Vrou dood in lugballonongeluk naby Brits

Die Mediclinic Brits het bevestig dat die vrou wat in ‘n lugballon-ongeluk by die Hartbeespoortdam ernstig beseer is, Woensdagaand in dié hospitaal oorlede is. Hospitaal-woordvoerder, Retha Mostert, sê die vrou was in haar 40’s. Volgens Mostert is nog ‘n beseerde vrou in ‘n stabiele toestand in die hospitaal. Haar vierjarige dogtertjie is ook beseer en

Lees verder: Vrou dood in lugballonongeluk naby Brits

Twee kragtige aardbewings tref Italië

Twee kragtige aardbewings het sentraal-Italië twee ure uit mekaar getref. Alhoewel honderde mense in Augustus in dieselfde gebied in ‘n aardbewing dood is, is daar nog geen verslae van ongevalle ontvang nie. Albei die jongste aardbewings was oos van die stad Perugia. Die Amerikaanse Geologiese Instituut sê die eerste aardbewing was 5,5 en die tweede

Lees verder: Twee kragtige aardbewings tref Italië

Eskom sal kernuitbreiding bestuur

Die Minister van finansies, Pravin Gordhan het Woensdag bevestig in sy mediumtermyn-begrotingsraamwerk dat Eskom die betwiste kernverkrygingsprogram van die land sal bestuur. “Binne die raamwerk van die Geïntegreerde Hulpbronplan, is dit bevestig dat Eskom die voortou in die kernkraginisiatief sal neem,” het Gordhan gesê in die Parlement. Hy het bygevoeg dat die nasionale tesourie die

Lees verder: Eskom sal kernuitbreiding bestuur

HOP-huise in die Vrystaat word verkwansel

‘n Swart huiseienaar beskou klaarblyklik die geskenk van ‘n HOP-huis as ‘n bate om te verkwansel. ‘n Skokkende aantal van dié regeringshuise word verkoop. Dit is in die parlement onthul dat al hoe meer HOP-huisbegunstigdes in die Vrystaat hulle huise vir kontant wol ruil. Luidens ‘n geskrewe antwoord op ‘n parlementêre vraag, het die meeste

Lees verder: HOP-huise in die Vrystaat word verkwansel

Rhodesbetogers brand geboue omdat eksamenkullery hokgeslaan word

Brande by twee eksamenlokale en die tennisklub aan die Rhodes Universiteit is geblus ná ‘n middag van geweld by die Grahamstadse instelling Woensdag. Skokgranate en rubberkoeëls is gebruik om die oproeriges te laat bedaar. Die brand het groot skade aan die tennisklub aangerig voordat dit geblus is. Twee eksamenlokale, die Hangar en die Alec Mullins

Lees verder: Rhodesbetogers brand geboue omdat eksamenkullery hokgeslaan word

Kenia stel besoek aan Angola af

Kenia se pres. Uhuru Kenyatta het ”n besoek aan Angola gekanselleer ná ‘n aanval op ‘n gastehuis in Mandera waarin 12 mense Dinsdag dood is. Volgens ‘n woordvoerder het die president die besoek afgelas om ‘n veiligheidspitsberaad by te woon “in solidariteit met die families wat geliefdes verloor het en diegene wat beseer is, vir

Lees verder: Kenia stel besoek aan Angola af

Van Wits se mooi voornemens kom nog brandstigting, geweld

Oproeriges het Dinsdagaand ‘n bus van die Rea-Veya busdiens aan die brand gesteek buite die hoofkampus van die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg. Vroeër die aand is ‘n polisievoertuig aan die brand gesteek nadat die polisie skynbaar deur onlusmakers mislei is. Die swart betogers het volgens berigte op die bus toegeslaan terwyl die polisie

Lees verder: Van Wits se mooi voornemens kom nog brandstigting, geweld

Swede sê hulle gaan aanhou om SA se wyne te koop

Systembolaget, drankwinkels van die Sweedse staat, het gesê hulle gaan aanhou om wyne uit Suid-Afrika aan te koop ten spyte van ‘n Deense dokumentêre program oor die swak arbeidstoestande op wynplase “Handel in samehang met duidelike vereistes wat aan produsente gestel word, is die beste manier waarop ons kan bydra tot voordelige ontwikkeling in sulke

Lees verder: Swede sê hulle gaan aanhou om SA se wyne te koop

Al Sjabaab van AU-basis aan

‘n Selfmoordbomaanvaller van Al Sjabaab het met ‘n voertuig vol plofstof gister ‘n militêre basis van die Afrika-unie in sentraal Somalië binnegejaag. Volgens veiligheidswoordvoerders is die ontploffing deur swaar geweervuur gevolg. Die voorval het by die Djiboetiese basis in die stad Beledweyne plaasgevind. Al Sjabaab, met bande aan Al Kaïda, het via sy Radio Andalus

Lees verder: Al Sjabaab van AU-basis aan

Vier dood in Australiese pretpark-rit

Twee vrouens en twee mans is gister by ‘n vermaaklikheidspark aan Australië se gewilde Gold Coast dood. Ooggetuies het beskryf hoe mense geskree het toe ‘n vaartuig op een van die waterritte omgeslaan het. Queensland se polisie sê die vier slagoffers is op die “Thunder River Rapids”-rit by die Dreamworld park dood. Australië se eerste

Lees verder: Vier dood in Australiese pretpark-rit