Drie tieners is in die hospitaal oorlede nadat hulle by Leisure Island op Knysna in die Suid-Kaap verdrink het. Die drie is deur die see meegesleur, terwyl ‘n vierde kind oorleef het. ‘n Woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut, Craig Lambinon, het bevestig dat ‘n vierde meisie oorleef het. Hy sê die NSRI kon daarin slaag
Suid-Afrikaners is stokkiesdraai-kampioene
Afwesigheid by die werk die tyd van die jaar in Suid-Afrika is van die hoogste in die wêreld. Só sê ‘n Kaapse regsverteenwoordiger, Michael Bagraim, wat geageer het op syfers van Statistiek Suid-Afrika wat wys dat afwesigheid van die werk Suid-Afrika sowat 12 miljard rand ‘n jaar kos. Hy sê afwesigheid in die Feestyd neem
IVP, APC sal nie koalisie met KD aangaan nie
Die leier van die African People’s Convention, Themba Godi sê sy party sal nie by die opposisie-koalisie, die Kollektief vir Demokrasie aansluit nie. Godi sê sy party se politieke program verskil van dié van Kollektief vir Demokrasie onder aanvoering van Mosiuoa Lekota. Die KD wat uit ‘n paar marginale partye bestaan, beplan om saam te
Cosatu dreig Numsa oor Vavi
Cosatu dreig met regstappe teen die vakbond Numsa, omdat hy die geskorste hoofsekretaris, Zwelinzima Vavi genooi het om sy spesiale kongres toe te spreek. Cosatu het vroeër by die geaffilieërde Numsa oor die uitnodiging aan Vavi beswaar gemaak en gesê dat die uitnodiging teen die besluit om Vavi te skors indruis. Die federasie se sentrale
Steve en Julius in hegtenis geneem vir spoed
Die gewildste Afrikaanse sanger, Steve Hofmeyer ook Donderdagaand op die N4 naby Bronkhortspruit in hegtenis geneem. Hofmeyr verskyn Maandag in die Bronkhorstspruit landdroshof nadat hy na bewering 169 kilometer per uur gery het. Hy is op borgtog van R500 vrygelaat. Hofmeyer was laat vir sy konsert by die Forever Resort Badplaas. Ná die spoedlokval wat gelei
Nuwe bankreëls verwater Europese soewereiniteit
Die EU se ministers van Finansies het Woensdag ‘n bankunie-ooreenkoms bereik wat Brussel ongekende nuwe magte sal gee om te verhoed dat banke wat ineenstort die ekonomie knou, het amptelike bronne gesê. ‘n Bron binne die Franse ministerie van finansies het gesê ná ‘n lang dag van harde gesprekke, wat gekenmerk is deur skerp verskille
Lees verder: Nuwe bankreëls verwater Europese soewereiniteit
‘Zuma het nie voordeel getrek uit opgraderings nie’
Die minister van Openbare Werke, Thulas Nxesi sê dit is nie waar dat die president eie voordeel getrek het uit die opgraderings nie. Hy het gesê alle soewereine lande het ‘n plig om die land se verkose leier te beskerm. Nxesi het die volledige inter-ministeriële verslag oor veiligheidsopgraderings by President Jacob Zuma se privaatwoning by Nkandla
Lees verder: ‘Zuma het nie voordeel getrek uit opgraderings nie’
Wouter Basson stem nie saam met RGB nie
Die kardioloog en chemiese wapendeskundige, dr Wouter Basson, sê dat hy nie met die bevinding van die Raad op Gesondheidsberoepe, RGB, saamstem nie. Hy aanvaar die beslissing dat hy skuldig is aan onprofessionele en onetiese gedrag, maar stem nie daarmee saam nie, het hy gesê. Dit volg nadat die Raad op Gesondheidsberoepe hom gister skuldig
Numsa wil Phiyega, Ramaphosa, Zuma voor ISH daag
President Jacob Zuma se regering, Lonmin-aandeelhouers en die nasionale kommissaris van polisie Riah Phiyega moet voor die Internasionale Strafhof (ISH) verskyn meen die metaalwerkersunie Numsa. Afgevaardigdes na die National Union of Metalworkers van Suid-Afrika het by die spesiale kongres Woensdag gesê het hul leiers het instruksies om ‘n regsmening te kry oor die moontlikheid om
Lees verder: Numsa wil Phiyega, Ramaphosa, Zuma voor ISH daag
Nkandla-verslag geopenbaar
Die volledige verslag van die ministeriële taakspan oor die veiligheidsopgraderings by president Jacob Zuma se privaatwoning in Nkandla sal Donderdag bekend gemaak word. Die verslag sou vroeër bekend gemaak word, maar is uitgestel vanweë oud-president Nelson Mandela se dood, het RSG berig/ Die ministers van die veiligheidsgroepering sal die verslag bekend maak. Die verslag is
