Suid-Afrika onder druk om Indiese kernprogram te stuit

Suid-Afrika word deur anti-kernkraggroepe gevra om Indië se poging teen te staan om kernbrandstof en -tegnologie aan te koop.

Die Pelindaba-werksgroep het op 'n beroep op Suid-Afrika se minister van buitelandse sake gedoen om Indië se vrystelling van die Kernverskaffersgroep van 45 lande se reëls teen te staan.

Die koördineerder van die PWG Dominique Gilbert sê dat Indië vrystelling wil hê van 'n ooreenkoms wat die land in 2006 met die Verenigde State aangegaan het.

Suid-Afrika het blykbaar Indië van sy onvoorwaardelike steun in die saak verseker.

Gilbert sê dat die Amerikaans-Indiese ooreenkoms daarop neerkom dat Indië die voordele van 'n kernwapenstaat ontvang, ondanks die feit dat Indië kerwapens buite die kernsperverdrag om ontwikkel het.

Die Pelindaba-werksgroep is 'n lid van die nasionale koalisie teen kernkrag.

светильник круглый встраиваемый светодиодный downlightФільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae