Hier gaan ons weer!

Ek is van mening dat die meeste mense vir ‘n party stem oor die indruk of persepsie wat hulle van ‘n party het en nie sodanig oor die beleid van die party nie. Die indruk word hoofsaaklik deur die media geskep.

 

Die media kan ‘n party maak of breek.

‘n Sprekende voorbeeld daarvan kan in ons eie onlangse verlede gevind word.

U sal onthou hoe dat in die laat tagtiger jare net na die groot Inligting skandaal van die Nasionale Party die HNP al sterker geword. In elke tussenverkiesing het hulle steun gegroei en is die meerderheid waarmee die NP in vorige verkiesings gewen het, dramaties afgebring.

Met die algemene verkiesing van 1981 het die HNP sodanig gevorder dat hulle in Transvaal een derde van al die stemme op hulle verenig het. Landwyd het die HNP meer stemme as die amptelike opposisie die Progressiewe Federale Party behaal! Sou Suid-Afrika destyds ‘n proporsionele kiesstelsel soos tans die geval is gehad het, sou die HNP in 1981 die amptelike opposisie geword het.

Vir ontnugterde Afrikaners het die HNP almeer aantreklik geword. Desnieteenstaande het die HNP daardie jaar geen setel kon wen nie.

Maar die skrif was egter teen die muur vir baie NP-volksraadslede soos dr. Ferdie Hartzenberg en dr. Andries Treurnicht. Dit was vir almal duidelik dat dié volksraadslede met die volgende algemene verkiesing uit die groen kussings gelig sou word.

Dié groei in die steun vir die HNP het die skeuring in die Nasionale Party in 1982 te weeg gebring en die daaropvolgende stigting van ‘n nuwe politieke party naamlik die Konserwatiewe Party.

Ek onthou ook die volgepakte sale waar die HNP vergaderings gehou het. Dit was opsetlik ontwrig deur gestuurde dronk, breinlose Boere.  Die media was lief om daaroor te berig, maar dié taktiek kon die opgang van die HNP nie gestuit nie.

Voor die 1981 verkiesing was die media en hulle geldbase se strategie gewees om die leiers van die HNP te vervolg en te beswadder. Maar die mediabase kon die HNP se trompetwoorde van taal, volk, vaderland en vryheid nie met hulle perse en tikmasjiene doodskryf nie.

Toe kom die stilstuipe –  die nuwe strategie van die mediabase. Omdat die HNP nie doodgepraat of doodgeskryf kon word nie, moes die HNP doodgeswyg word. En die KP as die WEN-party uitgeBeeld word.

Die mediabase se strategie het uiteindelik daarvoor gesorg dat geen Afrikanerinvloed  meer geld nie. Van die illustere NP het minder as niks oorgebly.

отбеливание air flow отзывылобановский александр дочь

Vele VSA-immigrante kom van die Ooste

Ons is reeds byna ses jaar in die VSA waar ek as apteker werk. Ek het 'n vrou met vier seuns. Ons wag nog steeds vir ons Groenkaarte, want die proses is tydsaam en baie duur. Kollegas van my wat die afgelope paar jaar ook probeer om die toelatingseksamen vir aptekers te slaag (wat hier in die VSA by net by drie sentrums afgelê kan word), noem dat 85% van die kandidate van die Verre Ooste, Indië (veral) en van die Midde-Ooste afgkomstig is.

Met elke eksamen is daar `n paar honderd kandidate per sentrum wat die eksamen skryf (twee maal per jaar). Die invloei wat my professie betref, is duidelik vanuit die Ooste. As ek maar sien hoeveel dokters van Indië en Pakistan hier is, glo ek dit geld vir die ander professies ook. Ek kan egter net praat van die staat Wisconsin, waar ons woon. Ons het twee maal in die verlede probeer om met die "gratis" Greencard Lotto ons kaarte te wen, maar was onsuksesvol. Jy moet `n foto van jouself instuur met jou aansoek om deel van die Lotto te wees, asook noem wat jou opleiding behels, dus kan die owerhede sien hoe jy lyk as hulle sou wou.  

Dikwels loop ek swartes raak in die apteek en op straat wat van Afrika af ook hier in die VSA woon en werk. As ek vra hoe hy hier beland het, sê hy dat hy die "Greencard Lotto" gespeel het. Wel, hierdie Boere-gesin het hom ook gespeel, maar ons is nie geloot nie.   Ek het nog altyd gewonder hoekom Amerika die Lotto het, want verseker word nie net die "room" uit die buiteland hier toegelaat nie. Ek dink Dan Roodt het `n skitterende ontleding van die Obama veldtog en oorwinning gegee. Baie (liberale) blankes hier in die noorde van die VSA is gaande oor hom, maar daar is ook baie wat uiters skepties is. Hulle is egter tjoepstil, want om hier van rassisme beskuldig te word is erger as hoogverraad. `n Ontleding soos wat Dan gegee het, sal hier uitmekaar geskeur word.   

instagram promotion sitesОлександр Фільчаков прокурор

Miskien soek VSA na blanke immigrante?

Na aanleiding van Dan Roodt se nuutste rubriek oor die negatiewe demografie van blanke Amerikaners wonder ek net of die regering van die VSA maatreëls hierteen neem.

Ek sinspeel nou op die feit dat die laaste paar dae/weke sien ek gereeld internetadvertensies vir groenkaarte. Ofskoon die advertensies multikulturalisme benadruk, wonder ek of hulle nie dalk eintlik na wit Protestante op soek is nie.

Die groenkaartadvertensies is nogal vreemd, gegewe die feit dat die werkloosheid in die VS nou al oor die 7% gestyg het.

Die kans bestaan ook dat hulle juis op soek is na kandidate wat ekonomies effektief is vir die land, want onder Obama gaan die VS nader na 'n welsynstaat neig, en welsynstate kos baie geld en het 'n sterk middelklaslokomotief nodig.

Weet iemand dalk meer hiervan?

видео укладка ламината своими рукамиФильчаков Харьков

Ons betaal nou almal die prys vir NP-oorgawe

Image

FW de Klerk

Op die briewe van Petrus van Eeden en JK Bosch sê ek net ja en amen. Dit is waar en dis ook so dat die ja-broers van die '92-referendum en die NP-regering van daardie tyd net sowel kon ontbind het en die mag net so oorgee aan die ANC, want dis wat hulle besig was om te doen.

FW was ook slinks om 'n wêreldwye reklameagentskap soos Saatchi & Saatchi te betaal om die NP-veldtog te hanteer. Hulle het natuurlik op die hartsnare van die Afrikaners getokkel deur sport en ons internasionale deelname daaraan as 'n beweegrede te gebruik om ja te stem. Wel, dit het toe met groot sukses gewerk, maar nou betaal ons almal, nee-stemmers inkluis, die duurste prys in bloed.

no deposit casino comлобановский александр дети

Owerheidsaggressie maak Afrikaners woedend

Die verbysterende en blatante aggressie waarmee die owerheid voortgaan om Afrikaansmediumskole te vernietig, maak Afrikaners woedend. Hoërskool Hans Strijdom in Naboomspruit (Mookgophong) is die nuutste slagoffer in die regering en sy miserabele Onderwys Departement se visier. Die skool se beheerliggaam word nou gedwing om die status van dié skool na dubbelmedium te wysig.

Ons het Donderdag 15 Januarie gesien hoe die SABC ingespan word om Hoërskool Hans Strijdom se beheerliggaam op televisie as rassiste voor te stel in die aanskyn van arme swart “Engelse” kindertjies wat in die skool se uniform met slagspreuke paradeer waarin hulle aandring om tot die skool toegelaat te word. Dit, terwyl dié betrokke kinders reeds daar skoolgaan!

Mnr Athol Saunders, voorsitter van die beheerliggaam se vrees dat die skool se waardestelsel, etos, Calvinistiese basis, dissipline en hoë onderrig standaarde verwater sal word indien die skool na dubbelmedium oorskakel, is nie ongegrond nie.

Die staat doen slegs lippediens aan moedertaalonderrig en die swak matriekuitslae is onder andere die gevolg daarvan.

Verder behoort dit nou vir almal duidelik te wees dat die owerheid, deur die vernietiging van Afrikaansmediumskole, besig is om ons taal Afrikaans te vermoor.

Tans is slegs 3% van alle skole in Suid-Afrika suiwer Afrikaans.

Volgens mnr Louis Smuts van Tabok sal daar teen die huidige tempo in 2012 geen Afrikaansmediumskole oor wees nie.

Het die tyd nie dalk aangebreek dat die Afrikaner saamstaan om die euwel hok te slaan?

86 справкалобановский супермаркет класс

‘n Afrikanerraad sal ons volksbegrip versterk

Die verkiesing is op hande.  Ná die verkiesing verby is, is die vraag: hoe gaan die Afrikaner vir die daaropvolgende vyf jaar uitsien totdat daar weer ‘n verkiesing plaasvind?  Ons kan net spekuleer.  Wat wel feitlik is, is die volgende:

FEIT – daar sal geen Afrikanervolkstaat in die volgende vyf jaar wees nie.  Elke daaropvolgende jaar verflou die haalbare kanse vir die stigting van enige vorm van ‘n volkstaat.

FEIT – dat daar geen noemenswaardige geboorte-aanwas onder Afrikaners sal plaasvind nie

FEIT – dat die persentasie van Afrikaners teenoor die totale bevolking verder sal krimp as gevolg van die volgehoue felle swart bevolkingsaanwas (nieteenstaande VIGS), swart buitelandse instroming en Afrikaneremigrasie. (Tans vorm die Afrikaner net 6%, en blankes gesamentlik 11% van die totale bevolking van 44miljoen.  In 1948 toe die Nasionale Party aan bewind gekom het, was die Afrikaners 12%,  die blankes gesamentlik 20% van die totale bevolking van 20miljoen.)

FEIT – al stem die Afrikaner vir watter party ook al (of hy stem glad nie) vanjaar se verkiesing, sal die Afrikaner geen impak op die politiek meer hê nie.

FEIT – die Afrikaner is ‘n permanente minderheid in ‘n permanente swart-beheerde staat.

FEIT – die Afrikaner is vir altyd nie meer ‘n homogene volk wat godsdiens betref nie en huldig ‘n wye spectrum van sieninge.

FEIT – die Afrikaanse taal en kultuur onder Afrikaansprekendes sal sterker daar uitsien, maar wat wel te bevraagteken is: gaan die Afrikaner homself nog as ‘n VOLK vorentoe beskou?

Daar bestaan verskeie opsies rakende 'n Afrikanervolksbegrip:

Drome droom (‘n steriele en wanhopige strategie):

  • Droom oor die herstel van die vorige politieke bestel waar ‘n wit minderheid met ‘n wit president ‘n swart meerderheid oorheers en onderdruk.  Die enigste moontlike strategie is ‘n gewelddadige oorname deur ‘n handjie vol verregse Afrikaners wat nie die meerderheid-Afrikanersteun sal geniet nie.
  • Droom van ‘n wit volkstaat waarheen die oorgrote meerderheid Afrikaners nie wil verhuis nie.
  • Droom dat die swartes in so ‘n mate sal onderverdeel dat ‘n regering nie gevorm kan word nie en waar die verdeelde Afrikaner die leemte sal vul.
  • Droom dat die Afrikaner ‘n uitverkore volk is en waar God in die bres vir die Afrikaner sal tree tot nadeel van Sy volgelinge onder die swartes.

Emigreer: Sekere Afrikaners voel sterk genoeg om hulle taal en kultuur prys te gee, solank hulle tussen ‘n meerderheid ander blankes kan wees, dus verkies hulle eerder om te emigreer na lande wat 'n bewysbare meerderheid blankes het.  Ten minste is hierdie ‘n haalbare oplossing vir sommige, al maak dit die volksbegrip seer.

Niks doen nie: Gevolglik, elke onheil wat die Afrikaner tref, is rede om die swartes daarvoor te blameer.  Die aanhoor van die gedurige klaagliedere en selfbejammering en die uitwys van swart onvermoë hou aan,  “ad nauseam”.

Afrikanerraad: Die stigting van ‘n buiteparlementêre staatsondersteunde Raad vir Afrikaners wat die volle spektrum van Afrikanerdenke sal verteenwoordig, Ou uitgediende strategie word verwerp en nuwe strategie word geïmplementeer om na Afrikanerbelange om te sien in ‘n vyandige see van swart haat en vooroordeel teenoor hom. 

So ‘n Raad is konstitusioneel haalbaar en geregverdig.  Adisionele belasting word van elke Afrikaner deur die staat namens die Raad gehef om uitvoering aan die Raad se doelwitte te kan gee soos bv. eie onderwys, werkskepping, ens. Sodanige Raad kan ook verteenwoordiging aan die Raad van Tradisionele Leiers in die Parlement verleen.

Die VF+ sou die idiale medium wees om so ‘n konsep te loods en moontlik daardeur meer Afrikanersteun te verkry, eerder as hulle steriele ondersteuning van die Oraniabegrip as antwoord vir die breë Afrikanervolk.  (Terloops die Oraniabegrip is idiaal vir ‘n klein minderheid Afrikaners, maar is nie ‘n antwoord vir die breë Afrikanervolk nie).

Ten minste, met die stigting van ‘n Afrikanerraad, sal die Afrikaner oor die kort en lang termyn ‘n  politieke medium hê, wat hy nie in die parlement sal kan bekom nie, om uiting aan sy belange te kan gee, eerder as soos tans, om niks te hê nie.  So ‘n Raad sal ook die volksbegrip verstewig.

справка 082уФільчаков Олександр Васильович прокурор

Wat van die ou bul, Pik?

'n Skitterende artikel deur Gustav Venter oor Naspers se ou koei genaamd "apartheid". Maar Naspers het ook ‘n ou bul genaamd Pik. En die kalwers skryf onder skuilname en braak op hul borste oor ons grootste militêre prestasie ooit.

Want was hy nie eens minister in beheer van die pers nie? Soos ‘n goue (gagga-) draad loop sy vernietigende spore tot vandag toe. Op die TV se "Grensoorlog" rasionaliseer hy self in sy eie woorde hoekom hy die militêre stryd teengestaan het.  

Maar hoekom hy die propagandaprojek van die departement van Inligting ook gesaboteer het, is onverklaarbaar want dit het ons Afrikaners nie alleen militêr nie maar ook moreel ontwapen. En ook ontman soos wat dit wil voorkom in die Afrikaanse pers as 'n gay kinderlose spul hofnarre, op pad na nêrens, wat net gedurig besig is met hul eie ongevalle.

Maar nie almal nie!

Waarvan PRAAG-skrywers voorloop op die pad van geregtigheid en waarheid omdat dit alleen ons sal vry maak.

 

suckers slotтопкарго кидалы

Apartheid is ‘n gerieflike slaansak

Zelda Jongbloed, adjunkredakteur van Die Burger, wat so gal braak teen die vorige regering se onderwysbeleid, behoort die volgende feite, wat ’n gerekende konsultantefirma in Johannesburg op die gebied van onderwysstandaarde vir 14 jaar op rekord het, ook onder haar lesers se aandag te bring:

In 1994 kon slegs ’n skandalige 51% van Afrika-taliges wat destyds matriek geslaag het, Standaard Funksioneel Geletterdheidstoetse slaag. Die destydse onderwysstelsel dra sekerlik die skuld.

Vanaf 1994 het hierdie syfer van 51% konsekwent bly daal totdat dit aan die einde van 2007 op slegs 19% gestaan het. En dit daal steeds. Daarom wag ons met ingehoue asem vir 2008 se toetsresultate.

Wat sê hierdie syfers eintlik? Net maar dat die huidige onderwysstelsel slegs drie en ’n half present van die Afrika-talige kinders wat in graad 1 opgeneem word, uiteindelik na 12 jaar as opleibare werknemers aan Suid-Afrika se werkgewers gelewer word. En hoekom? Die grootste rede sekerlik te wyte aan eenogige onkundige politieke leiers wat probeer onderwysleiers speel en oningeligte ouers wat dink hulle kinders moet in Engels opgevoed word en nie in hulle moedertale nie – want hulle politieke leiers sê so. Die ANC, as ek dit nie mis het nie, me. Jongbloed.

Apartheid is ’n gerieflike slaansak, want dit kan nie terugslaan nie.

