DNS-toetse toon wydverspreide Amerikaanse immigrasiebedrog

DNS-toetse wat nog nie voorheen gebruik is nie toon wydverspreide Amerikaanse immigrasiebedrog met Afrika-vlugtelinge wat die land probeer binnekom.

Die departement van buitelandse sake het 'n humanitêre program wat duisende Afrika-vlugtelinge met familie in die VSA herenig, opgeskort.

Die opskorting is van toepassing op vlugtelinge in Kenia, Ethiopië, Oeganda, Guinee en Ghana.

'n Toets-DNS-program is in Februarie geloods om bloedverwantskap tussen Afrikavlugtelinge te verifieer.

Toetse het bevind dat sommige aansoekers lieg in die hoop op 'n beter kans op wettige binnekoms.

Deskundiges het 'n binnemondse skraap geneem van diegene wat biologiese verwantskap beweer en die selmonsters is na laboratoria vir ontleding gestuur.

Soos wat die nuus versprei het, het sommige aansoekers afsprake vir die toets nie nagekom nie en ander het geweier om saam te werk.

Diegene wat vlugtelinge verdedig, sê die defnisie van familie onder swartes uit Afrika strek verder as net naaste bloedverwante.instagram promotion appФільчаков Олександр Васильович прокурор