Georgi? se amptelike webwerwe sukkel nog

ImageDie Georgiese president se amptelike webwerf, asook verskeie webwerwe van regeringsinstansies en privaatbedrywe, het verlede week onder kuberkrakers deurgeloop. Sommige veiligheidskenners meen dit is die werk van Russiese krakers om saam te val met die inval in Georgië.

Mikeil Saakashwili se werf was van die lug af en in die plek daarvan is 'n visitekaartjie van die "Suid-Ossetiese Krakerspan" en 'n collage van foto's wat die president met Adolf Hitler vergelyk, gelaat.

Die Georgiese ministerie vir Buitelandse Aangeleenthede moes noodgedwonge 'n blokdiens op 'n tyfdelike Google werf opstel en het gesukkel om die oorspronklike werf weer aan die gang te kry. Nuuswerwe sê ook hulle bedieners is die teiken van konstante kuberaanvalle.

Die Shadowserver Foundation, 'n veilgheidsnetwerk wat krakers teen vergoeding dophou, sê dat webwerwe soos news.ge, newsgeorgia.ru, tbilisiweb.info en apsny.ge almal geteiken kon gewees het, maar dat hulle nie onbetwiste getuienis daarvoor het nie.

Georgië se Buitelandse ministerie het van Google gebruik gemaak omdat dit moeilik vir die krakers sou wees om Google aan te val. Sekere veilgheidskenners sê die kuberaanval was daarop gemik om die werwe te oorlaai met besoekers.

Kenners wat die Russiese regeringskrakers genaamd die Russian Business Network of RBN se bedrywighede volg sê egter daar was 'n totale kuberaanslag in Georgië se kuberruimte.

Jart Armin, só 'n kenner, beweer alle Georgiese internetdienste was onder beheer van die aanvallers en internetverkeer is herlei na kragtige bedieners in Moskou.

'n Paar dae gelede was president.gov.gr weer terug aanlyn, maar die sentrale regering se werf government.gov.ge gee blykbaar steeds probleme.

095уЛобановский Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae