Switsers gaan stem oor strenger wapenbeheer

Switserland se deeltydse soldate het tradisioneel hulle wapens in die solder, ‘n kas of onder die bed gebêre. Hulle beskou dit as ‘n eer en ‘n plig om die wapens byderhand te hou.

Maar kritici het gesê die toename in vuurwapens het gelei tot beide manslag en selfmoord regoor die neutrale land, en hulle vra strenger beheer oor vuurwapens.

Mense wat dié veldtog dryf het Maandag gesê hulle het meer as 120,000 handtekeninge om ‘n nasionale referendum af te dwing oor die saak of militêre wapens by weermaginstallasies geberg moet word.

“Amper elke dag pleeg ‘n persoon selfmoord met ‘n vuurwapen in Switserland,” het Josef Lang gesê. Lang is ‘n lid van die Groenparty wat saam met die Sosiale Demokrate, regtegroepe en ander die veldtog dryf.

Die land was in 2006 geskok toe die voormalige skister, Corinne Rey-Bellet en haar broer doodgeskiet is deur haar man met ‘n weermag wapen. Hy het die volgende dag selfmoord gepleeg.

Die referendum, waarvoor ‘n datum nog bepaal moet word, sal ook vra of kiesers ‘n nasionale wapenregister wil laat opstel, en of burgers verbied moet word om ekstra gevaarlike wapens soos pompaksie-gewere of outomatiese wapens moet kan koop vir persoonlike gebruik.

Dit gaan baie verder as ‘n 2007-wet wat vereis dat militêre ammunisie op basisse gestoor moet word – ‘n skuif wat deur baie gesien word as die eerste stap om die wapens-by-die-huis tradisie af te skaf. Die linksgesindes reken egter dat dit nie genoeg is nie, en dat die risiko van misbruik van militêre wapens steeds te hoog is.

Anita Fetz, ‘n lid van die Sosiale Demokrate het gesê ‘n roosster sal lei tot meer sekuriteit en sal die geldelike uitgawe werd wees, wat volgens opponente geweldig hoog sal wees. “Elke enkele kar, en elke koei in Switserland is geregistreer. Natuurlik kos dit geld,” het sy gesê.

Diens in Switserland se milisieweermag is verpligtend vir alle mans, en lede moet hulle wapens huis toe neem tussen oproeptydperke.

Byna ‘n derde van deelnemers an ‘n ondersoek in 2008, het gesê hulle het ten minste een militêre wapen by die huis, het die Switserse Federale Instituut van Tegnologie te Zürich in ‘n verslag vir die ministerie van verdediging bevind.

Die presiese aantal weermagwapens en privaatwapens in Switserse woning is nie bekend nie. Die ministerie van verdediging reken dat daar omtrent 2,2 miljoen wapens is in die nasie van 7,5 miljoen mense. Maar die onafhanklike Klein Wapens Ondersoek plaas die syfer op tussen 2,3 miljoen en 4,5 miljoen.

Professor Martin Killias, wat medebestuurder is vir die kriminologie departement by die universiteit van Zürich, het gesê twee derdes van huise wat wapens het,  het net militêre wapens.

Switserland se algehele syfer vir selfmoord is vergelykbaar met ander Europese nasies, volgens ‘n studie deur Killias en navorsers van die universiteit van Lausanne. Maar die verhouding vuurwapen-selfmoorde is hoër in Switserland as in baie ander lande op die kontinent, het die verslag bevind.

Selfmoord statistieke in sommige Switserse kantons (state) toon ‘n gemiddeld van 170 selfmoorde wat gepleeg word elke jaar met weermagwapens in die land, het die ministerie van verdediging gesê.

Dit was nie in staat om die syfer te gee vir manslag met militêre wapens nie.

‘n Verslag wat deur die ministerie in November vrygestel is, het getoon dat daar ‘n hoër risiko is vir familiemoorde, dreigemente en selfmoorde waar wapens maklik bekombaar was in huishoudings.

Lang het gesê ‘n landswye wapenregister sou polisie in staat gestel het om Switserland se ergste skietramp te verhoed, toe ‘n gewapende man in 2001 in ‘n streeks-parlement ingestorm het in die dorp Zug, en 14 parlementslede en ander amptenare geskiet het voor hy homself om die lewe gebring het.

Lang, wat self in die lokaal was ten tyde van die aanval, het gesê die man het ‘n pompaksie-geweer gebruik wat hy net ‘n paar dae tevore gekoop het, ten spyte daarvan dat hy die teiken van ‘n ondersoek was na hy klaarblyklik ‘n busbestuurder gedreig het met ‘n wapen en omdat hy ‘n groot versameling wapens besit het.

online casino slotДанильченко Юрий отзывы