Mandela se huis gaan museum word

Die voormalige Suid-Afrikaanse president Nelson Mandela het sy huis in Kaapstad aan die stad oorgeteken om as lewende museum gebruik te word.

Jakes Gerwel, voorsitter van die Mandela Rhodes-stigting, sê dat die huis Mandela se enigste woning buite die gevangenis in die Weskaap was.

Lynne Brown, die Weskaapse premier, het gesê dat die projek 'n belegging in jongmense sal wees deur jeugleierskapsprogramme te huisves.

Die stigting het ook aangekondig dat Mandela se prestige-ryke beursprogram deur groot skenkings gestyf is.

Mandela het nie gedurende die bekendstelling gepraat nie.

ABSA het R10,5 miljoen geskenk en die Londense Leverhume-trust het £2,5m oorgedra.

Die donasies sal gebruik word vir 'n verdere 13 beurse per jaar wat aan swartes uitgeloof sal word.

ландшафтное освещение садаАлександр Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae