Mnr. Maboe Mphaka, ’n senior bestuurder by Eskom sê hulle sukkel die meeste met kragdiewe in Soweto.
Tussen 30% en 40% van al die residensiële krag in Soweto is gesteelde krag.
Mphaka sê verbruikers wat nie hul krag betaal nie, is nie eens ingesluit by dié syfers nie.
Die dagblad Beeld berig dat onafhanklike ontleders sê dat beurtkrag die ekonomie jaarliks tot R200 miljard kan kos.
’n Skokkende statistiek is dat as die diefstal van elektrisiteit gestuit kan word en as krag doeltreffender gebruik word, sal die elektrisiteit wat bespaar word, gelykstaande wees aan twee basisvlak-kragstasies, volgens een ontleder.
Só ’n kragstasie kos sowat R80 miljard en neem tussen vier en agt jaar om in bedryf te bring.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.