Die instituut sê voedselsekerheid is besig om 'n oorheersende kwessie vir state te word.
Saoedi-Arabië is besig om die planeet te deursoek vir vrugbare grond in plekke soos Soedan, die Oekraïne, Pakistan en Thailand.
{mosbanner:id=7,9,10,13,24,35,38,53}
Die koninkryk beoog om grootskaalse projekte oorsee te begin wat die privaatsektor by die produksie van gewasse soos mielies, koring en rys sal betrek.
Die meerderheid oeste sal terug uitgevoer word, sê amptenare.
Hierdie planne weerspieël die groeiende belangstelling van kapitaalryke lande wat die meeste van hul voedsel invoer.
Die Verenigde Arabiese Emirate kyk na Kazakstan en Soedan, asook Libië, Oekraïne, Suid-Korea en Mongolië. China ondersoek beleggings in suid-oos-Asië.
