Pat Buchanan gesels oor ras

ImageBarack Obama sê ons moet ‘n gesprek hê oor ras in Amerika, dis billik. Maar hierdie keer moet dit ‘n tweerigting gesprek wees. Wit Amerika behoort gehoor te word, en nie net voor gepreek word nie. Hierdie keer moet die stille meerderheid se standpunte, griewe en eise gehoor word, en dit lyk as volg:

Eerstens, Amerika is die beste land ter wêreld vir swartmense. Dit is hier dat 600,000 swartmense, wat ingebring is van Afrika af as slawe, gegroei het tot ‘n bevolking van 40 miljoen, bekend gestel is aan Christelike vryheid, en die hoogste vlakke van vryheid en rykdom bereik het wat swartes ooit gehad het. Wright behoort op sy knieë te gaan en God te dank dat hy ‘n Amerikaner is.

Tweedens, geen mense elders het meer gedoen om swartes te help as wit Amerikaners nie. Ongekende triljoene is spandeer sedert die 60’s op welsyn, voedselbystand, huuraanvullings, seksie-8 behuising, Pelltoelae, studentelenings, regsdienste, mediese fondse, inkomstebelastingkrediete en armoedeverligtingsprogramme wat ontwerp is om die Afro-Amerikaanse gemeenskap in die hoofstroom op te neem. Regerings, besighede en kolleges het begin om te diskrimineer teen wit mense – met rasvoorkeure, spesiale kontrakte en kwotas – om swart mense meer te help as wit mense. Kerke, stigtings, burgerregtegroepe, skole en individue regoor Amerika het hulle tyd en geld gegee om sopkombuise, volwasse onderrig, dagsorg, aftree-oorde en verplegingshuise vir swartes te ondersteun.

Ons hoor die griewe, waar is die dankbaarheid ???

Barack praat oor die nuwe “lere van geleentheid” vir swartes. Laat hy na Altoona en Johnstown Pa. gaan en vir die wit kinders in Katolieke skole vra hoeveel van hulle is onlangs besoek deur werwingsbeamptes van die top universiteite wat beurse uitgee vir “verdienstelike” wit kinders. Is wit Amerika werklik verantwoordelik dat die misdaad en tronksyfers vir Afro-Amerikaners 7 maal hoër is as dit van wit Amerika? Is dit wit Amerika se skuld dat buite-egtelikheid in die Afro-Amerikaanse gemeenskap op 70% staan en dat die uitvalsyfer vir swartes in hoërskole in sommige stede 50% bereik het?

Is dit die fout van wit Amerika of dalk eerstens en van groter belang, ‘n mislukking van die swart gemeenskap self?

Ten opsigte van rassisme, sy aaklige manifestasie is sigbaar in interrassige misdaad en veral interrassige geweldsmisdaad. Is Barack Obama bewus daarvan, dat terwyl blanke misdadigers swart slagoffers uitsoek 3% van die tyd, swart misdadigers wit slagoffers uitsoek 45% van die tyd?

Is Barack bewus daarvan dat swart-op-wit verkragting 100 keer meer algemeen plaasvind as die teenoorgestelde, dat swart-op-wit roof 139 keer meer algemeen was in die eerste drie jaar van die dekade as die teenoorgestelde?

Jammer Barack, sommige van ons het dit alles al gehoor, omtrent 40 jaar en 40 triljoen belasting dollars gelede…

светtopcargo

VN-hoof veroordeel aanval op vredesmag in Somali

Die VN-sekretarisgeneraal Ban Ki-Moon het ‘n selfmoordbomaanval waarin 11 Afrika Unie vredesmaglede in Somalië dood is en 15 ander gewond is “ten sterkste veroordeel”, het sy perskantoor Maandag gesê.

“Daar kan geen geldige regverdiging wees vir dié en ander onlangse aanvalle op AU-magte wat ontplooi is met die doel om te help om vrede en sekuriteit te bring onder die mense van Somalië nie,” het hy in ‘n verklaring gesê oor Sondag se aanval.

Ban het gesê die vredesmag sending se “volgehoue toewyding en opoffering moet gesteun word deur wyer ondersteuning van die internasionale gemeenskap sodat dit sy mandaat meer effektief kan uitvoer in baie moeilike omstandighede.”

11 Soldate van Burundi is dood en 15 gewond in die aanval op hulle kamp in Mogadisjoe, volgens ‘n verklaring wat Maandag uitgereik is deur die Burundiese weermag in Bujumbura.

Die aanval, die dodelikste sover teen die Afrika Unie Missie in Somalië (AMISOM) het die syfer op 20 te staan gebring van Au soldate wat dood is sedert die mag ontplooi is in Maart 2007, volgens statistiek van AFP.

AMISOM, wat bestaan uit 3400 soldate van Uganda en Burundi is onderbefonds, swak toegerus en minder as die helfte van die mag van 8000 wat oorspronklik beoog is vir die missie.

Sedert die vertrek van Ethiopiese soldate verlede maand, is dit die enigste buitelandse mag in Mogadisjoe, ‘n stad wat vernietig is deur oorlog en geweld.

Die onttrekking van die Etiopiërs uit Somalië verlede maand, was die hoof eis van Somalië se Islamitiese opposisie, maar ekstremistiese insurgente het belowe om aan te hou veg teen AMISOM.

Somalië, ‘n verarmde land in die horing van Afrika is ontwrig deur burgeroorlog sedert 1991.

купить стойки трансмиссионныеФильчаков

Switsers gaan stem oor strenger wapenbeheer

Switserland se deeltydse soldate het tradisioneel hulle wapens in die solder, ‘n kas of onder die bed gebêre. Hulle beskou dit as ‘n eer en ‘n plig om die wapens byderhand te hou.

Maar kritici het gesê die toename in vuurwapens het gelei tot beide manslag en selfmoord regoor die neutrale land, en hulle vra strenger beheer oor vuurwapens.

Mense wat dié veldtog dryf het Maandag gesê hulle het meer as 120,000 handtekeninge om ‘n nasionale referendum af te dwing oor die saak of militêre wapens by weermaginstallasies geberg moet word.

“Amper elke dag pleeg ‘n persoon selfmoord met ‘n vuurwapen in Switserland,” het Josef Lang gesê. Lang is ‘n lid van die Groenparty wat saam met die Sosiale Demokrate, regtegroepe en ander die veldtog dryf.

Die land was in 2006 geskok toe die voormalige skister, Corinne Rey-Bellet en haar broer doodgeskiet is deur haar man met ‘n weermag wapen. Hy het die volgende dag selfmoord gepleeg.

Die referendum, waarvoor ‘n datum nog bepaal moet word, sal ook vra of kiesers ‘n nasionale wapenregister wil laat opstel, en of burgers verbied moet word om ekstra gevaarlike wapens soos pompaksie-gewere of outomatiese wapens moet kan koop vir persoonlike gebruik.

Dit gaan baie verder as ‘n 2007-wet wat vereis dat militêre ammunisie op basisse gestoor moet word – ‘n skuif wat deur baie gesien word as die eerste stap om die wapens-by-die-huis tradisie af te skaf. Die linksgesindes reken egter dat dit nie genoeg is nie, en dat die risiko van misbruik van militêre wapens steeds te hoog is.

Anita Fetz, ‘n lid van die Sosiale Demokrate het gesê ‘n roosster sal lei tot meer sekuriteit en sal die geldelike uitgawe werd wees, wat volgens opponente geweldig hoog sal wees. “Elke enkele kar, en elke koei in Switserland is geregistreer. Natuurlik kos dit geld,” het sy gesê.

Diens in Switserland se milisieweermag is verpligtend vir alle mans, en lede moet hulle wapens huis toe neem tussen oproeptydperke.

Byna ‘n derde van deelnemers an ‘n ondersoek in 2008, het gesê hulle het ten minste een militêre wapen by die huis, het die Switserse Federale Instituut van Tegnologie te Zürich in ‘n verslag vir die ministerie van verdediging bevind.

Die presiese aantal weermagwapens en privaatwapens in Switserse woning is nie bekend nie. Die ministerie van verdediging reken dat daar omtrent 2,2 miljoen wapens is in die nasie van 7,5 miljoen mense. Maar die onafhanklike Klein Wapens Ondersoek plaas die syfer op tussen 2,3 miljoen en 4,5 miljoen.

Professor Martin Killias, wat medebestuurder is vir die kriminologie departement by die universiteit van Zürich, het gesê twee derdes van huise wat wapens het,  het net militêre wapens.

Switserland se algehele syfer vir selfmoord is vergelykbaar met ander Europese nasies, volgens ‘n studie deur Killias en navorsers van die universiteit van Lausanne. Maar die verhouding vuurwapen-selfmoorde is hoër in Switserland as in baie ander lande op die kontinent, het die verslag bevind.

Selfmoord statistieke in sommige Switserse kantons (state) toon ‘n gemiddeld van 170 selfmoorde wat gepleeg word elke jaar met weermagwapens in die land, het die ministerie van verdediging gesê.

Dit was nie in staat om die syfer te gee vir manslag met militêre wapens nie.

‘n Verslag wat deur die ministerie in November vrygestel is, het getoon dat daar ‘n hoër risiko is vir familiemoorde, dreigemente en selfmoorde waar wapens maklik bekombaar was in huishoudings.

Lang het gesê ‘n landswye wapenregister sou polisie in staat gestel het om Switserland se ergste skietramp te verhoed, toe ‘n gewapende man in 2001 in ‘n streeks-parlement ingestorm het in die dorp Zug, en 14 parlementslede en ander amptenare geskiet het voor hy homself om die lewe gebring het.

Lang, wat self in die lokaal was ten tyde van die aanval, het gesê die man het ‘n pompaksie-geweer gebruik wat hy net ‘n paar dae tevore gekoop het, ten spyte daarvan dat hy die teiken van ‘n ondersoek was na hy klaarblyklik ‘n busbestuurder gedreig het met ‘n wapen en omdat hy ‘n groot versameling wapens besit het.

online casino slotДанильченко Юрий отзывы

Colombiaanse ‘doodskiste’ vervoer koka?ne onder die golwe

ImageGepak met kokaïne en met die naam “doodskiste”, vaar vaartbelynde semi-duikbote noord van Colombia deur Stille Oseaan waters om tonne onwettige dwelms te lewer wat bestem is vir die Amerikaanse markte.

Die semi-duikbote sny deur die water met pype en glasveselbedekte kajuite wat soms sigbaar is. Die vaartuie is die nuutste metode wat gebruik word deur dwelmkartels om te poog om ongesiens hulle dodelike vrag verby die owerhede te smokkel.

‘n Kaptein en drie of vier bemanningslede sit in die beknopte spasie van die vaartuie se rompe op hul vaarte van Colombia se Stille Oseaankus op tot by Sentraal-Amerika of Meksiko, het die kuswag gesê.

Daar is geen badkamer of kombuis aan boord nie, en die hitte kan versengend raak in die klein spasie wat die smokkelaars deel in die agterkant van die vaartuig, net ‘n paar voet weg van die kloppende dieselenjins.

“Hulle noem dit of die doodskis of die grafkelder,” het skoutadmiraal Joseph Nimmich gesê, wat in bevel is van die Amerikaanse kuswag se gesamentlike interagentskaptaakmag.

Die bedoeling is om so lae as moontlike profiel te verkry, en om dit so moeilik te maak as moontlik vir ons om hulle te vind.”

Die taakmag waarvan Nimmich in bevel is, is ‘n oorkoepelende groep wat die Amerikaanse weermag, die Dwelm Beheer Agentskap, FBI en CIA, insluit en fokus op die monitering en opspoor van dwelmhandel in die westelike halfrond.

Daar word geskat dat tussen 60 en 75 van die vaartuie, ook bekend as “narco-subs” wat in staat is om soveel as 8 ton dwelms te dra wanneer dit vol gelaai is, elke jaar gebou word in die woude in klandestiene skeepswerwe.

Dit maak die vloot groot genoeg om bykans die hele kokaïne produksie van Colombia uit te voer per jaar. Die produksie word geskat deur VN-monitors op omtrent 600 metrieke ton per jaar.

Nimmich het verlede week met Reuters gepraat in ‘n onderhoud by ‘n vlootdok in Key West, Florida, waar een van die vaartuie uitgestal word. Die vaartuig van omtrent 18 meter lank en 3,5 meter wyd is verlede September in die Stille oseaan gevang met sy bemanning van 4 en ‘n vrag van omtrent 7 ton kokaïne.

Die “doodskis”-bynaam vir die vaartuie het ontstaan uit die feit dat in die vroeë stadiums van ontwikkeling sommige van hulle katastrofiese strukturele foute gehad het.

Nimmich het gesê die bote, wat oorspronklik ontwerp is deur Russiese, Pakistani en Sri-Lankese ingenieurs, toenemend meer gesofistikeerd word in hulle seewaardigheid, aandrywingsisteme en ander eienskappe.

Die smokkelvaarte van Colombia na Meksiko of Guatemala, waar kokaïne afgelaai word om na Amerika geneem te word, kan op tot twee weke neem. Maar dit is slegs omdat die bote met hulle sterk enjins gedurende die dag stadig vaar sodat hulle sleepspoor nie maklik gesien word nie.

Een van die nuwe eienskappe van die vaartuig wat uitgestal word by die Key West Vloot se lugstasie is ‘n onderwaterverkoelde uitlaatsisteem, wat help om die boot, wat liggrys geverf is met blou spikkels, se hitte-uitstraling, wat raakgesien kan word met infrarooi radarsisteme, te verminder.

“Baie lae tegnologiese ontwerpe kan ‘n groot impak hê op ons sensorstelsels,” het Nimmich gesê.

Tot nou toe het dit voorgekom asof die vaartuie byna eksklusief gebruik is om kokaïne te vervoer vanaf die Stille Oseaankant van Colombia, het Nimmich gesê. Maar ten minste een, met ‘n baie groot vragruim en ‘n twee-enjin aandrywingsisteem is gevind op die oostelike kant van Colombia, by die Guajira-skiereiland, het hy bygevoeg.

Onlangse verslae van bou-aktiwiteit in die Karibiese streek is nog nie bevestig nie, het Nimmich bygevoeg. Hy het gesê dat intelligensie wat wys na konstruksie van ten minste een semi-duikboot, wat kokaïne moet vervoer na Europa vanuit die Amasonerivierkom nie bevestig kon word nie, maar dat dit nie ‘n verrassing sou wees nie.

“Ons dink dat daar ‘n uitbreiding van die tegnologie in ander sektore gaan wees,” het die admiraal gesê. Die potensiaal vir terroriste-aanvalle deur van sulke vaartuie gebruik te maak is een moontlikheid, het hy bygevoeg.

Sommige van sy kollegas het vrese uitgespreek dat dwelmsmokkelaars binnekort behoorlike duikbote kan bou wat in staat sal wees om diep te kan duik en vinniger te kan vaar as die huidige geslag vaartuie.

Nimmich het gesê sulke produksie sal waarskynlik nie vinnig wees nie, selfs al is ‘n volgrootte Russiesontwerpte duikboot, wat sowat 150 ton kokaïne kan dra en in staat is om tot redelike dieptes te kan duik, deur Colombiaanse polisie gevind in ‘n pakhuis in die land se hoofstad in 2000.

“Die tegnologiese vooruitgang wat nodig is om van semi-duikboot na duikboot te gaan is dramaties. Dit is nie maklik nie,” het Nimmich gesê.

In elke geval is die semi-duikbote dalk reeds goed genoeg om die verskerpte pogings teen vliegtuie en snelbote wat met kokaïne gelaai is, teen te werk.

Vir elke semi-duikboot wat gevang word – wat omtrent $500 000 kos om te bou en gesink word as hy sy finale bestemming bereik – het Nimmich gesê daar is vier ander wat straffeloos noordwaarts ploeg deur die see.

“Teen ‘n baie goeie tempo hierdie jaar sal ons omtrent net 20% suksesvol wees met die onderskep van semi-duikbote op die huidige stadium,” het hy gesê.

сварочные полуавтоматыФільчаков Олександр Васильович прокурор

Hulpwerkers doodgeskiet in Darfoer

Gewapende mans het twee werkers van ‘n Franse hulpgroep doodgeskiet in ‘n hinderlaag in die Soedannese gebied suid van Darfoer, het vredesmaglede Maandag gesê.

Die twee Soedannese personeel van Aide Medicale Internationale (AMI) is Saterdagaand aangeval toe hulle in ‘n afgeleë gebied gery het waar gevegte tussen regeringsmagte en rebelle toegeneem het.

‘n Ondersoek het getoon dat die aanvallers, wat kamele en perde gery het, rowers was, het ‘n woordvoerder van die gesamentlike VN/AU-UNAMID-vredesmag gesê.

Maar die moorde het plaasgevind op ‘n tyd wat vrese vir aanvalle op buitelandse hulpgroepe in die oorloggeteisterde gebied toeneem.

Spanning het toegeneem in Darfoer met die aftelling in aanloop tot ‘n verwagte uitspraak van regters van die Internasionale hof oor ‘n besluit om ‘n lasbrief uit te reik vir die arrestasie van Soedan se president op klagte dat hy oorlogsmisdade in die streek gereël het.

Soedan se regering het belowe om VN en ander ontwikkelingsorganisasies te beskerm na ‘n besluit vn die internasionale hof in Den Haag. Maar senior beamptes het gesê hulle mag dalk nie in staat wees om individuele ekstremistiese organisasies te beheer wat gesê het dat die hof deel is van ‘n Westerse sameswering teen Soedan nie.

Die hulpwerkers is aangeval op die pad na die nedersetting Khor Abeche Nyala, 80 km suid van Darfoer, teen sonondergang, het ‘n UNAMID-woordvoerder Kemal Saiki gesê.

Hy het gesê daar was verslae van 24 mans wat ‘n vragmotor vroeër die dag gestop en beroof het, en geskiet het op hulpwerkers wat in ‘n Land Rovert op dié pad verbygery het.

“Op die oog af lyk dit soos net ‘n rooftog. Hulle was op die verkeerde tyd op die verkeerde plek,” het Saiki gesê.

Vier burgerlikes is ook gewond in die aanval.

Meeste nie-Arabiese rebelle het die wapen opgeneem teen Soedan se regering in 2003, en het Khartoem beskuldig dat hulle ontwikkeling in die gebied nalaat.

In die 6 jaar wat gevolg het, het die konflik gedisintegreer in ‘n elkeen-vir-homself wat rowers, rebelle aksies, regeringstroepe, milisie en strydende stamme insluit. Die VN en hulpgroepe het die grootste humanitêre operasie ter wêreld het begin om te sorg vir die miljoene burgerlikes wat in die konflik vasgekeer is.

Khartoem het meestal Arabiese milisie gemobiliseer om die rebellie te onderdruk en ontken beskuldigings van Washington en aktiviste dat dit volksmoord gedurende die teeninsurgensie gepleeg het.

компрессор воздушный ремезаОлександр Фільчаков прокурор

Wetgewers beplan om doodstraf te elimineer

‘n Wetgewerskomitee in Colorado het Maandag ‘n plan goedgekeur om die doodstraf te elimineer en die geld te benut om te fokus op dormante sake na slagoffers se familie gevra het vir hulp om berusting te vind. 

Die huis van verteenwoordigers juridiese komitee het die maatreëls goedgekeur na ure se emosionele getuienis deur ondersteuners wat gesê het die geld kan beter aangewend word om die mense te vind wat hulle geliefdes vermoor het. Die wet gaan nou na die goedkeuringskomitee.

Die wetgewing sal fondse verskuif wat gebruik was om doodsvonnisgevalle te ondersoek om te help met die toenemende agterstand van meer as 1400 onopgeloste gevalle van manslag te ondersoek wat ondersoekbeamptes gepootjie het sedert 1970.

Die leier van die meerderheid in die huis, Paul Weissman, ‘n demokraat, het gesê die staat behoort geld te spandeer om daardie gevalle op te los, in plek daarvan om twee gevangenes wat in die dodeselle sit en ‘n halfdosyn ander wat afwagtend is te verdedig.

Die laaste teregstelling in Colorado was in 1997, toe die 53-jarige Gary Lee Davis tereg gestel is na sy skuldigbevinding in ‘n 1986 moord.

In 2007 is ‘n soortgelyke wet deur die huis van verteenwoordigers se juridiese komitee goedgekeur, maar dit het gevou onder sterk druk van die staatsaanklaers en prokureurgeneraal.

тамбов аксессуарыпрокурор Фильчаков

Amnestie Internasionaal vra wapenverbod teen Israel

Image

Hellfiremissiel afgevuur deur Amerikaanse helikopter

Getuienis het te voorskyn gekom van Israel se gebruik van Amerikaans vervaardigde wapens gedurende die oorlog in Gasa, insluitend witfosfor artillerie bomme, 227kg bomme en Hellfire-missiele.

In 'n verslag wat Maandag vrygestel is, het Amnestie Internasionaal besonderhede gegee van die wapens wat gebruik is en 'n versoek gerig vir 'n onmiddellike wapenverbod teen Israel en alle gewapende Palestynse groepe.

AI het gevra dat die Obama-administrasie militêre hulp aan Israel staak.

Amerika was lank die grootste wapenverskaffer aan Israel; volgens 'n huidige 10-jaarooreenkoms wat deur die Bush-administrasie onderhandel is, sal Amerika $30 miljard se militêre hulp aan Israel voorsien.

"As die grootste verskaffer van wapens aan Israel, het Amerika 'n plig om enige voorraad te staak wat kan bydra tot oortredings van die wette rondom oorlog en menseregte," het Malcolm Smart gesê. Smart is Amnestie Internasionaal se programdirekteur in die Midde-Ooste en Noord-Afrika.

"Israel se militêre offensief in Gasa is grootliks uitgevoer met wapens, ammunisie en militêre toerusting wat deur Amerika verskaf is en waarvoor daar deur Amerikaanse belastingbetalers betaal is."

Palestynse militante het ook sonder onderskeid vuurpyle afgevuur op burgerlikes, het Amnestie gesê. Die organisasie het gevra vir 'n onafhanklike ondersoek ná oortredings van internasionale humanitêre reëls deur beide kante.

Amnestie-ondersoekbeamptes in Gasa het verskeie fragmente van wapens gevind na die gevegte. Een is van 'n 227kg vin-geleide bom afkomstig, waarvan die merke aandui dat dele gemaak is deur die Amerikaanse maatskappy Raytheon. Hulle het ook dele gevind van Amerikaans vervaardigde witfosforartilleriebomme, met die skrif M825 A1.

Op 15 Januarie het verskeie witfosforbomme wat deur Israel gevuur is die hoofkwartiere van die VN se hulpwerkagentskap in Gasa getref en medisyne en voedselhulp vernietig. Een fragment is op die toneel gevind wat aangedui het dat dit in 1991 vervaardig is deur Pine Bluff Arsenal, wat in Arkansas geleë is.

Die menseregtegroep het gesê die Israelse weermag het wit fosfor in dig bevolkte gebiede gebruik, wat volgens hulle 'n nie-diskriminerende vorm van aanval is en ook 'n oorlogsmisdaad is. Die navorsers het wit fosfor gevind wat steeds brand in woongebiede, dae ná die skietstaking in werking getree het.

By die toneel van 'n aanval wat 3 Palestynse paramedici en 'n seun dood gelaat het op 4 Januarie, het Amnestie fragmente van 'n AGM114 Hellfire-missiel gevind, wat vervaardig word deur Hellfire Systems van Orlando, 'n gesamentlike program tussen Lockheed Martin en Boeing. Die missiel word dikwels vanaf Apache-helikopters gevuur.

Amnestie sê hulle het ook tekens gevind van 'n nuwe tipe missiel, wat klaarblyklik gevuur word van onbemande vliegtuie. Die nuwe missiel ontplof in duisende stukkies skrapnel wat bestaan uit "klein, metaalvierkantjies, met skerp hoeke, elke stukkie is tussen 2mm en 4 mm groot."

"Dit wil voorkom asof hulle ontwerp is om maksimum besering aan te rig," het Amnestie gesê. Baie burgerlikes is deur die wapen gedood, insluitend verskeie kinders, het Amnestie gesê.

Vuurpyle wat deur Palestynse militante afgevuur is, was van die 122mm Grad-missiele of kortafstand Kassam-vuurpyle, 'n plaaslik vervaardigde, geïmproviseerde artilleriewapen. Plofkoppe word óf ingesmokkel óf vervaardig van kunsmisstowwe.

Die arsenaal van wapens is 'n op "baie klein skaal vergeleke met Israel", het AI gesê, en bygevoeg dat die vuurpylarsenaal wat Hezbollah in 2006 in die Libanese oorlog ontplooi het "buite bereik was van die Palestynse militante groepe".

фильтр для воздушноготопкарго

Obama louwarm vir ‘demokrasie’

Sedert hy die Ovaalkantoor oorgeneem het, het nog president Obama, nog sy adviseurs veel melding gemaak van demokrasiebou as 'n doelwit. Terwyl dit nie heeltemal in stryd is met Bush se groot, selfs grandiose visie nie, blyk dit asof Obama eerder wil terugbeweeg na die meer tradisionele Amerikaanse beleid om die wêreld te hanteer soos dit is, eerder as soos wat dit kan wees.

Die skuif is in Washington en groot dele van die wêreld ontvang met verligting, aangesien niemand gemaklik was met Bush se sendelingsretoriek nie, en dit beskou het as of naïef of sinies.

Idealiste, by gebrek aan 'n beter woord, stem saam dat die uitbou van demokrasie die kern Amerikaanse waarde moet wees, maar met meer gematigdheid en meer begrip van die gemeenskappe ter sprake. Die realiste aan die ander kant is skepties oor afleidings dat wat in Amerika werk noodwendig uitgevoer moet word na elders of dat dit ander Amerikaanse belange moet oorskadu.

Die essensiële spanning vir die Obamaspan is dat die Bush-era die idee van verspreiding van demokrasie gediskrediteer het.

Ongelukkig het die visie wat Bush geartikuleer het met passie en helderheid, nooit konsekwent gerealiseer nie. Hy het byvoorbeeld die Millennium Uitdagingprogram begin om buitelandse hulp aan lande toe te sê wat vryheid en gehoorsaamheid aan die wet bevorder het. Hy het die Dalai Lama ontmoet, Sjinese en Noord-Koreaanse dissidente in die Ovaalkantoor ontvang en sanksies toegepas op Mianmar. Maar hy het kritiek van bondgenote en lande wat hy nodig gehad het vir ander prioriteite getemper, soos Saoedi-Arabië en Kazakstan.

насосные станции дляФильчаков прокурор харьков

Duitse Jode woedend vir oud-Kanselier

ImageDie Sentrale Joodse Raad in Duitsland het kritiek uitgespreek teen 'n vergadering wat die voormalige kanselier, Gerhard Schröder, die naweek gehad het met president Mahmoud Ahmadinejad van Iran gehad het. Ahmadinejad het herhaaldelik die bestaan van die volkslagting van die Jode ontken.

"Mnr. Schröder doen groot skade aan die reputasie van Duitsland en die Duitse regering," het Stephan Kramer, die algemene sekretaris van die Joodse Raad in 'n onderhoud gesê aan Neue Presse, 'n koerant in Hannover.

Schröder, wat kanselier was van 1998 tot 2005, het Iran nooit besoek in die tydperk nie. Hy het sy nie-amptelike besoek begin aan Tehran Donderdag begin. Sy kantoor het gesê dit is 'n privaatbesoek.

Die Russiese media het gesê Schröder is op 'n missie na Iran as verteenwoordiger van Gazprom, die Russiese energiereus. Schroder is een van die hoofuitvoerendebeamptes van Nord Stream, die Russies-Duitse gaspyplynprojek wat onder die Baltiese see gaan deurloop, en Rusland vir die eerste keer in staat sal stel om gas direk aan Wes-Europa te stuur. Gazprom het die grootste aandeel in Nord Stream.

Behalwe die vergadering met Ahmedinejad, het Schröder ook Ali Larijani, die speker van die kabinet ontmoet. Gedurende 'n vergadering van regeringsamptenare en top verdedigings- en sekuriteitsamptenare by die jaarlikse sekuriteitskonferensie in München die maand, het Larijari gesê, "in Iran het ons nie dieselfde sensitiwiteite" omtrent die volkslagting en of dit plaasgevind het nie.

Duitsland is een van Iran se mees belangrike handelsvennote, en sy uitvoere na Iran het met 10,5% toegeneem in die eerste 11 maande van 2008 tot $4,6 miljard, volgens Duitsland se federale statistiekkantoor.

Net na baie druk van Amerika en Israel het Merkel beveel dat federale uitvoerkredietwaarborge vir maatskappye wat wil handeldryf met Iran, verminder word. Die regering het verlede jaar reeds kredietwaarborge aan Iran aansienlik verminder.

детская одежда интернет магазиныФильчаков прокурор отзывы

Obama moet om verskoning vra, meen Tutu

Image

Desmond Tutu

Aartsbiskop Desmond Tutu (77) het gesê dat toe Obama in November verlede jaar verkies is "ek wou spring, dans en sing" soos hy gedoen het ná hy die eerste keer in sy tuisland gestem het in 1994.

Maar 'n paar weke in die bewind van die nuwe administrasie, het hy nou gewaarsku in 'n artikel vir die BBS-webwerf dat die hoë verwagtinge rondom Obama se presidentskap kan versuur.

Obama "kan baie maklik die goedertrou wat sy verkiesing opgewek het, vermors," het Tutu geskryf.

"Dit sou wonderlik wees indien Obama, namens die nasie aan die wêreld, en veral aan die Irakese mense verskoning vra vir 'n inval wat ek glo in 'n totale ramp ontaard het."

Tutu het ook 'n beroep gedoen op Obama om hom teen tirannie in Afrika uit te spreek.

полиграф стоимостьФільчаков Олександр Васильович прокурор