Kyk, die Vrystaters is ‘n gasvrye lotjie, maar sowat van hartlikheid waarmee hulle die WP gister in Bloemfontein ontvang het, word selde op ‘n voetbalveld gesien. Dis asof hulle hulle maatjies uit die Suide genooi het om by hulle te kom speel en toe deur hulle pappie vermaan is om mooi te werk met die
Lees verder: Die Vrystaat speel mooi met die WP, maar wen nog steeds

Suid-Afrikaners wat êrens in hul lewe in die Verenigde Koninkryk woonagtig was, het almal hulle gunsteling vakansieplek op daardie modderige eiland met sy ryke verskeidenheid aan mense en die natuur. Myne is die Mere-distrik in Cumbria, veral in die laatsomer, as al die bome met die wonderlikste herfskleure geverf is.