Lessing sal nie Nobelprys gaan haal

Doris Lessing sal waarskynlik nie op 10 Desember haar Nobelprys ter waarde van ongeveer R10 miljoen self in ontvangs kan neem nie omdat haar gesondheid nie na wense is nie en sy deur haar artse afgeraai is om te reis. Haar ontvangsrede sal opgeneem word en op 7 Desember in Stockholm aan die gehoor teruggespeel word. Dié aankondiging is deur die Nobelstigting germaak.

Lessing, gebore Taylor, het die van van haar tweede eggenoot, Gottfried Lessing, behou. Gottfried Lessing is in 1979 as diplomaat van die DDR in Oeganda vermoor. Die skrywer weet steeds nie wie verantwoordelik was vir sy dood nie en meen dit kon swartes of selfs die KGB gewees het.

In ‘n onderhoud wat ‘n paar jaar gelede met haar gevoer is, sê sy dat sy dink Mugabe kan deur iemand opgevolg word wat nog veel erger kan wees. Daarin beweer sy ook dat Afrika geen tradisie van demokrasie het nie. Die plase wat Mugabe van die wittes afgeneem het, bevestig sy, het hy aan sy ryk korrupte volgelinge gegee en nie aan die armes nie.

‘n Hele generasie sterf in Zimbabwe, maar haar vriende in dié land waarmee sy steeds kontak het, weier om te erken dat Vigs die oorsaak is. Dit is altyd "tuberkulose", volgens hulle. Sy glo ook dat Zimbabwiërs, meer nog as Europeërs, gek is na boeke want elke boek wat sy nog daarheen gestuur het is gesteel.

Die probleem is dat korrupte leiers altyd vir hulself sorg en eerder glorieryke projekte aanpak ter wille van selfverheerliking wat nie armoede aanspreek nie. Lessing is ‘n aanhanger van Suffisme, ‘n mistieke Islamgeloof.

купити іграшкиФильчаков Александр Васильевич

?Die swartman se vo?l veroorsaak hongersnood in Afrika?

Image

“Eintlik hou ek van Afrika…”

Die Franse skrywer en televisiester, Pascal Sevran, het onlangs ʼn herrie ontketen toe hy deur ʼn streekskoerant aangehaal is as sou hy gesê het: “Die swartman se voël veroorsaak hongersnood in Afrika.”

ʼn Geweldige storm het agterna losgebars en Sevran is deur allerlei swart verenigings van rassisme aangekla en daar is geëis dat hy deur die Franse staatstelevisiekanaal, France 2, afgedank word.

Sevran het om verskoning gevra indien enigiemand aanstoot geneem het en beweer dat hy eintlik “baie lief vir Afrika” en verkeerd aangehaal is. Die werklike woorde wat hy oor Afrika geskryf het, kom in sy boek, Le privilège des Jonquilles, voor:

“Niger. Onhoudbare foto-safari. ʼn Mens kom kinders by die skopgraaf vol teë in dié land (is dit ʼn land of ʼn begraafplaas?) waar die vrugbaarheidsyfer van vroue die hoogste ter wêreld is. Nege kinders gemiddeld per vrou. ʼn Ramp. Die skuldiges is maklik identifiseerbaar, hulle laat die spoor van hul misdade na deur links en regs te kopuleer (…), hulle kan daarmee aanhou want dis vir hulle lekker, niemand gaan dit teen hulle hou nie, wat ook ʼn misdaad teen die mensdom is: om kinders te maak, die enigste misdaad teen die mensdom wat nie strafbaar is nie. Daar word selfs vir hulle geld gestuur sodat hulle kan aanhou om hul bevolking uit te brei, om die dood te saai.”

In reaksie op kritiek, het Sevran op die radiostasie Europe 1 gesê: “En wat daarvan? Dis die waarheid! Afrika vrek weens al sy kinders wat gebore word sonder dat die ouers oor die middele beskik om hulle te voed. Ek is nie die enigste wat dit sê nie. Ons moet die helfte van die planeet steriliseer!”

