Meer as 10% van Amerikaners gebruik anti-depressante

ʼn Onlangse artikel in die Scientific Amercan beweer dat meer as 10% van Amerikaners anti-depressante gebruik. Onder vroue is die gebruik twee keer hoër as onder mans. Daar is tans meer as 30 verskilllende handelsname soortgelyk aan Prozac op die mark en die farmaseutiese maatskappye se winste gedy hierop.

Die artikel beweer verder dat die psigiatriese bedryf en farmaseutiese firma’s wegbeweeg het van werklike sielsiekes, wat meestal nie so welgesteld is nie, na ʼn meer gegoede marksegment, wat baie sal opoffer om van hulle depressie en negatiewe gevoelens ontslae te raak. Baie mense gebruik na bewering van die pille om van hulle alledaagse gejaag en onvergenoegdheid ontslae te raak en te vergeet.

Volgens Victor Frankl is daar ook ander opsies wat mens moet oorweeg, wanneer jy negatief en depressief is, en die lewe een te veel vir jou voel. Een daarvan is om van beroep te verander, omdat dit  dalk die rede vir jou bedruktheid kan wees. Verder word ons almal deur die hedendaagse media en rolmodelle mislei, wat dit laat blyk dat mens elke dag soos ʼn glimlaggende voorbladmodel moet voel, wat nie die werklikheid weerspieël nie. Enige mens voel met tye en deur sekere fases minder gelukkig, en dit het nie soseer iets met sielkundige probleme te doen nie.

Die psigiatriese bedryf, die pilvervaardigers inkluis, dra nie baie by om die naam van sielkunde hoog te hou nie, gesien in die lig van die moontlike oordiagnosering van depressiewe gevalle.бурение промышленных скважинФильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae