Gister het ek geskryf dat as daar een span is wat die Cheetahs se nommer het, dan is dit die Haaie. Daar het gister niks op King’s Park gebeur om my van mening te laat verander nie. Oorweeg die volgende: Dis tien minute na rustyd. Die Haaie loop voor met 18 punte teen drie. Hulle
WP besin oor die lewe, die heelal en twee punte
Die WP het gister ‘n voorsprong van een punt probeer verdedig en daarom met twee punte verloor. Dit is die droewige waarheid waaroor die Kapenaars vandag moet probeer kom. Met twaalf minute in die wedstryd voor, en loshande met een punt voor, met die Blou Bulle op kraal in hulle eie kwartgebied, het die WP
Lees verder: WP besin oor die lewe, die heelal en twee punte
Kop op die Blok: WP se seuns nie mans genoeg
Geykte uitdrukkings vloei hierdie hele week uit die Kaap uit. Dis asof hulle ‘n trommel vol stempels het, elkeen met ‘n cliché op, en wanneer die halfeindrondtetyd in die Curriebekerseisoen is, trek hulle dit nader. Tjap! Dis ‘n uitklopwedstryd en enige iets kan gebeur. Tjap! Tuisvoordeel. Tjap! Die wedstryd vind tussen vier wit lyne plaas.
Kop op die Blok: Haaie het Cheetahs se nommer
Al Bernstein, die legendariese boksontleder, het die reël geformuleer dat, maak nie saak hoe goed ‘n bokser is nie, daar ís iemand wat net weet hoe om hom te klop. Ter stawing wys hy na die ellende wat Muhammed Ali teen Ken Norton ondergaan het. Norton was nie die beste swaargewig van sy tyd nie
Oproer in kettingwinkel
‘n Swart vrou, Linda Brown, is Dinsdag in die deelstaat Ohio, in die VSA, gearresteer ná ‘n inkopietog van drie ure lank. Dit het begin nadat sy ‘n Hummer-limousine gehuur het en gevra het om by die Burlington Coat Factory-kettingwinkel afgelaai te word. Volgens die polisie het Brown na die naaste kasregister geloop en luidkeels
Barrichello by Williams?
Verskeie mediaberigte in Brasilië wil dit hê dat Rubens Barrichello van 2010 af vir Williams gaan jaag. Folha de S.Paulo, woordvoerder van Barrichello, het wel gesê dit is vir nou net 2010 met die opsie om 2011 ook in te sluit. Die skuif sal Barrichello se salaris heelwat vehoog van dit wat hy nou by
Vyf vas vir terreurkomplot
Vyf mans is daarvan skuldig bevind dat hulle instruksies oor hoe om bomme te maak bymekaar gemaak het en plofbare chemikalieë gekoop het as deel van ‘n komplot om ‘n terroriste-aanval op Australië uit te voer. ‘n Jurie het vir ‘n maand oor die saak nagedink voordat hulle die mans Vrydag skuldig bevind het vir
Verdagte troeteldiere
{jathumbnail off} вылечить пародонтозтопкарго развод
Minister blaas kwartmiljoen op partytjie
Angie Motshekga, die minister van basiese onderwys, het meer as R250 000 bestee aan ’n partytjie om haar begrotingstoespraak in die parlement te vier. George Boinamo, DA-woordvoerder vir onderwys, het aan Motshekga in die parlement gevra wat die geleentheid gekos het. Die departement van onderwys het aangedui dat die viering R267 044 gekos het. R50
Mulder moeg vir dubbele standaarde
Dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier, het in ‘n verklaring gesê dat hy moeg is vir dubbele standaarde en onlogiese argumente as dit oor die Grondwet en Suid-Afrika se amptelike tale gaan. Komiteelede van die Parlement se portefeuljekomitee oor Hoër Onderwys het tydens ‘n besoek aan die Universiteit van Stellenbosch, die rektor en die universiteit gekritiseer