Verder het Sevran gemeen: “Ek is niks aan enigiemand verskuldig nie. Ek sê wat ek wil en ek skryf wat ek wil! Om my as ʼn neo-Nazi te beskou, is ʼn mooi grap.”

Ironies genoeg was Sevran se ouers kommuniste van Spaanse afkoms en hy was ook ʼn segsman van die vorige sosialistiese president, François Mitterand. Tans is Sevran egter ʼn ondersteuner van die sentrum-regse president Nicolas Sarkozy. Die vorige sosialistiese kultuurminister, Jack Lang, het tydens die herrie sy steun aan Pascal Sevran toegesê deur te verklaar dat Sevran “opreg anti-rassisties” is.

Die staatstelevisiediens het egter ʼn waarskuwingsbrief aan hom gerig waarin die hoofuitvoerendebeampte, Philippe Baudillon, hom maan dat dit “ondenkbaar is om uitsprake wat blatant in stryd is met die waardes van die openbare uitsaaier in enige vorm of medium te versprei”.

Vanweë al die publisiteit het daar 50 000 eksemplare van die gewraakte boek, Dans le privilège des Jonquilles, verkoop.

jackpot casinoДанильченко Юрий отзывы

Sarkozy is nou keelvol vir die Moslems

Image

Genoeg is genoeg!

President Nicolas Sarkozy van Frankryk het in onlangse gesprekke met sy Europese eweknieë verwys na die feit dat daar tans “te veel Moslems in Europa is.” Op 21 September het hy vir Bertie Ahern, eerste minister van Ierland, ontvang, en op 3 Oktober was Frederik Reinfeldt, eerste minister van Swede, aan die beurt. Tydens beide ontmoetings het hy teen die Moslembevolking in Europa uitgevaar.

Hy het hom by hierdie twee geleenthede baie sterk oor die kwessie uitgespreek en spesifiek verwys na die probleme om hierdie immigrante in Europa te integreer. Hy het op “apokaliptiese wyse” die “beskawingskonflik” tussen Europeërs en hierdie Moslemgemeenskap beklemtoon. Dit is dan ook die rede waarom hy so sterk gekant is teen Turkye se toelating tot die Europese Unie.

Sarkozy is bekend vir sy ferm uitsprake. Nie te lank gelede nie het hy verwys na “Afrikane wat die idee van vooruitgang verwerp.”

Intussen bly die situasie in Villiers-le-Bel, immigrantebuurt aan die buitewyke van Parys, uiters gespanne. Die duisend addisionele polisiemanne wat na die gebied gestuur is, bygestaan deur ’n helikopter, sal daar bly totdat die situasie na normaal teruggekeer het. Die regering is op die oomblik hard aan die werk om op 22 Januarie ’n plan vir die opheffing van arm immigrantebuurte aan die parlement voor te lê. Volgens die Franse eerste minister François Fillon gaan die regering nie nou die projek aanjaag nie. “Ons sal nie aan ons laat voorskryf deur misdadigers wat op die polisie skiet nie,” het hy gister gesê.

сколько стоит циклевка паркеталобановский александр дети

Frankryk weer op pad na ?n krisis

Image

Chaos in Villiers-le-Bel

President Nicolas Sarkozy het ’n noodvergadering met sy kabinetslede vir later vandag belê. Dit volg op drie dae van geweld in die buitewyke van Parys. Die Franse president gaan verder besoek aflê by brandweermanne en polisiebeamptes in die hospitaal, wat ernstig beseer is tydens die gewelddadige insidente van die afgelope paar dae.

