna twee weke gelede uit die Karoo Nasionale Park buite Beaufort-Wes ontsnap het, bevind hom nou in die Nuweveldberge naby die grens met die Noord-Kaap. Die kraagmannetjie, ongeveer drie jaar oud, het uit die Karoo Nasionale Park deur ‘n gat in die westelike heining ontsnap, klaarblyklik deur ‘n stormwaterpyp wat na een

Lees verder: Karoo-leeu bly spoorsnyers se moses