
President Jacob Zuma se regering, Lonmin-aandeelhouers en die nasionale kommissaris van polisie Riah Phiyega moet voor die Internasionale Strafhof (ISH) verskyn meen die metaalwerkersunie Numsa.
Afgevaardigdes na die National Union of Metalworkers van Suid-Afrika het by die spesiale kongres Woensdag gesê het hul leiers het instruksies om ‘n regsmening te kry oor die moontlikheid om die Marikanaslagting na die hof in Den Haag te verwys.
Die voorstel is deur Numsa se KwaZulu- Natal-streek ingedien en ondersteun deur die ander streke.
Mpumalanga het egter hul kommer uitgespreek dat die ISH se vooroordeel teen die Afrika-leiers bekend is.
Numsa se oproep het gekom na Dinsdagaand se vertoning by die konferensie van ‘n dokumentêr wat glo die wrede slagting van mynwerkers deur die polisie op 16 Augustus verlede jaar uitgelig het.
Die dokumentêr – nog ongeredigeer en nie vrygestel nie – het die meer as 1 000 afgevaardigdes laat kook.
Hulle het onderneem om ‘n regsmening in te win oor of daar gronde bestaan om Phiyega, die regering en die Lonmin -aandeelhouers voor die ISH te sleep.
Bo-aan Numsa se lys van Lonmin-aandeelhouers vir hul beweerde rol in die moorde is Cyril Ramaphosa, die BEE-mynmagnaat, wat net vier maande ná die voorval as die ANC se adjunk-president verkies is.
Die 16 Augustus 2012 moorde in Marikana was hoofnuus op internasionaal televisiekanale wat gelei het tot globale veroordeling.
Numsa beplan om die dokumentêr internasionaal te versprei, skynbaar in die hoop dat die ISH-aansoek sal slaag.
Numsa se adjunk sekretaris-generaal Karl Cloete het gesê die dokumentêr sal afgelewer word by sakemense.
Numsa-afgevaardigdes het ook gevra vir Phiyega se onmiddellike ontslag.”Ons is van mening dat sy [ Phiyega ] is die een wat instruksies gegee het om ons mense dood te maak,” sê Cloete.
