praag.co.za

Rasstellende aksie moet weg!

Written by

in

,

danr2deur Dan Roodt

[followbutton username=’danroodt’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Hou van Dan Roodt se Facebookblad

Ek is nie seker wie eerste van “rasstellende aksie” begin praat het nie. Dis egter een van daardie vindingryke Afrikaanse terme of woordspelinge wat die onreg van huidige regeringsbeleid baie goed uitdruk.

Rasse word getel en rasse word in ‘n rangorde gestel. Swart is bo en blank is onder, amper soos die Bybelvers wat sê:

Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en die wat laaste is, eerste. (Markus 10: 31)

Soos ek ook verlede jaar opgemerk het:

Uiteindelik kom alle vorme van regstellende aksie neer op anti-blanke beleid, met die uitsondering van Maleisië waar dit teen Chinese gerig is. In verskillende lande word dit verskillend gerasionaliseer.

Hier by ons moet RA ‘n meerderheid teen mededinging vanaf die (blanke) minderheid beskerm. In die VSA weer moet die (swart) minderheid teen die voorlopig blanke meerderheid bevoordeel word. Ons weet egter dat die VSA-bevolking kantel en dat daar nou meer nie-blanke as blanke geboortes is, dus sal die argument daar ook mettertyd verander, nl. dat die meerderheid teen die minderheid beskerm moet word.

Onderliggend aan rasstellende aksie is insgelyks ‘n stuk liberale rassisme, want blykbaar is swartes vanweë een of ander aangebore gebrek nie in staat om met blankes in die ekonomie mee te ding nie! Daarom moet hulle, hetsy as minderheid, hetsy as meerderheid, altyd teen blankes bevoordeel word.

Dit geld veral die toelatingsvereistes op universiteit waar rasstellende aksie byna oral toegepas word sodat blanke studente van bepaalde studierigtings (veral die sogenaamde gesondheidswetenskappe) uitgesluit word ten gunste van swartes met veel mindere prestasie. Dus, sowel ekonomies as akademies is daar blykbaar ‘n implisiete erkenning dat swartes oor minder vermoëns as blankes beskik

Voorstanders van rasstellende aksie verwys egter nooit na vermoëns of talent nie, aangesien hulle voorhou dat alle mense met dieselfde vermoëns of talente gebore word. Dis net omstandighede wat veroorsaak dat almal nie op gelyke vlak presteer nie, of dit nou daaroor gaan om ‘n onderskeiding vir wiskunde in matriek te behaal of ‘n Springbokrugbyspeler te word.

Alle gebrek aan prestasie onder SA swartes word vaagweg aan “apartheid”, “die geskiedenis” of “vorige benadeling” toegeskryf sonder dat daar ooit na spesifieke voorbeelde van sodanige benadeling verwys word.

Trouens, hierdie “kumulatiewe benadeling vanuit die verlede” is oorgeneem vanuit die marxistiese diskoers oor “kapitaalvorming” wat op grond van meerwaarde of die uitbuiting van arbeid plaasvind. Die swartman in Suid-Afrika beskik oor ‘n opgehoopte “benadelingskrediet” wat tans deur middel van rasstellende aksie “uitgekeer” word. Die kollektiewe blankedom is sy “debiteur” wat die volgende aan hom verskuldig is:

  • geld
  • grond
  • bevordering
  • posisies in die staatsdiens
  • aandele in openbare maatskappye
  • aandele in private maatskappye
  • ‘n buitensporige rol in die land se geskrewe geskiedenis
  • ‘n buitensporige rol in die letterkunde, musiek en kultuur van die land

Waarskynlik is ek die enigste persoon wat telkens op die rol van die universiteite hamer as dit kom by die vestiging van ‘n marxistiese wêreldbeskouing in ons land kom. Wits en Kaapstad was op die voorpunt van die institusionalisering van marxistiese denke in die sestiger- en sewentigerjare, waarna dit na die res van die universiteite uitgebrei is. Die Afrikaanse universiteite is natuurlik eers onlangs tot die marxisme bekeer, maar getrou aan die aard van sommige Afrikaners hang hulle vandag kommunisme veel meer fanaties aan as wat hulle in die verlede die NP-beleid verdedig het.

Jaarliks word ‘n aansienlike gedeelte van die land se hulpbronne en die opvoedingstelsel gebruik om die begrip van swart benadeling aan die publiek tuis te bring, met die geesteswetenskappe wat byna uitsluitlik aan dié doel gewy word.

Suid-Afrika beskik tans oor baie min oorspronklike denke oor die geskiedenis, die ekonomie en etnisiteit, anders as in die verlede. Die Britse marxisme het in die SA universiteite sy grootste afsetgebied in die Engelssprekende wêreld gevind. Arthur Keppel-Jones, oor wie Leon Lemmer verlede week geskryf het, het reeds in die dertigerjare die Universiteit van Kaapstad as ‘n Britse instelling ervaar:

Yes, my experience at the University of Cape Town first exposed me to liberal values and led me to question the fundamental values of the society in which I had grown up. I later learned that many of my friends who did not have a university education remained racists, while those who did like me became liberal. At UCT, I was taught by professors and lecturers most of whom had a British background. From my schooldays the British influence was a liberating one. Most of my lecturers were not tainted by South African racial prejudice.

Teen die sestigerjare het die marxisme egter die Britse universiteite oorgeneem en moes sogenaamde “liberalisme” wyk voor sosialisme en kommunisme. Een van die sentrale argumente van die Britse marxisme, wat natuurlik klakkeloos deur ons koloniale kommuniste hier te lande oorgeneem is, is dat “ras” en “klas” in Suid-Afrika min of meer ooreenstem. Selfs waar blankes, veral Afrikaners, in myne of fabrieke gewerk het, is hulle nie deur die Britse marxiste as “ware werkers” beskou nie. Die ware werker of suiwer lid van die proletariaat was die swartman. Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty het ook die gedagte van ‘n etniese federasie soortgelyk aan die Russiese stelsel wat in die laat vyftigerjare deur die Sowjet-akademie vir wetenskappe vir Suid-Afrika voorgestel is, verwerp. Die eenheidstaat met ‘n Britse kultuur en met Engels as enigste amptelike taal was al waarin Joe Slovo, Ruth First, Rusty Bernstein en ander geharde SA kommuniste belanggestel het.

Die “nuwe Suid-Afrikaanse geskiedenis” van die afgelope dekade of twee is feitlik geheel en al deur kommuniste geskryf, of is op die marxistiese geskiedskrywing met sy hoofsetel in Londen, gegrond. Daardie geskiedenis beklemtoon die skade wat die swartman weens “apartheid en kapitalisme” gely het. Die feit dat die meeste winste in Londen opgehoop het, aangesien Britse beleggers nog altyd die room van ons myne en nywerheidsmaatskappye besit het, word gerieflikheidshalwe verswyg. Soos wat Stalin tegelyk kommunis én Russiese nasionalis was, is die meeste Britse marxiste sowel links as Brits nasionalisties of imperialisties gesind.