ппр оборудованияФільчаков прокурор

Werf n?? buitelandse Afrikaners vir eie gebiede

Daar was vandag 'n praatjie oor Radio RSG wat ondermeer gegaan het oor werkloosheid, die ekonomiese krisis, en Suid-Afrikaners in die buiteland wat wil terugkom.

Daar is genoem dat daar binnekort sowat 20-miljoen mense wêreldwyd hul werk gaan verloor, wat direk verband hou met die internasionale ekonomiese krisis.  Daar is ook genoem dat "baie" Afrikaners in die buiteland nou huistoe wil kom.

Na my mening skep dit nou vir ons, wat volkstaatondersteuners is, 'n ideale geleentheid om ons mense met ope arms terug te verwelkom, maar, om hulle terselfdertyd te oorreed, en te help, om nie weer na die misdaadvoos-gebiede waar hulle vandaan kom, terug te keer nie.

Daar moet werkverskaffingsburo's geskep word wat hierdie mense kan help.  Maar, daar mag geen gras onder ons voete groei nie.  Daar moet vinnig en doelgerig opgetree word.

Ons het die afgelope paar maande dikwels op hierdie forum gesels oor die belangrikheid dat Afrikaners moet "konsolideer".  Wel, nou is die mees ideale geleentheid om dit te doen.  Laat ons vasstel watter distrikte in Suid-Afrika die veiligste is, en laat ons dan hierdie mense in die buiteland help om liewer na plekke soos Orania, Lambertsbaai, Vredendal, Vredenburg, Britstown, Strandfontein, Doringbaai, Nieuwoudtsville, Calvinia, Williston, Carnarvon, Clanwilliam, Elandsbaai, ens., te verhuis, eerder as om maar net weer na die misdaad-paradyse terug te keer.

Afrikaners met leierskap, geld, talente en wilskrag, kan baie help deur nuwe maatskappye te stig en van hierdie terugkerendes met werksgeleenthede te help.

Al wat ek nie weet nie, is "hoe kom ons by regstellende optrede en transformasie verby?!"  Die geleerde mense in die politiek sal seker vir ons daar kan help.  Dit help nie ons stig 'n maatskappy in byvoorbeeld Lambertsbaai (met die doel om werklose Afrikaners te help), en die regering sê ons moet 90% van die werknemers in die Transkei gaan werf om in Lambertsbaai te gaan werk nie.  Daar moet 'n plan gemaak word om SLEGS Afrikaners na die Weskus en die Bo-Karoo te lok.  Anders sny ons net ons eie kele af.

зарядно пусковое устройстводанильченко юрій броніславович

Die bosoorlog woed nou rondom ons huise

Ons ouens hier in die Rayton-Kleinfontein-omgewing ry nou al plaaswagpatrollies vir meer as twee jaar nadat die kommandostelsel afgeskaf is. Aan die hoof van inligting is 'n klompie oud-Rhodesiërs (ek hou dinge maar doelbewus vaag). Ons gebruik glad nie swartes op die plaas nie, alhoewel al ons bure dit wel doen en tot die dood toe verbind is daaraan, wil ek byvoeg. Ons het gehoop die plaasaanvalle gaan ons verbygaan vanweë ons beleid van selfwerksaamheid, maar helaas…

Die salvo het afgeskop met die moord op dr Duncan Prinsloo en sy vrou hier in ons omgewing – die ouers van een van my klasmaats op Onderstepoort. Die tweede sarsie was 'n aanval op die Legemaat-familie naby Rayton, waarin die honde afgemaai is en die huis se ruite stukkend geskiet is, maar almal oorleef het omdat hulle paraat was. Tesame met 'n paar ander voorvalle is daar twee weke terug een nag verkenning kom doen op ons plaas deur 'n moontlike terreurgroep. 'n Dame in een van die rondawels het wakker geword toe haar hondjie onbedaard blaf. Sy hoor toe hoe daar aan haar ruite en deurknoppe gepeuter word en sy bel dadelik die huis langsaan. Die buurman het sy spreiligte aangeskakel, maar niks….  Die volgende oggend is toe ontdek dat al die gloeilampe in die tuin uitgedraai is totdat dit net nie kontak maak nie, 'n kragkabel is geknip, voetspore op 'n stoel waar hulle by die vensters ingeloer het, is gevind en 'n skuilplek waar hulle gelê en waarneem het agter die plaas op die berg, is gevind.

Almal verwag nou die ergste en daar is 'n geskarrel vir toerusting waaroor ek maar sal swyg en daar word deur die nag om die beurt waggestaan. Die ou mense word moeg, en die jonges se daaglikse werk ly daaronder. Geld wat nie beskikbaar is nie, word bestee om nog toerusting aan te skaf. Groenligpatrollies word nou deur die nag gery en daar word snags op die berg en elders waarnemingsposte ingestel. Die ongelooflike is dat tussen al hierdie aktiwiteite deur, die huis op die buurplaas beroof is toe die mense uit was en 'n tweede poging is op ons plaas geloods tien minute nadat 'n patrollie daar verby is. Gelukkig het ons nuut aangeskafte tegnologie ons betyds gewaarsku, maar ons kon weereens net spore kry.

Die volgende week word daar toe ingebreek in my swaer se huis op die plaas terwyl hulle met verlof is. Die huis is so 'n halfkilometer van ons huis af.  En toe kom die groot toets:  My swaer word so 'n anderhalf week later een nag wakker, en hy vermoed dit was die nuwe tegnologie wat hom betyds gewaarsku het. Twee gemaskerde Broers kom doodluiters aangestap om hulle boosheid te kom verrig en toe hulle teen die stoeptrappe opklim, sien hulle my swaer anderkant die venster binne-in die sitkamer staan met sy kettie. Terloops, my swaer sê hy het hom lam geskrik, want die mens het nou eenmaal 'n herhaalde blootstelling of oefening nodig om geolie op te tree.  Die twee laat spaander toe al met die pad langs en my ander swaer hardloop toe met sy kettie om hulle af te sny nadat hy op die radioroep gereageer het van swaer nr 1.  Ongelukkig of dalk gelukkig,  het die buurman op die berg ook gereageer deur wild die nag in te begin skiet, wat die twee Broers toe oombliklik van pas laat verander het, vanaf 'n stappie tot adrenalien-gedrewe veg-of-vlug simpatiese reaksie. Dit het gebeur presies op die tyd toe swaer nr 2 hulle met sy toepaslike apparaatjie onder oog gehad het. Toe die Broers wegvlie, toe laat loop hy maar met die haelpomp. Hy vertel dat hy net klippe sien spat het om hulle, maar gelukkig het niemand bly lê nie, want dan was dit nou weer 'n ander gemors.

Daar is toe opvolgpatrollies gehou waar die ontnsappingsroete ontdek is, so volgende keer weet ons…

Die nuutste is dat dit met die donkerwordende maan stil is en almal begin 'n bietjie ontspan. Intussen soek ek vir nog toerusting en begin dink aan spoorsnyhonde. Onwillekeurig kom dit by my op dat ek my twee jaar diensplig eers in 1 SAI en toe in MLV en Pantserskool voltooi het juis om die gemors van die huis af weg te hou. Te danke aan De Klerk, ondersteun deur die meerderheid Afrikaners en blankes in die algemeen, is die bosoorlog nou binne-in ons midde.

Suiwer gaan ons gesuiwer word, dis vir seker.

 

Creature from the Black Lagoonлобановский александр компромат

Sydney Gregan moet verban word

Spyker oppie kop, redakteur, met die mening oor hierdie klomp Afrikaners of eertydse Afrikaners wat nou so oorloop van bewondering vir Helen Suzman. Maar veral daardie laaste punt oor die anti-etniese Suzman wat toe tog 'n etnies Joodse begrafnis verkies, is uitmuntend.

Ek wil sommer hier ernstig beswaar aanteken teen die plasing van 'n brief van Sydney Gregan van die Afrikaner Voksparty. As 'n "liberale demokraat" is ek sterk en driftig ten gunste van die vryheid van spraak en mening vir almal – behalwe vir diegene wat dit nie vir ander gun nie. Gaan kyk gerus na die jongste uitgawe van Gregan se party se elektroniese nuusblad, Volkstem, en die liederlike, totaal ongegronde aanval op Radio Pretoria wat daar sommer as "'n Pro-ANC-verkiesingsagent"  bestempel word – en dit blykbaar omdat Radio Pretoria soms steun vir die VF+ laat blyk. En in Gregan se brief op die Praagblad word enigeen wat nie voldoen aan sy vereistes nie, skynbaar nie aanvaar as 'n Afrikaner nie.  Jy stem saam met hulle, jy aanvaar hulle sieninge en beleid of jy is 'n verraaier. Aitsa!

Ek is ook 'n groot voorstander van 'n eie Afrikanertuisland – hoe klein ook al, maar ek pleit nou al dat indien dit eendag bereik sou word (helaas, seker nie in my tyd nie) moet Gregan en sy party uit daardie gebied verban word en gedwing word om in "swartland" te bly. Sulke bekrompe, onverdraagsames hoort nie in die Afrikanervolk nie – gewis nie as leiers nie.

лампы светильникиалександр лобановский харьков

Die Afrikaner sal weer ‘n ware leier kry

As mens deeglik bewus is van die tekens van die tye en dít wat deur Siener van Rensburg voorspel is, is dit eintlik op die huidige oomblik voortydig om te sê daar bestaan geen Afrikanerleier wat in die afsienbare toekoms die Afrikaner gaan verenig nie. Dat daar tans nie een in die openbaar bestaan nie, is wel waar. Soos tereg gesê, die VF+ verteenwoordig nie alle Afrikaners nie, so ook nie die DA en andere nie.

Die fout wat D.H. Fourie in sy brief Wie is die sogenaamde 'Afrikanerleiers'? maak, is dieselfde as wat die VF+ maak. As jy deelneem en deel is van ‘n parlement en proses met 'n Afrikasosialistiese, sogenaamde demokratiese staat, aanvaar jy die seggenskap van ‘n party soos die ANC en jy aanvaar die nuwe Suid-Afrika. Daarmee gee jy in beginsel erkenning aan ‘n swart meerderheidsregering, die Handves van Menseregte, die huidige grondwet en “nie-rassigheid.” D.H. Fourie is neerhalend oor regse Afrikaners. Linkses het regse Afrikaners ook baie al afgekraak, gekasty en verneder – die gebruik van woorde soos "verkramptes" en "rassiste" het al 'n kenmerk van die linkse media geword.

Bogenoemde is alles wat die Afrikaner marginaliseer. Die gedurige herinnering aan die Afrikaner dat hy moet skuldig voel oor die verlede en apartheid is eintlik die wig wat tussen blanke Afrikaners ingedryf word;  ek verwys na die Afrikaner as blanke. Op alle gebiede – sport, godsdiens, ekonomie, kultuur, politiek – word ons gedurig daaraan herinner hoe verkeerd en "onmenslik" dit was. Linkses onder Afrikaners sê ons moet versoen. Versoen? Beteken dit om op die plaas of in die stad vermoor te word of op grond van velkleur nie 'n werk of besigheid te verkry nie?

Dat die KVP of COPE die antwoord is, betwyfel ek. Weereens soos met KODESA, word Afrikaners en ander blankes mislei. Dat ‘n ander "nie-rassige" party ons van onderdrukking gaan verlos, is ‘n leuen. In die eerste plek is COPE net nog 'n linkse party wat die regte geluide maak voor die verkiesing om ook blanke stemme te werf. Daar is absoluut geen waarborg dat hulle hul verkiesingsbeloftes gaan nakom nie.

Die Afrikaner moet lig loop vir wolwe in skaapsklere al is hulle ook blank. COPE dra nie die Afrikaner se belange op die hart nie. 'n Leier soos Lekota kan jy in elk geval nie vertrou nie – sy ampstermyn as minister van verdediging laat veel te wense oor. COPE is net nog ‘n "reënboognasie"-party wat die ANC-resep volg soos voor die '94-verkiesing en ná Mandela se ampstermyn verstryk het.

Die Afrikaner sal weer 'n ware leier kry, dit is seker.

купить в киевеФільчаков Олександр Васильович

2009 is ons jaar

Die jaar 2009, lyk dit vir my, gaan aan die kant van die Afrikaner wees. Ons moet net nie gras onder ons voete laat groei nie.

Daar kom al hoe meer geluide uit Afrikanergeledere, dat ons moet verenig. Natuurlik is dit belangrik, maar ons moet net sorg dat die liberaliste, sosialiste en kommuniste onder ons nie die pas aandui nie. Al is die VF+ 'n klein party, en al stem die meeste Afrikaners soos 'n klomp idiote vir die DA, wat nog nooit in sy lewe iets goeds vir die Afrikaner of sy taal gedoen het nie, is dit belangrik dat ons wat eendersdenkend is, sal saamstaan.

Die Europese Unie staan nou onder nuwe voorsitterskap; die VF+ het daarin geslaag om die Afrikaner – vir die eerste keer in dekades – op die internasionale kaart te kry; en daar is groeiende geesdrif onder Afrikaners om te konsolideer.

Ek doen 'n beroep op Afrikaners om in alle "doen en late" die eenheidsgedagte – "Eendracht maakt macht" – in gedagte te hou. Ons land is nie meer tot die grense van die RSA beperk nie, ons volk is oor die hele aarde versprei, en ons bewoon nou die hele aarde.

Maar,… dit is nog steeds nodig dat ons 'n gedeelte van ons vaderland fisies sal beset. Pretoria, Orania, Lambertsbaai, Mosselbaai, Jeffreysbaai, Richardsbaai of waar ook al, laat ons mekaar ondersteun daar waar reeds sukses is, of waar die beloftes vir sukses groot is.

Onthou, demografie was nog altyd die Afrikaner se groot vyand! Laat ons saamstaan en konsolideer.

наборы детской косметикилобановский александр игоревич

Winde van verandering in Wes-Europa

Image

Jacob Mouw

Die aktuele nuusberig oor die geniale Nederlander Geert Wilders verwys.

David Horowitz is 'n invloedryke meningsvormer van die VSA, en met die direkte steun en beskerming van Israel, is dit vir my as gebore Nederlander wat die publieke opinie in my kultuurbodem intiem ken, 'n seker saak dat Geert Wilders bestem is om binnekort die premier van Nederland te word en as sulks ook uiteindelik die roterende EU-presidentpos te beklee.

 

Harold Macmillan het Verwoerd gewaarsku oor die winde van verandering wat oor Afrika en Apartheid-Suid-Afrika sou waai, maar nou waai die winde van verandering oor Wes-Europa.
 
Verwoerd het geglo dat die gety in die Weste sou draai, en met Geert Wilders is dit tans besig om siender oe te gebeur!
 
Nasionalistiese Afrikanerleiers mag nie hierdie gigantiese geleentheid laat verbygaan nie. Afrikaans is baie naby aan die Nederlandse taal en Afrikaners is deel van die Westerse kultuur. Trouens, Afrikaners kan met reg aanspraak maak op die personifikasie van die Christelike gedeelte in die benaming van ons "Joods-Christelike" Beskawing.
 
In die prakryk kan hul as Nederlands-Westerse Kultuurgroep by die 185-kommissie registreer, om sodoende tot Geert Wilders se boodskap by te dra. 
 
Geert Wilders se Party Voor Vryheid in Afrikaans staan ook vir Party Vir Vryheid.
 
'n Plaaslike Afrikaanse tak van die PVV in Suid-Afrika is finansieel moontlik met die strategiese oor van die Israel-ambassade in Pretoria en die simpatieke steun van mede-blanke Joodse Westerlinge in Suid-Afrika, noudat die volkstaat Israel as die Oosterse bakermat van die Westerse beskawing en volksdemokrasie, deur die ANC en ander liberales in die openbaar en die VN-Veiligheidsraad veroordeel word weens Israel se noodweeroptrede teen radikale Islamofasciste en anti-sekulêre Koranterroriste in Gasa. 
 
Is Geert Wilders die Nederlandssprekende De la Rey wat die Boere sal lei?
 
Google "Geert Wilders Wiki" en besluit self, maar een feit kan Afrikaners so lank in klip uitkap: Geert Wilders gaan glad nie vermoor word nie, maar pro-Afrikaner-premier van Nederland, en pro-Afrikaner-president van die Europese Unie word.
 
U het dit eerste op www.praag.co.za gelees.

купить школьный рюкзакФільчаков Олександр Васильович прокурор