Bewegingsvryheid onversoenbaar met lae misdaad

ImageDie Sentrum vir die Studie van Geweld en Versoening het so pas 'n verslag vrygestel waarin beweer word dat ongelykheid geweld veroorsaak. Soos gewoonlik het koerante en webwerwe in die Naspersstal dié mening vir soetkoek opgevreet, maar op die armoedkwessie gefokus.

 

Onder die opskrif,  Skop, skiet, foeter – die redes , beweer Beeld in 'n voorbladberig: "Alarms, hoë heinings, veiligheidshekke, vuurwapens, alkohol en armoede is van die faktore wat tot die toename in geweldsmisdade in die land bydra."

Met ander woorde, hier vind ons  'n blote herhaling van die vals cliché dat misdaad sogenaamd te wyte sou wees aan armoede.

 
Lees mens egter die berig, asook die verslag met meer aandag, kom jy agter dat dit geensins is wat die verslag sê nie. Die verslag lui dat ongelykheid, en nie armoede op sigself nie, tot misdaad lei. Dit is ook wat nasionale statistieke in Suid-Afrika aantoon: van die armste provinsies soos Limpopo en die Noordkaap het tewens die laagste misdaadkoers.

Die joernalis wat die berig geskryf het, het dus klaarblyklik nie verstaan wat die verslag sê nie.

Kom ons oorweeg nietemin die bevindings van die verslag. Dit blyk dat nie armoede soseer nie, maar ander mense se rykdom 'n oorsaak van misdaad is. Voorts is daar aanduidings dat die disintegrasie van gesinne en gemeenskappe bydra tot veral geweldsmisdaad.

In die Limpopo-provinsie is daar byvoorbeeld nog 'n sterk stelsel van hoofmanne en tradisionele leierskap. Daar is gevolglik dissipline en struktuur in die samelewing, met 'n gepaardgaande lae misdaadkoers. Daar is nie so 'n groot aantal rykmansbuurte in Limpopo nie.

In Gauteng, daarenteen, is daar ongelykhede. Sandton is langs Alexandra. In Alexandra is daar voorts bitter min familiestrukture en gevolglik geen dissipline nie. Die inwoners van Sandton, onder andere, betaal die prys daarvoor. Hulle word vermoor, beroof en verkrag omdat dinge langsaan skeefgeloop het.

Volg dit nie dus logieserwys dat die ongebreidelde vryheid om te plak en te beweeg net waar mens wil (ook vir onwettige immigrante), gaan sorg dat misdaad vir ewig met ons sal wees nie? Dit is geregverdig om te sê dat daar slegs twee keuses is: die samelewing laat hetsy toe dat elkeen beweeg en woon presies net waar hy wil, of mense se vryheid van beweging en vestiging word weliswaar beperk, maar die misdaadkoers neem af.

Dis 'n strak keuse. Die prys wat party burgers vir sommige se vryheid van beweging betaal, is letterlik om hulle lewens, besittings en veiligheid te verloor.

Vir my klink die verslag na 'n sterk argument ten gunste van tradisionele leierskap en instromingsbeheer. So nie, is een van die wêreld se hoogste misdaadkoerse hier om te bly.камин в маленькой комнатеДанильченко Юрий Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae