Die semistaatsmaatskappy Transnet ontkent dat dit 'n deel van Tafelbaai aan beleggers verkoop het.
Ramos het ook bewerings verwerp dat wesentlike inligting van sekere bieërs in die Waterfronttransaksie weerhou is, of dat die wenbieër toegelaat is om sy bod te verhoog.
Sy het die suggestie dat Transnet 'n R20-miljardrandeis in die gesig kon staar indien wetgewing deurgaan om kusgebiegrond openbare eiendom te maak, verwerp.
Die Sunday Times staan by sy storie.