Ons sien dus dat rasstellende aksie soos ons dit deesdae in Suid-Afrika teëkom, sy wortels in die Britse marxisme het. Daarom verteenwoordig RA ‘n variasie op die tema van die “diktatuur van die proletariaat”. Omdat die swartman na die mening van SA/Britse marxiste die enigste egte proletariër is, moet sy oorheersing op alle gebiede ter wille van die “totale transformasie van die maatskappy” gevestig word. Die uitsluiting van die blanke middelklas uit die ekonomie, tersiêre opvoeding en van landbougrond geskied soortgelyk aan die vervolging van die sogenaamde “koelakke” in die vroeë Sowjetunie. Oor die koelakke het Lenin gesê:

Hulle is bloedsuiers, vampiere, plunderaars van die volk en uitbuiters wat hongersnood misbruik.

Toe Stalin aan bewind kom, het hy besluit om ‘n “klasseoorlog” teen die koelakke te verklaar en het hom in 1930 só oor hulle uitgelaat:

Ten einde die ‘koelakke’ as ‘n klas uit te knikker, moet die weerstand van dié klas in ‘n openlike geveg vernietig word en moet dit van die produktiewe bronne van sy bestaan en ontwikkeling ontneem word… Dit verteenwoordig ‘n wending na ‘n beleid van die eliminering van die koelakke as ‘n klas.

Binne die Britse marxisme en sy siening oor Suid-Afrika – wat die heersiende siening in sowel ons universiteite as ons media geword het – is ras en klas uitwisselbaar. Rasstellende aksie is daarom, ewe seer as Stalin se beleid om “die koelakke te elimineer”, daarop gemik om die blanke middelkas te “elimineer”.

Net soos wat kommunisme in die voormalige Sowjetunie ‘n misdaad teen die mensdom was, is rasstellende aksie in Suid-Afrika besig om in ‘n misdaad teen die mensdom te ontaard. Dis nodig dat ons dit oor en oor begin sê.

Elke aspek van die propaganda oor rasstellende aksie, maar veral begrippe soos “witskuld”, “historiese skuld”, “vorige benadeling” en so meer, moet meedoënloos aan kritiek onderwerp word. “Transformasie” as sodanig, asook enige gewaande behoefte daaraan, moet in sy geheel verwerp word.

Vandat Marx en Lenin in 1948 hul Kommunistiese Manifes gepubliseer het, en waarin hulle van die “spook van kommunisme oor Europa” praat, het kommuniste en marxiste nog altyd histeries oor verskille in rykdom, prestasie en geskiedkundige onreg tekere gegaan. In ons land is dit nie anders gesteld nie. Inteendeel, enige bevraagtekening van die “kumulatiewe witskuld” word luidkeels met krete van “rassisme” en “fascisme” begroet.

Die meeste politieke partye soos die ANC, DA, Cope en ander ondersteun rasstellende aksie. Dis nodig dat rasstellende aksie finaal aan die kaak gestel word vir die stuk marxistiese drogredenasie wat dit is, ook tydens debatte in die huidige verkiesing. Voorstanders daarvan behoort ook die eerlikheid te hê om die klassieke kommunistiese terme soos “diktatuur van die proletariaat” te gebruik as hulle hul argumente in die openbaar stel, pleks van mooiklinkende Amerikaanse eufemismes soos “affirmative action” wat eintlik sinneloos is.

Om die rasse te tel (kwotas) of bokant mekaar te stel, mag nie langer geduld word nie.

Ondersteun hierdie blad deur by praag aan te sluit.

Comments

99 responses to “Rasstellende aksie moet weg!”

  1. Arnieann Avatar
    Arnieann

    “Elke aspek van die propaganda oor rasstellende aksie, maar veral begrippe soos “witskuld”, “historiese skuld”, “vorige benadeling” en so meer, moet meedoënloos aan kritiek onderwerp word.”

    ************************
    Presies waarom ek gal gebraak het oor onbenullige stories wat hier op Praag verskyn.
    En juis nou moet mense oortuig word, en her opgelei moet word oor wie ons is.
    Jare lange liberale skoling moet ongedaan gemaak word.
    En dit sal nie met lokale skinderstories en ander onbelangrike nuus gebeure afgeweer word nie.

    1. Willy Avatar
      Willy

      Arnie, soos jou kommentare slaan jy die spyker weereens mhur hard (kan dit nie anders beskryf nie) op die kop! Sulke waar woorde.

    2. Leana Avatar
      Leana

      Stem volmondig saam met jou Arnie. Ons is nou in die pylvak vir oorlewing.
      Hierdie forum moet nou aangewend word waar soetsappige eufimismes en vermofde
      taalgebruik tweede viool speel. As diegene hul kreatiewe urges nie kan beteuel
      nie, bied Praag hul immers die geleentheid om dit te loop uitstort onder
      die koepel van Kuns & Vermaak.

      n Verkiesing le om die draai. n Gepoer-poer oor of my hond
      meer plooie as joune het – raak nou indringend irrelevant. Die lot van die boer
      kan besing word eers as ons die fakkel van bevryding in ons hande dra. Die
      uitdeel van tulpe en ‘dankies’ volg triomfantlik daarna.

      1. Willy Avatar
        Willy

        Leana, hoe meer en langer ek met jou te doen kry hoe meer besef ek dat jy ‘n wyse vrou is. Ek ken jou al lank, bygesê, jy beindruk my met jou wyse raad dag na dag.

        Van my kant af. Pasop vir sekeres wat baie emosioneel en geliefd voorkom op die forums. Sekeres is soos regte KGB agente wat XXX fotos stuur aan mense waarvan hulle nie eintlik die name van weet nie.
        Modus operandi, dit weet ons!

        1. Leana Avatar
          Leana

          Baie dankie vir die kompliment Willy. Het al op N24 besef waarmee en met wie ons te doen het, Het ek dan nie male sonder tal die dolk in my eie rug gevoel nie.

          1. Willy Avatar
            Willy

            Ja vriendin.
            En soos ek ook maar. Hier is my hand! Ek loop saam met jou en ons ander vriende regop en die bors vooruit. Want ons is vir niks skaam nie.

          2. Leana Avatar
            Leana

            Willy met manne soos jy, Arnie, BertO,, Sjert en nog ‘n paar ander met genoeg murg in hul pype gaan ek oorlog toe. Manne met b……s. Jammer vir diegene wat op mooi woordjies floreer….oor 20 jaar sit hulle presies waar hul nou is.

          3. Leana Avatar
            Leana

            Ongelooflik pragtig Arnie. Lieflike boustyle 🙂 Ons Afrikaners KAN……..natuurlik die met murg in hul pype. Ons het voorheen en ons kan WEER.

      2. Arnieann Avatar
        Arnieann

        Kyk na die woord “Meedoënloos” wat Dr. Dan Roodt gebruik, en stel dit verder dat ons dit wat verkeerd is moet kritiseer.
        Liewe aarde !!!!~ Ons IS hier om dit te doen, maar kry baie min marteriaal om mee te werk.
        Nou kritiseer ons maar mekaar, en gesels oor ditjies en datjies.
        Leana, ek het nie lus om in die “argiewe” te krap en soek nie, maar ek kan dit hier en nou stel dat ek hierdie skrywe seker al vyf of meer kere geskryf het. In verskillende grade van befoeterdheid.
        Wat jy hier sê, kan nie oorbeklemtoon word nie. Ongelukkig word goeie debate altyd versuur deur mense en persone wat nie oor die nodige “diepte” beskik om ‘n intelligente debat te voer nie.
        Ek maak myself ook daaraan skuldig as ek daartoe gedaag word.
        mense met “vlak” persoonlikhede sal wel vining van Praag padgee as hier ‘n meer ernstige atmosfeer heers. Ek hou van humor, en daar is Praag kommentators wat dit pragtig toepas.
        Vir eers, en veral nou, moet ons dit maar bietjie afskaal, en meer konsentreer op dit waarvan Dr. Dan Roodt praat.
        Ongelukkig, en aangesien hy die Gasheer is van Praag, is hy selde hier om leiding te gee aan die gesprek. Mens kan hom nie vraë vra nie, en dit eindig in ‘n eenrigting gesprek, wat vining ontaard in iets wat met die onderwerp Zilch te make het.
        Nouja, ek het weer ‘n bietjie slaë uitgedeel vandag.
        Willy !!! Waar is my sambok?????
        En Berto, Jy het beloof om dit aan te paas.
        Ek sweer Leana het nou haar eie gaan aanskaf.

        1. BertO / Uhuru Guru Avatar

          Arnie ek staan by om aan te gee, wag net vir jou om te sê watter een! Die lange met die splitspuntjie, of die seekoeisambok met die skerp klinknaels?

          1. Arnieann Avatar
            Arnieann

            Ek laat dit aan jou goeie oordeel oor Bert.

          2. BertO / Uhuru Guru Avatar

            Reg so, laat jy vat – hier kom die afgesaagde Mossberg 12 boor met witfos bokhael!

  2. Tiaan Olwagen Avatar
    Tiaan Olwagen

    [ Hulle is bloedsuiers, vampiere, plunderaars van die volk en uitbuiters wat hongersnood misbruik. ]
    Beter kon niemand dit uitdruk want dit is presies wat die nie-blanke is.
    Oor die afgelope twintig jaar is hulle die gulde geleentheid gegun om hulself op te werk op elke gebied en in alle vlakke van die samelewing, maar, met uitsondering van ‘n paar wie se hande in die staat se geldkas ‘n draai gemaak het, kon die oorgrote meerderheid nie-blanke steeds nie daarin slaag om ‘n positiewe bydrae te lewer, laat staan nog homself finansieel en op soveel ander terreine, opbou nie. Punt is, ek en my mense kan nie verantwoordelik gehou word vir die [ voorheen benadeeldes ] se agterstand nie. Ek skuld niemand niks, behalwe om alles in die stryd te werp om my Boerevolk en ons kinders te beskerm.

  3. Hans Onrust Avatar
    Hans Onrust

    “Vandat Marx en Lenin in 1948 hul Kommunistiese Manifes gepubliseer het, en waarin hulle van die “spook van kommunisme oor Europa”

    Wordt hier niet op Marx en Engels in 1848 gedoeld ?

    1. Willy Avatar
      Willy

      Wil jou net inlig Hans, dis die voorbereiding vir die eerste kompetisie vir die jaar wat gister (Saterdag) plaasgevind het. Goud gekry. Soos ek belowe het sal die video op FB nog volg. Alles verloop nog volgens plan met die oefenprogram. Baie vertroue in my afrigter, oefenmaats en borge. Dit was ‘n 300kg deadlift.
      Dankie Hans, vir die ondersteuning en aanmoediging. Ek waardeer dit onsaglik baie.
      Weeg ‘n lekker 140kg. Goeie kompetisiegewig. Voel baie goed en beweeglik.

      1. Leana Avatar
        Leana

        Baie geluk met jou goud Willy! Well done!!

        1. Willy Avatar
          Willy

          Thanx vriendin!!

      2. Hans Onrust Avatar
        Hans Onrust

        mooi werk Willy. In dit soort sport lang meedoen, op niveau, is een prestatie op zich.
        Daar ervaring in opbouwen is weer een ervaring apart. Blessures liggen altijd op de loer bij bv. te weinig rust en concentratie.
        300 kg deadlift is zeer respectabel en eigenlijk uitzonderlijk omdat menig sterke getrainde kerel van 110 kg bij zo’n 200 wel ophoudt.
        Succes en hou de gezondheid vast want dat is helaas geen vanzelfsprekendheid voor een ieder.

        1. Willy Avatar
          Willy

          Wow jy beindruk my Hans! Mooi so my vriend. So laat ons maar aangaan met die swaar weights. Moet bieg, ek raak lekker gatvol vir weights haha. Dis nou al 31 jaar. ‘n Leefwyse.

      3. Arnieann Avatar
        Arnieann

        As jy sukkel Willy, jy weet waar om my te kry.
        Jammer oor daardie ander stel van jou wat ek gebreek het.

        1. Willy Avatar
          Willy

          Dankie my vriend Arnie. Haha geweet ek kan op jou, Bert, Leana, Sjert, Rooikop ens. se knoppies druk. Julle is darem maar maar net my vriende. Ek lief julle!!

      4. BertO / Uhuru Guru Avatar

        300 Kilos? Blik-emmer, dit beteken jy sal amper my skoonma kan optel 🙂 Mooi man!

        1. Willy Avatar
          Willy

          Haha mannnn vriend Bert. Baie dankie. Laat jy my nou so skaam. Wat sê jy my ou vriend? Ek wil jou ‘n mail stuur wat “Gawie Maritz” so twee dae terug vir my gestuur het. En my antwoord op hom. Mag ek maar?

          1. Arnieann Avatar
            Arnieann

            Aaaaag !!! Ek het tog ook een gekry willy.
            Ons moet hom maar los.
            Hy gaan prosedeer.

          2. Willy Avatar
            Willy

            Soos ‘n slang wat jy se kop afgekap het met ‘n graaf. Sulke laaste stuiptrekkings.
            Arnie, ek is so positief dat nogeen van sy volgelinge hier rond sluip. Sal vir jou ‘n briefie in die posbus gooi.

          3. BertO / Uhuru Guru Avatar

            Ja met graagte Willy, laat waai. bertoz@sky.com of berto@cybernetx.co.uk nes jy verkies. Ek dink ek weet nogal wie daai “Gawie” peester is.

          4. Willy Avatar
            Willy

            Dankie Bert.

        2. Leana Avatar
          Leana

          Sjoe so erg BertO?

  4. Johann Theron Avatar
    Johann Theron

    Dankie vir hierdie verduideliking. Die redes vir wit uitwissing het dus ‘n soort perfekte storm in SA ontketen, as ek dit reg verstaan.

    1. Arnieann Avatar
      Arnieann

      Lyk my Suid Afrikia is die wêreld se Politieke labaratorium Johan.
      As dit hier slaag, sal dit elders ook slaag. Altans dit is wat Obama glo.
      Dit wil toe nie so lekker werk daar by hom nie, en etlikke state eis Selfbeskikking.

  5. Karel Combrinck Avatar
    Karel Combrinck

    Dr Dan, net om ‘n bietjie van die punt af te wees: Ek het net begin opgewonde raak oor die nuwe foto toe is die oue weer terug. Dis nou goed bedoel van een onfotogeniese ou aan ‘n ander. Beste.

    1. Dolk Avatar
      Dolk

      Die nuutste foto is inderdaad ‘n puik profiel-foto.

      1. Leana Avatar
        Leana

        Sien my skrywe na onder Dolk. Voer die debat nou nie weer in die
        rigting van fotogenika / estetika nie. Hou gedagtig daaraan dat dr D
        darem al n middelgarige ( en steeds n aantreklike ) – man is. Dat hy
        aanstons in die parlement gaan sit, is my bekommernis eerder dat hy soos die Mulder-broers n paar vet spekwangetjies
        gaan optel! Die nuutste foto juis n aanduiding wat mog volg. Ek verkies hom ” mean and lean

      2. Dolk Avatar
        Dolk

        Dit sal so bly…..

  6. Karel Combrinck Avatar
    Karel Combrinck

    Nou op ‘n meer ernstige trant. Waar kom die gedagte vandaan dat die swartes ‘n bedreigde minderheid is wat deur die, o so mensliewende, liberales en ander nuttige (wit) idiote beskerm en bevoordeel moet word. Maar van Amerika natuurlik! In Amerika is die swartes ‘n minderheid en bowendien nog van slawe afkoms. Omdat Amerikaners nie bewus is daarvan dat daar nog ander lande op die aarbol is behalwe hulle nie, is swartes vir hulle gewoon universeel ‘n bedreigde minderheid. Die feite is egter anders. In Suid-Afika maak die blankes ‘n minderheid van ongeveer 10% van die bevolking uit. Hulle word natuurliik nie daarom beskerm en bevoordeel nie, inteendeel die omgekeerde. Waarom? Wêredwyd is die situasie nie veel anders nie. Die wêreldbevolking is op die oomblik in die omgewing van tien biljoen, waarvan die blanke ras ongeveer een biljoen is. Dus is die verhouding baie naby aan tien teen een, m.a.w. dieselfe as in Suid-Afrika. Tog bly die nie-blanke rasse die arme verdrukte bloedjies wat op die hartroerende en uitsluitliike simpatie van die (wit) linkses, liberales en kerke geregtig is. Iets het met die (wit) Westerse psige verkeerd geloop. Amper soos die sardiens wat bye tye onverklaarbaar op die strand uitswem om te vrek.

    1. Dolk Avatar
      Dolk

      Die adders wat die Afrikaner se gesag en vermoëns vrees, het hulle plan verskriklik fyn uitgewerk…

      Die “hele” wêreld is omtrent bekend met die Afrikaan – alias “vervloekte sprinkane” se nuttelose bydraes en sug om alles wat beskaafd en goed is, te vernietig… ORALS elders is hulle die – deur hul eie toedoen, die “verskroeide aarde”, “arme-flippen-ons!” minderheid.

      Wat doen Hulle toe? Hulle (Die owerste van die wêreldheersers – in kort.) dis die Boerevolk op as ‘n tsunami-agtige, golwende BLANKE meerderheid in RSA – wat die arme, vervloekte sprinkaantjie-minderheid BAIE erger – as wat Hitler in sy wreedste drome kon droom, onderdruk en mishandel…

      En de klerk en pik en al hul lakeie staan soos trotse poue – in rye vir hul 144 000 sikkels silwer. Die volle som – wat nodig was om hul eie bloed te verkoop.

      Die waarheid moet van daardie invalshoek teen die leuen aangemarsjeer word…

      1. Willy Avatar
        Willy

        Weereens ‘n klomp niksseggende woorde van jou kant ielietjies. Is jy deel van die 144 000 wat die hemel sal sien, dweper? Wat van my? Ek gaan, al is ek die 144001ste. Jy het die kluts heeltemal kwytgeraak ielietjies!

      2. Dolk Avatar
        Dolk

        Wat ek wil byvoeg is dat die FN die leuens en propaganda wat die ANC nogsteeds teen ons gebruik om hul vergrype te regverdig duidelik uit te spel. Dat daar GEEN ongelyke is nie – slegs die ANC vergrype.

        1. Dolk Avatar
          Dolk

          Dit sal so bly…

          1. Arnieann Avatar
            Arnieann

            Jy blaf geen bevele hier op Praag uit nie.
            Ek het jou zilch belowe.

          2. Dolk Avatar
            Dolk

            Wat ‘n arrogante en onbeskofte mens het jy uitgedraai… Jy is verblind deur jou eiewaan en selfliefde – lees wat daar staan!

            Dis al. Ek ignoreer jou ook – jy is deel van die “selfaangestelde, heilige vier”.

    2. Arnieann Avatar
      Arnieann

      Mog die Lemming sindroom die swartes tref Karel.
      Noudat jy dit met sardiens vergelyk ! is dit nie presies wat nou besig is om te gebeur nie?

    3. BertO / Uhuru Guru Avatar

      Pragtig gestel Rooikop. bravo en volpunte. Ek het ‘n interessante teorie oor die Sardien / Lemming metafoor wat jy gebruik maar dis bietjie lank vir ‘n kommentaar. Miskien sal Dan dit goed genoeg ag om as lesersartikel geplaas te word.

  7. william Avatar
    william

    In die ANC se regstellende aksie tel ondervinding en kwalifikasies nie. Net die vel. Dit lei tot die verlaging en skerp afname van standaarde in feitlik alle departemente, skole en universiteite. Of die swarte iets weet van boerdery af is vir hulle irrelevant, die grond is “gesteel” en moet terug gegee word. Net soos in Zimbabwe en elders in Afrika word voedsel sekerheid bedreig.
    Ons enigste behoud is self beskikking . Daar is geen ander uitweg en daarom wil ek n beroep doen op alle blankes om die bul by die horings te pak. Kom ons vergeet die kleinlike verskille . Die toekoms van ons kinders en die geslagte wat nog kom is op die spel.Daar is n stryd om te stry ,laat ons dit doen met dieselfde geloof en vasberadenheid wat ons voorouers gehad het.

    1. Leana Avatar
      Leana

      William, jy lees gedagtes! Gaan kyk bv hoe dinge deesdae in die mynbesdryf daaruit sien. Evkom, munisipaliteite, spoorwee is lankal net ‘n herinnering van wat eens was.

    2. Dolk Avatar
      Dolk

      Selfbeskikking, is lankal meer nie ‘n opsie nie… Dis die heel laaste stukkie grond vir ons en ons kinders…

      1. Arnieann Avatar
        Arnieann

        “Selfbeskikking, is lankal meer nie ‘n opsie nie… ”
        ********************************
        As Selfbeskikking nie meer ‘n opsie is nie, wat maak jy op ‘n selfbeskikkings forum?????

        1. BertO / Uhuru Guru Avatar

          Arnie miskien besef die arme drommel al selfbeskikking wat nog bestaan, hier op Praag en in die kuberruim is.

          1. Willy Avatar
            Willy

            Ja, wat hierdie heuningdruppende amateuragtige gediggie skrywer weet van selfbeskikking is gevaarlik Bert. Hy kan maar net ‘n paar vrouens vermaak met sy soetsappige nikseggende praatjies.

        2. Dolk Avatar
          Dolk

          Kom ek spel dit uit – dis geen opsie nie – Selfbeskikking is die ENIGSTE PAD vorentoe!

          1. Willy Avatar
            Willy

            Ag asb ielietjies. Jou relaas klink soos klippe in ‘n blik. Wat weet iemand soos jy, ‘n heuningdruppende amateur gedigskrywertjie wat probeer om jou “fanclub” te beïndruk van selfbeskikking? Pasop, hierdie is die grootmens wêreld waar jy geensin opgewassse is nie!

          2. Dolk Avatar
            Dolk

            Geagte Praag-span, ek het genoeg van hierdie vier se konstante beledigings gehad.

            Willi dink dat hy mense links en regs kan beledig. Omdat Praag hulle toelaat om dit te doen? Soos u weet is ek nie al een wat geteiken word nie.

            As u dink dat hulle geregtig is om mense so openlik te beledig, vra ek nou om dit hier te bevestig. Hulle is besig om die moraal op Praag totaal af te breek.

          3. Willy Avatar
            Willy

            Sjoe ielietjies, ek het soveel slakstrepe van jou snot, gesanik en gepis op my mou! Hoop tog OMO doen die ding!
            Lê maar nog ‘n bietjie met jou kop op hierdie breë skouers van my en tjank, snotsuig en snik. Miskien voel jy dan ‘n beter ou pissie.

      2. Dolk Avatar
        Dolk

        Dit sal so bly….

  8. Dolk Avatar
    Dolk

    Jy gee jou opinie…. Welkom Gas. 🙂

  9. BertO / Uhuru Guru Avatar

    Lesersbrief gepubliseer in die Britse Daily Telegraph:

    Affirmative Action

    South Africa is the only country in the world where affirmative action is in the favour of the MAJORITY, who have complete political control.

    The fact that the political majority requires affirmative action to protect them against a 9% minority group is testament to a complete failure on their part to build their own wealth-making structures, such that their only solution is to take it from others.

    1. Rooikop Avatar
      Rooikop

      “Liberation before education” Dit is die ANC se kredo – rede: Onopgevoede massas is opsweepbaar en kan gemanipuleer word om die magsugtige opperbevel se vuil werk te doen.

      Laat die mense vir hulleself dink en jy sit met ‘n probleem – jy moet dan bontstaan om op die regte manier te regeer – sien nou maar Nkandla as voorbeeld

      Die uiteinde is dat die ANC se eie stemveë hulle gaan opvreet – die slang wat homself verslind. Die kop van hierdie slang is die EFF.

      1. Dolk Avatar
        Dolk

        Mog beide se ondergang deur ons aanskou word…

  10. Arnieann Avatar
    Arnieann

    hier is gawe “Gasse” en hier is minder gawe “Gasse.
    Gebruik jou naam, of ‘n ‘Skuilnaam” en laat waai.
    Ons wil nie graag met die verkeerde Gas ‘n dispuut voer nie.

  11. BertO / Uhuru Guru Avatar

    Dr Dan,100% in die kol oor die vernietigende rol wat die kanker van Britse Marxisme in SA speel. Ek meen egter u dig veel meer aan hierdie variant toe as die ander ewe (of nog erger) venietigende mutasies, soos Amerikaanse Marxisme.

    “Regstellende aksie” oftewel rasstellende aksie is ‘n direkte uitvloeisel van die Marxistiese besoedeling wat direk vanuit die Gramsciaanse “Frankfurt School” oorgewaai het na die VSA toe. Die vroegste gestalte was die sg “Whiteness Studies” wat soveel VSA universiteite deesdae aanbied, waarvan die kern veronderstelling is dat blankes op grond van hul ras “bevoorreg” is.

    Dit berei die valse voorstel voor dat dit gevolglik so is dat a) swartes “benadeel” is, b) al hul mislukkings voor die deur van blanke “priviligie” gelê kan word en c) blankes derhalwe moreel verplig is om morele, maatskaplike en finansiele boetedoening. Sodra mens hierdie absurde drogredenasie aanvaar word rasstellende aksie ‘n logiese, korrekte denkwyse en is tragies reeds vervat deur Naspes, die kerke en die breë Afrikaner samelewing.

    Kom ons analiseer bietjie dieper. Hoe word “wit priviligie” gedefinieer? Meeste blankes handhaaf ‘n sekere bestaansvlak of Eerstewêreldse standaard, wat spruit uit blanke kultuur. (Kultuur is die logiese uitvloeisel van ras, of, om Ed Steele aan te haal, “culture is race gone to seed”). Spoeltoilette, elektrisiteit, medisyne, tegnologie en ander “gegewes” is ons minimum standaard. Dis hoe ons die afgelope 100 jaar of langer leef, en dan noem ek nie eers hoogkultuur soos kuns, musiek, opvoeding en argitektuur nie.

    Daarinteen vind ons volkere wat in strooise woon, myle ver loop om water te haal, en ‘n derdewêreldse bestaan voer soos ons voorsate van derduisende jare gelede geleef het.
    Maar hoe kan dit tog wees? Die alom-aanvaarde paradigma is dat alle rasse gelyk is, so waarom is ons die arme Derdewerelders so ver voor? Daar kan slegs een verklaring voorgehou word: die blanke ras is ‘n nydige, boosaardige “kanker van die menslikheid” (aldus die Jodin Susan Sontag) wat doelbewus ander rasse onderdruk en hul voortuitgang belemmer.

    Blanke self-haat, skuldgevoelens en selfkastyding word deur (veral Joodse) professore op VSA universiteite aangeblaas, te wete Prof Noel Ignatiev van die Race Traitor faam, en ek haal aan: “Treason to whiteness is loyalty to humanity” sowel as “The key to solving the social problems of our age is to abolish the white race, which means no more and no less than abolishing the privileges of the white skin.” Sien http://racetraitor.org/

    Mag ek ook bietjie fokus op die drogredenasie waarop hierdie walglike mentaliteit berus. Die enigste morele teenvoeter vir rasissme, ongeag anti-blank of anti-swart, is totale kleur-blindheid. Mens hoef nie te aanvaar dat alle rasse gelyk en identies is nie, dis tog bog en ‘n infame leuen. Mens kan egter die siening steun dat alle rasse en volkere gelyk BEHANDEL moet word – gelyk voor die reg, gelyk met geleendhede, gelyk soos dit ‘n gedeelde multi-kulturele staat sou betaam en enigiets minder is ‘n sosiale euwel.

    Wat die kulturele Marxiste egter doen, is deur ‘n euwel (volgens hul eie maatstaf) te neem en dit te relativiseer om dit te vergoeilik. Rasse diskriminasie is ‘n onaanvaarbare euwel, punt. Maar die slinkse Marxiste sê eintlik “wag, daar is positiewe en negatiewe diskriminasie”. Wat hulle eintlik sê is dit: diskriminasie teen enigiets wat swart, Indier, kleurling, Sjinees is, is ‘n verskriklike sonde en is strafbaar met die swaarste boete. Diskriminasie teen blankes daarinteen is nie net goed, reg en wel nie, maar is ‘n sosiale sine qua non want dis POSITIEF (affirmative) of “regstellend”.

    Sou mens hierdie verwronge logika van relativisme uitbou na ander dinge, sou jy tereg kan sê jy kry regstellende / positiewe moord (plaasmoorde?) of regstellende / positiewe verkragting (soos deur swart bendes in lokasies op swart Lesbiërs, of op wit vroue in blanke gebiede). Maar dit eindig nie daar nie! Grondroof word gerasionaliseer as “grondrestitusie”. SEB (Swart Ekonomiese bemagtiging) is eintlik ekonomiese diefstal, verborge nasionalisering en ras-geskoeide bedrog.

    Sou mens die Marxistiese droglogika aanvaar, is jy stewig op ‘n glibberige relativistiese afdraende. Anything goes want logika en geregtigheid foeter by die venster uit. Waar die onderskeid tussen reg en verkeerd / goed en kwaad, deinserig vaag en ontasbaar word, en slegs EEN maatstaf toegepas word: die een van ras.

    Ek vermoed SA is op pad na ‘n gruwel staat wat die ergste elemente van Oos-Europese totalitêre kommunisme kombineer met ‘n Nazi-agtige fiksasie met ras. Kan jy jou indink – ‘n tipe Oos-Duitse hel soos deur Erich Honecker en die Stasi vergestalt, vermeng met die ergste denkbare vergrype soos gesien in Auschwitz onder die Waffen SS. ‘n Afro-Nazi distopie waar die slaaf houthakkers en waterdraers bobaas is, en waar die blankes in ‘n perverse, allerlaaste vernedering gereduseer is tot slawe van slawe.

    1. Rooikop Avatar
      Rooikop

      “White Privelege” is iets wat hulle nooit van ons kan wegneem nie al vat hulle ons goed. In my opinie beteken dit:

      1) Hardwerkendheid – ek doen wat nodig is wanner dit nodig is om vir myself en my afhanklikes te sorg (ek staan nie bakhand nie). Dit wat ek doen, doen ek na die beste van my vermoë.
      2) Beplanningsvermoë – ek bêre iets vir die dag van more. Ek beplan om met dit tot my beskikking die maksimum rendement te kry. As die moeilikheid kom het ek reeds ‘n plan A, B tot Z in plek om vir verskillende dinge wat verkeerd kan loop voorsiening te maak.
      3) Omgee vir jou kinders – jy maak jou eie kinders groot en los hullle nie net nie. (Hierdie is ons besig om ernstig op te gly)
      4) Selfdoen – ek verkwalik nie iemand anders vir my omstandighede nie – as dinge verkeerd is pak ek die bul by die horings en probeer my situasie vebeter.
      5) Sorg: – Ek gee om vir my goed en my omgewing. Ek verniel nie net nie.
      6) Taal: Ek gee om vir my moedertaal – ja dit is nie perfek nie en moet baie keer van ingels gebruik maak bloot omdat die woorde (veral tegnies) nie in my taal bestaan nie (Ons skep ook baie woorde). Ek maak my kinders in hulle moedertaal groot – niks anders nie – die res leer hulle later.
      7) Belangrikste: SELF DINK – Ek sien wanneer ek “po3p” gevoer word deur die media, onderwyser staat, kerk ens. Ek vreet nie alles vir soetkoek op nie en probeer sover moontlik ingeligte besluite neem

      OK my lys is dalk te uitgebreid of selfs onvolledig. Hierdie ontasbare kulltuurskatte is wat die blanke laat vooruitgaan het – (so ook meeste van die asiërs). Hierdie is dinge wat hulle nie van ons kan wegvat sonder ons toedoen nie (Die NP met sy BS breinspoeling in die 70s en 80s het hard probeer en dit wil voorkom met die 94 uitslag of hulle redelik suksesvol was)
      Hierdie is wat sal maak dat al vat hulle AL ons goed dat ons weer sal opstaan, weer sal opbou, weer sal vooruitkom.

      1. BertO / Uhuru Guru Avatar

        Doodreg Rooikop, en pragtig vervat. Dis slegs wanneer ons die onsigbare, psigiese kettings van ons slawerny en self-opgelegde skuldkompleks breek wat die bloedsuiende parasiete sal begin afval en ons weer sal opstaan.

  12. Dolk Avatar
    Dolk

    Ek lees wat jy sê – en dit het verseker sy meriete…

    Ons perspektief mag wel verskil – maar nie ons doelwit nie… 😉

    Is dit nie maar aan die einde van die dag soos – groot, wegkruip-oorde teen die swartes nie? Dat ons soort van – oor en oor en oor die wiel moet herontwerp nie? Sou dit êrens stagneer…. En die moorde daarbuite sal nie ophou nie…

    Begin die tog na ons selfbeskikking nie met die afgooi van daardie vervloekte Afrikane se juk op ons – die juk wat de klerk, pik en hul lakeie oor ons gebring het nie – soos wat Dr. Dan hierbo uiteengesit het nie? Tree vir tree – stap vir stap…

    Ons is op die vooraand van die begin daarvan… Lê die loopgrawe vir ons selfbeskikking by die FN – die naaste aan ons op hierdie stadium nie?

    Om oor die slagveld te storm gaan, eie-magte lyke laat – nie myn-planters vir ons vyand nie…

  13. Manfred Delport Avatar
    Manfred Delport

    Rasstellende aksie is gebou op ‘n reuseleuen, en die “diskoers” (ek haat daardie woord) is as volg: Blankes het by swartes gesteel en skuld hulle nou iets in ruil daarvoor. Daardie leuen kan egter nie die toets van logika deurstaan nie.

    Aan die een kant kla swartes dat hulle Bantoe-onderwys moes deurmaak, dat blankes hulle van geleenthede ontneem het, maar watter soort onderwys het
    hulle in Maart, 1652 geniet, voordat Van Riebeeck hier geland het? Hoe het die blankes voor 1652 gekeer dat die swartes nie hulself opvoed en onderrig nie? Het Van Riebeeck boeke of universiteite by swartes gesteel?

    Blankes skuld swartes glo aandele in myne, maar swartes het honderde jare gehad om die platina van die Merenskyrift te ontdek en te ontgin, maar wat het hulle
    met die Merenskyrif gedoen? Niks nie, buiten om in gatrieme bo-op die Bosveldkompleks rond te hardloop, want geologie beteken niks in ‘n primitiewe kultuur nie.

    Blankes het glo swartes se grond gesteel. Waar is die swart trekboere se titelaktes vir daardie grond egter? Grond beteken min vir ‘n trekboer, in teenstelling met weiding, want ‘n trekboer skuif agter weiding aan, en dus is die konsep van vaste grondbesit vreemd aan die swart kultuur.

    Dis eenvoudig: Blankes skuld swartes niks nie, want jy kan nie iets by iemand steel wat daardie persoon nog nooit gehad het nie.

    1. Dolk Avatar
      Dolk

      Manfred Delport: “Daardie leuen kan egter nie die toets van logika deurstaan nie.”

      Nog kan dit die toets – van wat die geskiedenis as bewysstukke gestoor het – wegvee.

      Dis tyd dat ons die spot dryf met hulle Leuens! OPENLIK! Sonder huiwering of apologie.

      Wat het hulle tot stand gebring? Het ons voorouers in hul huise gaan woon? Was hulle uit hul dorpe verwilder?

      Wie het hulle hoorsê, oordrewe “geskiedenis” op skrif gestel? Het die Boere hul biblioteke dalk gestroop? Hulle boeke in die strate verbrand? Was dit ons wat hierdie stuk van Afrika bar gelê het – voordat ons dit opgebou het?

      Het ons dalk hulle van koringoeste beroof? Dalk hul wynplase en appelplase oorgeneem het en, al hul skaap en beesplase dalk met ‘n banvloek getref – iewers in die verlede?

      Die snelweë omgeploeg en met bande verbrand het – dalk? Hulle plase dalk afgevat? Of hul monetêre stelsel se naam gekaap?

      Mens kan aangaan… So absurd as wat hier geskryf staan is – so absurd is enige mens of barbaar se aanname dat ons as die Boerevolk hulle enige iets skuld! Dis tyd dat die Leuen in die openbaar – op die brandstapel sterf!

      1. Manfred Delport Avatar
        Manfred Delport

        Ja die wrede blanke rassis het die Afrika-renaissance onderbreek, en was dit nie vir Van Riebeeck nie, was daar vandag Xhosa-ruimtesendings na Mars.

        1. Dolk Avatar
          Dolk

          Ek moet aansluit…!

          Sou ons, ons hande soos oopmond, blinkkende groot-oog kindertjies saamslaan… Gapend… In totale verwondering… Soos wanneer hulle na ‘n vuurwerkvertoning staar…

          Sou ek saggies prewel… Flip weet – tot die planets of the apes maak flippen meer sin! – my vererg en opstaan…

          Sal ek – voordat ek uit die bioskoop uitloop, my geld gaan terug vra… 😉

          1. Willy Avatar
            Willy

            Sommer jou skoolgeld ook met die uitloop.

          2. Dolk Avatar
            Dolk

            Google “Dolk”… Dan Google jy “Willy”…. Raai wat is jou alias?

          3. Willy Avatar
            Willy

            Hi oee blommie. Waarvan die hart van vol is loop die mond van oor! Of hoe ielletjies? Ek het nog nooit so daaraan gedink nie.

          4. Dolk Avatar
            Dolk

            “Blommie” Dis nou nie die “volwassendste oomblik vir jou op Praag gewees nie – of was dit? 😉 Wel, sterk, het nog nooit intelligent gespel nie… ‘Willy”…

          5. Willy Avatar
            Willy

            En jy is lekker jaloers nê ielletjies.

          6. Dolk Avatar
            Dolk

            Ek’s nie jaloers oor jou nie Willie. Ek admireer jou harde werk en prestasies – dit bedoel ek.

          7. Willy Avatar
            Willy

            Slaan my met ‘n penveer om!

          8. Dolk Avatar
            Dolk

            Spot maar… Ek het nog altyd jou prestasies ge-admireer. Al spot jy my hoe… Was ek nie al een op nuus 24 om jou geluk te wens nie…? Dink maar terug. 😉

          9. Willy Avatar
            Willy

            Dankie. Jy kan dit vat. Lekker slaap Gielman. Dis weer ‘n langdag môre op die forums. Sien jou.

          10. Dolk Avatar
            Dolk

            Ek’s nie Gielman nie.

          11. Willy Avatar
            Willy

            Wie dan?

          12. Dolk Avatar
            Dolk

            Dolk. Wie ek nog altyd was.

          13. Willy Avatar
            Willy

            Nee, is nie.

          14. Dolk Avatar
            Dolk

            Jy ken my beslis te kort…

            My tweede naam is: “Sudden Death”

          15. Willy Avatar
            Willy

            Lekker slaap.

          16. Dolk Avatar
            Dolk

            Goeie nag.

          17. Dolk Avatar
            Dolk

            Willy, net vir die rekord… Die dag wanneer ek jou vertel “ek het gesterf”, is die dag wanneer ek uitgevind het jy beskinder en heul agter my rug… Ek hoop dit beantwoord ‘n paar vrae…

          18. Leana Avatar
            Leana

            WAT ???? Dit is dan PRESIES wat jy vir my gese het Dolk. WAAR en WANNEER het ek jou beskinder en geheul agter jou rug ?? Ek wil dit weet.!! Jy beter PRAAT Dolk. VANAAND NOG !!

          19. Dolk Avatar
            Dolk

            Ek is nie Gielman nie.

    2. Arnieann Avatar
      Arnieann

      So eenvoudig soos dit.

    3. Karel Combrinck Avatar
      Karel Combrinck

      Uitstekend gestel Manfred. Mens kan ook nog vra hoe kry hulle dit reg om met ‘n globale bevolkingsgetal groter as dié van die blankes nog steeds ‘n onderdrukte “minderheid” uit te maak. “Want sien, your honour, ons onderdruk so maklik”.

      1. Dolk Avatar
        Dolk

        Hulle sidder vir ons… Kyk al die wette teen ons! Die skuim lewe in vrees… – hulle tyd het gekom… Om te in vrees te lewe…

        Dis tyd dat die mense hul geestelik voorberei… Om nie ‘n oog te knip – wanneer die Afrikane begin kantel nie…

  14. Arnieann Avatar
    Arnieann

    Vat alles wat wes van die N1 roete is. Van heel bo in Transvaal tot onder in die Kaap.
    Die grens is dan ook mooi en duidelik.
    Voorlopig eers dit. Die res sal ons vat as almal Oos van die pad in hulle peetjie is.

  15. theoprinse Avatar
    theoprinse

    off topic

    Ik heb me deze week dood geërgerd aan de VRT. Dat gebeurt wel eens meer zult u zeggen. Dat klopt, het lag niet aan de eindeloze herhalingen van TV-programma’s, aan Ben Crabbé of aan FC De Kampioenen, maar aan het feit dat de VRT-directie een journalist sanctioneerde die tijdens het radiojournaal de opmerking had gemaakt dat Saoedi-Arabië één van de achterlijkste vormen van de islam belijdt. “Hij erkent dat dergelijke woordkeuze niet past in een bulletin van het VRT Nieuws en dat dit niet had mogen gebeuren en dat het zich niet meer zal herhalen”, liet de VRT weten. Dames en heren van de VRT, ik stel voor om een woordspelletje te doen, niet Blokken met Ben Crabbé maar Vlaams Blok met Filip Dewinter. Laten we beginnen met de woorden Saoedi-Arabië door Zuid-Afrika te vervangen, vrouw door zwarten en islam door apartheid.

    Stel u voor dat in plaats van mannen en vrouwen van elkaar te scheiden, blanken en zwarten van elkaar worden gescheiden. Dat niet vrouwen maar zwarten geen auto mogen rijden. Dat niet vrouwen maar zwarten een boerka moeten dragen. Zou de VRT dan ook zijn journalisten op de vingers tikken indien hij het politiek systeem in Zuid-Afrika achterlijk zou noemen? Als het over de islam gaat, gaat het over cultuur, religie en traditie, als het over apartheid gaat, gaat het terecht over racisme, discriminatie en onderdrukking. U had het al begrepen, 2 maten en 2 gewichten.

    http://ejbron.wordpress.com/2014/03/23/toespraak-filip-dewinter-nationale-vlaams-belang-meeting-23-maart-2014/#more-58679

    https://scontent-b-ams.xx.fbcdn.net/hphotos-ash3/t1.0-9/1896874_665114033553613_656127331_n.jpg

    1. Hans Onrust Avatar
      Hans Onrust

      haha, als gebruikelijk Theo.

      Werk zat om er tegenin te gaan en nog wat aan zinnigheid op te bouwen ook.
      De huidige ontketende hetze tegen Wilders in Holland komt de pvda zeker ook goed uit.(Samsom en Asscher zeker) Behalve de standaard discriminatie van de blanke hollander heb ik geen discriminatie kunnen ontdekken in zij uitspraak. Maar veroordeelt lijkt ie al wel. ‘Rufmord’ noemt bijv. ook Sarrazin zoiets.
      Het beste.

  16. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Ek stem saam Etienne. My punt is egter dat al het hulle ons sogenaamd “oorwin” in hulle eie oë is daar dinge wat hulle nie van ons kan wegneem nie. DIt is juis hierdie dinge wat ons suksesvol gemaak het in die verlede en dit is dinge wat ons vyande in hierdie land kort. (NEE ons MAG nie hierdie gebruik om ons vyande by te staan nie – los hulle dat hulle inmekaarstort)

    Daarom moet ons veg vir selfbeskikking – al kos dit al ons besittings want met die onsteelbare goedere sal ons gou weer vir ons ‘n beskaafde samelewing kan opbou.

  17. Rentia Diedericks Avatar
    Rentia Diedericks

    Hierdie leuens oor Afrikaners is deur Britse Jode uitgedink omdat hulle die myne in SA besit. Silikose het al honderde duisende swart mynwerkers doodgemaak, baie baie meer as wat kastig deur apartheid veroorsaak is. Deur hierdie liegstories te verkondig hoop die Joodse geldwolwe daar sal nooit ‘n klas aksie saak teen hulle kom nie. Die Afrikaners moet ophou hofsake maak oor rastellende aksie. Kry ‘n klomp swart mynwerkers, Sweedse geld en vernietig die myne.

    1. Arnieann Avatar
      Arnieann

      Vir een of ander rede is daar ‘n halstarigge weerstand teen swart samewerking.
      Daar is der duisende swartes wat nie met die huidige situasie tevrede is nie.
      Hulle beskik oor net so min ‘Regse’ partye om vir hulle op te kom as ons Afrikaners.
      Ek het voorgestel dat ons die mynstakers moet steun. hulle is ook teen die buitelandse rowers. En dit is hulle wat verantwoordelik is vir die chaos.
      Kyk net hoeveel blanke Afrikaners is teen front Nasionaal.. Die Portugese, Engelse en ‘n magdom ander Blankes gee ons geen probleme nie. Hier en daar miskien, maar die oorgrote meerderheid is Afrikaners.
      As FN op slegs Afrikaners/ Boere aangewese wil wees, het hulle die stryd verloor.
      Hierdie blanke groepe moet ook betrek word.

  18. Arnieann Avatar
    Arnieann

    Front Nasionaal sal nie noodwendig net stemmers kry wat vir Selfbeskikking stem nie.
    Daar kan ook ‘n geweldige simpatieke steun en stem wees.

Leave a Reply