Die twee Georgiese streke het al die eienskappe van onafhanklike state, het die speaker van Rusland se boonste parlementshuis gesê.
Die beroep deur die huis op president Dmitir Medwededf om die twee gebeide te erken, is eenparig aanvaar.
Erkenning sal die kaart van die strategiese Kaukasus tussen die Swartsee en die Kaspiese see heeltemel herorden.
Die twee streke word internasionaal as deel van Georgië erken.
Moskou steun die separatiste van Abkasië en Suid-Ossetië sedert hul breuk met Tbilisi in die vroeë negentigerjare maar het tot dusver daarvan teruggedeins om hulle onafhanklik van Georgië te verklaar.
