Hulpwerkers doodgeskiet in Darfoer

Gewapende mans het twee werkers van ‘n Franse hulpgroep doodgeskiet in ‘n hinderlaag in die Soedannese gebied suid van Darfoer, het vredesmaglede Maandag gesê.

Die twee Soedannese personeel van Aide Medicale Internationale (AMI) is Saterdagaand aangeval toe hulle in ‘n afgeleë gebied gery het waar gevegte tussen regeringsmagte en rebelle toegeneem het.

‘n Ondersoek het getoon dat die aanvallers, wat kamele en perde gery het, rowers was, het ‘n woordvoerder van die gesamentlike VN/AU-UNAMID-vredesmag gesê.

Maar die moorde het plaasgevind op ‘n tyd wat vrese vir aanvalle op buitelandse hulpgroepe in die oorloggeteisterde gebied toeneem.

Spanning het toegeneem in Darfoer met die aftelling in aanloop tot ‘n verwagte uitspraak van regters van die Internasionale hof oor ‘n besluit om ‘n lasbrief uit te reik vir die arrestasie van Soedan se president op klagte dat hy oorlogsmisdade in die streek gereël het.

Soedan se regering het belowe om VN en ander ontwikkelingsorganisasies te beskerm na ‘n besluit vn die internasionale hof in Den Haag. Maar senior beamptes het gesê hulle mag dalk nie in staat wees om individuele ekstremistiese organisasies te beheer wat gesê het dat die hof deel is van ‘n Westerse sameswering teen Soedan nie.

Die hulpwerkers is aangeval op die pad na die nedersetting Khor Abeche Nyala, 80 km suid van Darfoer, teen sonondergang, het ‘n UNAMID-woordvoerder Kemal Saiki gesê.

Hy het gesê daar was verslae van 24 mans wat ‘n vragmotor vroeër die dag gestop en beroof het, en geskiet het op hulpwerkers wat in ‘n Land Rovert op dié pad verbygery het.

“Op die oog af lyk dit soos net ‘n rooftog. Hulle was op die verkeerde tyd op die verkeerde plek,” het Saiki gesê.

Vier burgerlikes is ook gewond in die aanval.

Meeste nie-Arabiese rebelle het die wapen opgeneem teen Soedan se regering in 2003, en het Khartoem beskuldig dat hulle ontwikkeling in die gebied nalaat.

In die 6 jaar wat gevolg het, het die konflik gedisintegreer in ‘n elkeen-vir-homself wat rowers, rebelle aksies, regeringstroepe, milisie en strydende stamme insluit. Die VN en hulpgroepe het die grootste humanitêre operasie ter wêreld het begin om te sorg vir die miljoene burgerlikes wat in die konflik vasgekeer is.

Khartoem het meestal Arabiese milisie gemobiliseer om die rebellie te onderdruk en ontken beskuldigings van Washington en aktiviste dat dit volksmoord gedurende die teeninsurgensie gepleeg het.

компрессор воздушный ремезаОлександр Фільчаков прокурор