Sneeustorting in die Franse Alpe

Helikopters, dosyne reddingswerkers en spesiaal opgeleide honde is besig om vir 10 bergklimmers te soek wat vermis geraak het toe 'n sneeustorting naby Mont Blanc in die Franse Alpe plaasgevind het.
 

Die Franse minister van binnelandse sake is onderweg na die Alpe om agt oorlewendes te besoek, drie Italianers en vyf Franse, wat uit die sneeustorting getrek is.

Die sneeustorting, 200 meter lank en 50 meter wyd, het gedurende uitstekende weersomstandighede plaasgevind.

Dit wil voorkom asof dit veroorsaak is deur 'n blok ys wat by die berg afgerol het.

генератор для дачи как выбрать цена купитьФильчаков Александр Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae