SA staar geweldige verstedeliking in die gesig

ImageMiljoene mense is besig om in krotbuurte buite stede en dorpe regoor die land in te trek.

Suid-Afrika staar verstedeliking op 'n geweldige skaal in die gesig soos wat mense teen 'n koers van meer as 'n miljoen per jaar instroom.

Dit het veroorsaak dat byna 3 000 krotbuurte ontstaan het, volgegns die minister van veiligheid en sekuriteit Charles Nqakula.

Die PWV-gebied het 639 krotbuurte. Dit word gevolg deur Kwazulu-Natal met 618 en die Ooskaap met 416.

'n Studie wat deur die departement van behuising onderneem is, het onthul dat tussen 1996 en 2001 5,5 miljoen mense oor Suid-Afrika getrek het.

Dié interne migrasie, tesame met 'n vloedgolf onwettige immigrante oor Suid-Afrika se grense heen, veroorsaak 'n ernstige probleem vir wetstoepassing.

тамбов пеногенераторы,Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae