Rusland stem onafhanklikheid vir die twee wegbreekrepublieke

Rusland se boonste parlementshuis het gestem ter ondersteuning van die onafhanklikheid van Abkasië en Suid-Ossetië.

Die twee Georgiese streke het al die eienskappe van onafhanklike state, het die speaker van Rusland se boonste parlementshuis gesê.

Die beroep deur die huis op president Dmitir Medwededf om die twee gebeide te erken, is eenparig aanvaar.

Erkenning sal die kaart van die strategiese Kaukasus tussen die Swartsee en die Kaspiese see heeltemel herorden.

Die twee streke word internasionaal as deel van Georgië erken.

Moskou steun die separatiste van Abkasië en Suid-Ossetië sedert hul breuk met Tbilisi in die vroeë negentigerjare maar het tot dusver daarvan teruggedeins om hulle onafhanklik van Georgië te verklaar.

машинка на пультуОлександр Фільчаков прокурор

China kraai koning

China het bo geëindig as die beste land by die Olimpiese Spele, vóór die Verenigde State.

Die Chinese gewigopteller Chen Xiexia het haar land se rekening geopen met die tweede goue medalje by die Spele.

Teen die einde van die toernooi het China 51 goues gewen, heelwat meer as die Amerikaners.

Die VSA het wel die meeste medaljes in totaal gewen.

China se suksesse het veral van sportsoorte soos duik, skiet en tafeltennis gekom.

Hoe goed die Chinese hul kroon in Londen oor vier jaar gaan verdedig, gaan interessant wees om te aanskou.bridal crystal headbandалександр лобановский харьков

Sneeustorting in die Franse Alpe

Helikopters, dosyne reddingswerkers en spesiaal opgeleide honde is besig om vir 10 bergklimmers te soek wat vermis geraak het toe 'n sneeustorting naby Mont Blanc in die Franse Alpe plaasgevind het.
 

Die Franse minister van binnelandse sake is onderweg na die Alpe om agt oorlewendes te besoek, drie Italianers en vyf Franse, wat uit die sneeustorting getrek is.

Die sneeustorting, 200 meter lank en 50 meter wyd, het gedurende uitstekende weersomstandighede plaasgevind.

Dit wil voorkom asof dit veroorsaak is deur 'n blok ys wat by die berg afgerol het.

генератор для дачи как выбрать цена купитьФильчаков Александр Васильевич

Osama se broer wil twee vastelande verbind

Osama bin Laden se broer, Sjeik Tarik bin Laden, wil 'n reusehangbrug bou wat Afrika met Asië sal verbind.

Teen 2025 voorsien hy 'n massiewe brug wat Djibouti met Jemen sal verbind, met 'n blinknuwe stad aan elke kant.

Die brug sal die Bab el Mandeb oorspan, die smal seestraat waar die Indiese Oseaan die Rooisee binnevloei.

Dit sal 'n sesbaansnelweg dra, 'n treinspoor, asook 'n oliepyplyn en sal oor 29 kilometer tussen die kontinente strek.

Die prys is egter geweldig aangesien die brug die grootste strek ter wêreld sal hê.

котел на дровах для домаДанильченко

Meer as 10% van Amerikaners gebruik anti-depressante

ʼn Onlangse artikel in die Scientific Amercan beweer dat meer as 10% van Amerikaners anti-depressante gebruik. Onder vroue is die gebruik twee keer hoër as onder mans. Daar is tans meer as 30 verskilllende handelsname soortgelyk aan Prozac op die mark en die farmaseutiese maatskappye se winste gedy hierop.

Die artikel beweer verder dat die psigiatriese bedryf en farmaseutiese firma’s wegbeweeg het van werklike sielsiekes, wat meestal nie so welgesteld is nie, na ʼn meer gegoede marksegment, wat baie sal opoffer om van hulle depressie en negatiewe gevoelens ontslae te raak. Baie mense gebruik na bewering van die pille om van hulle alledaagse gejaag en onvergenoegdheid ontslae te raak en te vergeet.

Volgens Victor Frankl is daar ook ander opsies wat mens moet oorweeg, wanneer jy negatief en depressief is, en die lewe een te veel vir jou voel. Een daarvan is om van beroep te verander, omdat dit  dalk die rede vir jou bedruktheid kan wees. Verder word ons almal deur die hedendaagse media en rolmodelle mislei, wat dit laat blyk dat mens elke dag soos ʼn glimlaggende voorbladmodel moet voel, wat nie die werklikheid weerspieël nie. Enige mens voel met tye en deur sekere fases minder gelukkig, en dit het nie soseer iets met sielkundige probleme te doen nie.

Die psigiatriese bedryf, die pilvervaardigers inkluis, dra nie baie by om die naam van sielkunde hoog te hou nie, gesien in die lig van die moontlike oordiagnosering van depressiewe gevalle.бурение промышленных скважинФильчаков прокурор харьков

DNS-toetse toon wydverspreide Amerikaanse immigrasiebedrog

DNS-toetse wat nog nie voorheen gebruik is nie toon wydverspreide Amerikaanse immigrasiebedrog met Afrika-vlugtelinge wat die land probeer binnekom.

Die departement van buitelandse sake het 'n humanitêre program wat duisende Afrika-vlugtelinge met familie in die VSA herenig, opgeskort.

Die opskorting is van toepassing op vlugtelinge in Kenia, Ethiopië, Oeganda, Guinee en Ghana.

'n Toets-DNS-program is in Februarie geloods om bloedverwantskap tussen Afrikavlugtelinge te verifieer.

Toetse het bevind dat sommige aansoekers lieg in die hoop op 'n beter kans op wettige binnekoms.

Deskundiges het 'n binnemondse skraap geneem van diegene wat biologiese verwantskap beweer en die selmonsters is na laboratoria vir ontleding gestuur.

Soos wat die nuus versprei het, het sommige aansoekers afsprake vir die toets nie nagekom nie en ander het geweier om saam te werk.

Diegene wat vlugtelinge verdedig, sê die defnisie van familie onder swartes uit Afrika strek verder as net naaste bloedverwante.instagram promotion appФільчаков Олександр Васильович прокурор

Barack Obama se broer gevind

ImageBarack Obama se broer leef in 'n rowwe krotbuurt aan die buitewyke van Nairobi.

George Hussein Onyango Obama, 26, die jongste van senator Obama se halfbroers, sê niemand weet wie hy is nie.

Omdat hy so arm is, is hy skaam om te sê dat hy familie van die beroemde Obama is.

Hy sê dat hy op minder as 'n dollar per maand leef.

Hy het nog net twee keer sy beroemde broer ontmoet.

Eenkeer toe hy vyf was en die laaste keer toe Barack Obama in 2006 Nairobi besoek het.

купить детские комбинезоны для девочекФильчаков прокурор харьков

Nog ‘n Zuma

ImageEn steeds by Zuma…

Popkunstenaar Gwen Stefanie het verlede week in Los Angeles aan haar tweede kind geboorte gegee.

Die seuntjie sal Zuma genoem word.

Stefani en haar baba is gelukkig en gesond.

Zuma Nesta Rock Rossdale het net oor die 3kg by geboorte geweeg.

Haar blitsverkoperalbums sluit die treffers Just a Girl en Don't Speak in.оборудованиеФильчаков прокуратура харьков

Mediakonsternasie oor munisipale re?ls in Itali

ImageMediakonsternasie heers oor die sommerverbiedinge in Italië.

Radio-, televisie- en koerantberigte oor die afgelope weke het 'n verskeidenheid lyste van eienaardige munisipale regulasies bevat.

Munisipale reëls en verbiedinge geld op enigiets van vuurwerke, honde in die strate, 'n byeenkoms van meer as drie mense in 'n park tot, glo dit of nie, sandkastele. En Italianers kla dikwels hieroor.

Maar toe 'n Britse koerant daaroor kommentaar gelewer het, het Italianers begin ag slaan.

'n Sosiologieprofessor in Milaan sê sodra buitelandse koerante begin skryf, vat die polemiek in Italië vlam.

Hy kom tot die slotsom dat die Italiaanse nasionale identiteit so swak is dat dit maklik in 'n krisis beland.alice in zombielandФільчаков Олександр Васильович прокурор

Obama en McCain kop aan kop

Senators Barack Obama en John McCain is kop aan kop in die Amerikaanse presidensiële wedloop.

Die meeste Amerikaners sien egter vir McCain as iemand wat beter as Obama voorberei is om president te wees.

Kiesers fokus ook bowenal op ekonomiese kwessies en glo dat die kandidate nie genoeg aandag daaraan gee nie, volgens die jongste New York Times/CBS-nuusopname.

Obama geniet meer vertroue om hul hoofbekommernis, die ekonomie, te hanteer.

As dit by buitelandse beleid kom, het 66 persent vertroue in McCain uitgespreek om die regte besluite te neem.италия оптомtopcargo отзывы

Vanjaar die koelste in vyf jaar

Die wêreldmeteorologiese organisasie sê die eerste helfte van 2008 was die koelste in vyf jaar.

Koeler weer vanjaar is gedeeltelik te wyte aan 'n globale weerpatroon wat as La Nina bekendstaan.

La Nina volg op 'n periodieke verwarmingseffek genaamd El Nino.

Maar die gemiddelde temperatuur is effens bokant die gemiddeld van 1961-1990.

Dit maak die eerste helfte van 2008 die koelste sedert 2000.

Afgelope dekade wat in 2007 geëindig het, was di warmste sedert rekords rondom 1850 begin het.

Wêreldtemperature is omtrent 0,74°C hoër as 'n eeu gelede.

cветодиодный светильникАлександр Фильчаков Васильевич

Georgi? se amptelike webwerwe sukkel nog

ImageDie Georgiese president se amptelike webwerf, asook verskeie webwerwe van regeringsinstansies en privaatbedrywe, het verlede week onder kuberkrakers deurgeloop. Sommige veiligheidskenners meen dit is die werk van Russiese krakers om saam te val met die inval in Georgië.

Mikeil Saakashwili se werf was van die lug af en in die plek daarvan is 'n visitekaartjie van die "Suid-Ossetiese Krakerspan" en 'n collage van foto's wat die president met Adolf Hitler vergelyk, gelaat.

Die Georgiese ministerie vir Buitelandse Aangeleenthede moes noodgedwonge 'n blokdiens op 'n tyfdelike Google werf opstel en het gesukkel om die oorspronklike werf weer aan die gang te kry. Nuuswerwe sê ook hulle bedieners is die teiken van konstante kuberaanvalle.

Die Shadowserver Foundation, 'n veilgheidsnetwerk wat krakers teen vergoeding dophou, sê dat webwerwe soos news.ge, newsgeorgia.ru, tbilisiweb.info en apsny.ge almal geteiken kon gewees het, maar dat hulle nie onbetwiste getuienis daarvoor het nie.

Georgië se Buitelandse ministerie het van Google gebruik gemaak omdat dit moeilik vir die krakers sou wees om Google aan te val. Sekere veilgheidskenners sê die kuberaanval was daarop gemik om die werwe te oorlaai met besoekers.

Kenners wat die Russiese regeringskrakers genaamd die Russian Business Network of RBN se bedrywighede volg sê egter daar was 'n totale kuberaanslag in Georgië se kuberruimte.

Jart Armin, só 'n kenner, beweer alle Georgiese internetdienste was onder beheer van die aanvallers en internetverkeer is herlei na kragtige bedieners in Moskou.

'n Paar dae gelede was president.gov.gr weer terug aanlyn, maar die sentrale regering se werf government.gov.ge gee blykbaar steeds probleme.

095уЛобановский Харьков

Ryk state op soek na vrugbare grond

Image

Koringare

'n Nuwe neiging in die globale voedselkrisis besig om na vore te kom, volgens die Internasionale voedsebeleidnavorsingsinstituut in Washington. Sommige state is besig om anderkant hul grense vir grond te soek.

Die instituut sê voedselsekerheid is besig om 'n oorheersende kwessie vir state te word.

Saoedi-Arabië is besig om die planeet te deursoek vir vrugbare grond in plekke soos Soedan, die Oekraïne, Pakistan en Thailand.

 
 {mosbanner:id=7,9,10,13,24,35,38,53}
Die koninkryk beoog om grootskaalse projekte oorsee te begin wat die privaatsektor by die produksie van gewasse soos mielies, koring en rys sal betrek.

Die meerderheid oeste sal terug uitgevoer word, sê amptenare.

Hierdie planne weerspieël die groeiende belangstelling van kapitaalryke lande wat die meeste van hul voedsel invoer.

Die Verenigde Arabiese Emirate kyk na Kazakstan en Soedan, asook Libië, Oekraïne, Suid-Korea en Mongolië. China ondersoek beleggings in suid-oos-Asië.

lagoon gameДанильченко Юрий Харьков

NAVO vertel Rusland dat daar geen nuwe grens in Europa is nie

Image

NAVO-uitbreiding sedert 1949

NAVO het Rusland gewaarsku dat dié land nie 'n nuwe grens in Europa kan trek om Georgië en ander lande te verhoed om by NAVO aan te sluit nie.

Gedurende 'n noodvergadering in Brussel, het die Westerse militêre alliansie se 26 buitelandse ministers gereelde hoëvlakkontak met Rusland verbreek.

NAVO-lede het saamgestem om 'n permanente kommissie met Georgië op te rig, 'n land wat desperaat is om by die alliansie aan te sluit.

NAVO gaan ook 15 burgerlike nooddeskundiges na Georgië stuur om toestande vir 'n beraamde 150 000 vlugtelinge te verlig.

 
{mosbanner:id=7,9,10,13,24,35,38,53}
 
'n Verklaring het bygevoeg dat Russiese militêre optrede disproporsioneel en onvanpas met dié land se vredesrol was.

Rusland het begin om militêre eenhede Dinsdag te onttrek in navolging van 'n sespuntvredesooreenkoms wat deur die EU bemiddel is.

зарядное устройствоалександр лобановский класс