Alles het begin toe daar Sondag ’n ongeluk tussen ’n polisievoertuig en ’n motorfiets met twee jeugdiges in Villiers-le-Bel plaasgevind het. Die twee Noord-Afrikaanse tieners is op slag dood. Geweld het dieselfde aand nog in hierdie immigrantebuurt uitgebreek. Jong mans, almal uit Afrika afkomstig, het motors, asblikke en geboue aan die brand gesteek en polisiemanne aangeval. Die geweld het intussen uitgebrei van Villiers-le-Bel na vyf ander arm buurte buite Parys en ook na die immigrantebuurte van Toulouse, in die suide van Frankryk. Maandagaand is die munisipale biblioteek in Villiers-le-Bel afgebrand, asook ’n kleuterskool, verskeie restaurante en ’n motorhandelaar se winkel. Jongelinge het in brandende motors gespring en daarmee in geboue vasgery om brande te veroorsaak. Die verskil tussen die opstande van die 2005-opstande en die huidige geweld, is dat daar tans nie net meer klippe gegooi word nie. Jeugdiges skiet nou sonder skroom op polisiebeamptes. Sowat 1000 addisionele polisiemanne is gister na Villiers-le-Bel gestuur om die orde te probeer herstel.

Die owerhede het tot dusver streng opgetree. Agt jeugdiges is Dinsdag skuldig bevind en tot tronkstraf van 3-10 maande veroordeel. Gister het polisiehelikopters oor Villiers-le-Bel gesirkel en skerp ligte laat skyn in woonstelblokke om jeugdiges te keer om die geboue te verlaat. Maandag alleen is 70 motors in hierdie buurt aan die brand gesteek en 82 polisiemanne beseer, 10 van hulle deur koeëls. ’n Totaal van 120 polisiemanne is die afgelope drie dae in Parys en Toulouse beseer.

Sarkozy, wat tydens die onluste van 2005 minister van polisie-aangeleenthede was, het beloof om die huidige geweld ferm te hanteer. Jacques Myard, UMP-parlementslid vir die Yvelines-wyk buite Parys, het die probleem waarskynlik gister die beste opgesom: “Laat ons ons oë oopmaak: die probleem is nie ekonomies van aard nie. Dit handel hier oor ’n etnies-kulturele en anti-Franse gemeenskapsprobleem, geskep deur ’n buitelandse gemeenskap wat hier op ons bodem ontstaan het. Hulle teer op ’n anti-Franse rassisme, en dit terwyl hierdie geweldenaars Franse burgers is.” Die krisis sal volgens hom nie met “miljoene euro en welsynshulp” opgelos word nie. “Die enigste oplossing is om hierdie misdadigers in militêre eenhede op te neem en om hierdie oordrewe gemeenskapsidentiteit te vernietig, aangesien dit tot burgeroorlog kan lei.”

самовсасывающие насосы характеристикиФильчаков прокурор

Is 8 000 Keniane werklik dood?

Image

Mwai Kibaki

Volgens ’n groep Keniaanse regslui is meer as 8 000 Keniane al sedert 2000 tereggestel of doodgemartel. Die plaaslike polisie het dieselfde jaar met ’n klopjag begin teen lede van die verbanne Mungiki-sekte. Die Oscar-stigting beweer dat hulle 8 040 moorde gedokumenteer het en 4 070 ander gevalle aangeteken het waar slagoffers eenvoudig verdwyn het.

Eric Kiraithe, woordvoerder van die polisie, ontken egter die aantygings wat in die regslui se verslag gemaak word. Hy het die organisasie uitgedaag om name en besonderhede van slagoffers bekend te maak. Veiligheidsmagte het wel in Maart 2002, toe die Mungiki-sekte verban is na aanleiding van geweld in die krotbuurte van Nairobi, begin om lede van die sekte te teiken.

Waar die godsdienstige sekte eers uit jeugdiges bestaan het wat tradisionele rituele uitgevoer het, het die beweging volgens Keniaanse owerhede oor die jare verander in ’n bende wat sonder skroom afpersing en moord beoefen het. Vroeër vandeesmaand het die Keniaanse Nasionale Kommissie vir Menseregte die polisie daarvan beskuldig dat hulle tussen Junie en Oktober vanjaar 500 mans tereggestel het. Hierdie bewering is ook deur die polisie verwerp.

Die bewerings kom op die vooraand van die algemene verkiesing wat volgende maand in Kenia sal plaasvind. President Mwai Kibaki gaan poog om ’n tweede keer tot president verkies te word. Volgens meningspeilings gaan hy beslis wen. Hy is die kandidaat van ’n nuwe politieke alliansie genaamd die Party van Nasionale Eenheid.

купить тамбов диагностическое оборудованиеданильченко юрій броніславович компромат

Hernude geweld naby Parys

Image

Die polisiemotor op die toneel

Hernude geweld het Sondag in ‘n voorstad naby Parys, Villiers-le-Bel (Val-d’Oise), uitgebreek nadat twee tieners van onderskeidelik 15 en 16 in ‘n ongeluk met ‘n polisiemotor gedood is. Die polisiestasie van Villiers-le-Bel is aan die brand gesteek en die stasie van die aangrensende gemeenskap van Arnouville is geplunder volgens ‘n polisiewoordvoerder. Die tieners was albei seuns.

Teen 23h00 het "klein beweeglike groepies winkels, voetgangers en motoriste aangeval" om hulle te besteel, het dieselfde bron bevestig. Juweliersware uit ‘n pas geplunderde juwelierswinkel in Villiers-le-Bel is by een van die aanvallers gevind toe hy in hegtenis geneem is.

Die patrolliemotor was besig om ‘n roetinerit te onderneem, sonder blou waarskuwingsligte en het nie die toelaatbare spoed oortree nie. Net ná 17h00 het die motorfiets by ‘n kruising teen die polisievoertuig gebots, waarna die seuns op slag dood is. Die slagoffers het nie motorfietshelms aangehad nie.

‘n Inwoner in die omgewing het bykans ‘n uur later die polisie laat weet dat twee motors reeds uitgebrand is en dat tussen 50 en ‘n 100 "jeudiges", ‘n eufimisme vir swart en Arabiese inwoners, besig is om vullisdromme aan die brand te steek. Twee polisievoertuie, waaronder die kommissaris se motor, is uitgebrand.

Die vier polisiemotors wat inderhaas na die toneel gestuur is, moes omdraai nadat hulle deur die skare jeugdiges oorweldig is. ‘n Ooggetuie in die buurt het dit gadegeslaan en ‘n ander het bevestig dat motors oral aan die brand gesteek is en dat niemand in die omgewing toegelaat is nie.

"Die polisie kon dit nie waag om naby te kom nie. Die oomblik as hulle ‘n stormloop wil waag, dan sak die jeugdiges op hulle toe met alles wat hulle in die hande kan kry." Nòg die polisiemotor, nòg die motorfiets van die slagoffers kon van die toneel verwyder word.

Die feit dat die jeugdiges die gebied heeltemal gedomineer het, het die inwoners glo nog verder ontstel en dié wat gewoonlik "kalm" bly, was volgens een omstander buite op straat om "onreg" te skree.

Een polisieman het in die voorval ‘n kopwond opgedoen en is in die hospitaal opgeneem vir behandeling. Die burgemeester, Didier Vaillant, moes ook, nadat hy probeer het om die gemoedere te gaan kalmeer, onverrigter sake omdraai.

‘n Skare jeugdiges het met petrolbomme die brandstigting voortgesit, waarna hulle volgens ooggetuies "verdwyn het" in die noordelike rigting van die buurt.

бензиновый генератор какой выбратьДанильченко

Die vergeetagtige prins

Image

Prins Charles

Prins Charles (59), Britse troonopvolger en oudste seun van Elizabeth II, het blykbaar alles wat hy in 2002 op die vooraand van ‘n Gemenebesvergadering oor Zimbabwe se rol in dié organisasie gesê het, vergeet. Die Gemenebes bestaan uit 53 lande en die koningin staan sedert 1952 aan die hoof daarvan. Gemenebesleiers is tans in Kampala, Oeganda, vir die beraad wat vanaf die 23ste tot die 25ste November sal plaasvind. Hy vergesel sy 81-jarige moeder na die geleentheid en sal amptelik deel wees daarvan.

  

Britse koerante spekuleer dat die prins homself voorberei om by sy moeder oor te neem as hoof van die Gemenebes. In 2002 was die prins egter van mening dat die Gemenebes aan sy einde gekom het en dat dit net "minagting" verdien omdat liberale demokrasie en menseregte deur die organisasie verontagsaam word. Destyds was prins Charles van mening dat die lidlande voor "hul grootste toets ooit sedert hul bestaan te staan gekom het" wat hulle nie geslaag het nie.

Terwyl die prins heftig in 2002 laat blyk het dat die Gemenebes "’n drankie by die Laaste Kans-kroeg nuttig", en dat dit bloot uit ‘n versameling "diktators" saamgestel is, het hy tot dusver homself daarvan weerhou om die lede te kritiseer. Mosambiek het as nuwe lid bygekom, Rwanda hoop om binnekort lid te word en Suid-Afrika is weer vlekkeloos ten spyte van Mbeki se ondersteuning aan Mugabe.

Blykbaar vind die Britse monarg dit nie meer nodig om "ontsteld" te voel oor die anti-wit retoriek uit die lede se geledere nie en van die beloofde komitee wat in 2002 aangestel is om verslag te doen oor Zimbabwe het dadels gekom. Die Daily Telegraph meen dat die prins die titel as Gemenebeshoof van sy moeder sal oorneem ten spyte daarvan dat dit nie ‘n oorerflike titel is nie.

Aan die oewer van die Victoriameer gaan sake soos sy moeder se begrafnis, sou sy te sterwe kom, en die lede se rol daarin bespreek word. The Mail on Sunday het berig dat die prins ‘n "diplomatieke sjarme-offensief" sal loods om sy verkiesing as hoof te verseker. Pakistan sal ook hoog op die agenda wees nadat die Gemenebes die moontlike opskorting van Pakistan ter oorweging gestel het om die noodtoestand wat deur Pervez Musharraf afgekondig is, ongedaan te maak.

Aardverwarming sal ook aandag geniet omdat sekere lidlande soos Kiribati (Stille Oseaan) onder die see sal verdwyn indien die seevlak selfs net effens styg.

best social mediaФильчаков прокуратура харьков

Geestelike swendelary winsgewend

Image

Nog ‘n slagoffer…

‘n Besonder winsgewende bedryf vir kerke in Gaboen is ‘n "geestelike kliniek" waar "pasiënte", net soos vir ‘n hospitaal, ná konsultasie en diagnose, ingeboek word. Yves-David Elysée, wat homself ‘n "biskop" noem, is die baas van Le chandelier d’or of  oftewel Die Goue Kandelaar wat enige iets van profesieë tot duiwels uitdryf onderneem.

‘n Ou vrou met ‘n kopdoek sukkel-sukkel tot by die pastoor waar sy kla van hardnekkige asma. "Geen hospitaal kan my gesond maak nie. Die medisyne van die dorp het eers gewerk, maar nou is dit erger," sug sy. Die "biskop" aarsel nie eers nie. "Die gees van jou groot-oom wil jou kom haal, jy moet daarvan behoed word," sê hy beslis.


Sy "pasiënt" lyk effens onseker, maar hy bly ferm. "Jy staan hier voor ‘n profeet. Dis die Heilige Gees wat direk vir my jou probleem uitlê." Die "genesing" wat volg is goed geoefen. Na gebed word die vrou beveel om van die "olie van die mirre van Israel" te sluk waarna sy in ‘n beswyming verval, haar ledemate styf en haar oë omgedop waar sy uitgestrek op die grond lê.

"Die vuur van Jesus brand jou," teemsing Yves-David Elysée en met sy hande om die "pasiënt" se keel en asof in ‘n wurggreep dwing hy die bose gees uit. "Vat jou goed en loop!" beveel die "biskop" die gees.  Dié gehoorsaam blykbaar want die vrou hoes skielik oorverdowend ‘n galslym uit.

Voordat die "pasiënt" nog behoorlik kan bykom, vra haar "geneser" streng:  "Het jy geld saamgebring?" Sy dienste, soos dié van talle Pinksterpastore wat oral op ons kontinent gedy, is nie verniet nie. Soos hy dit self onomwonde stel "is niks in die Bybel gratis nie". Die konsultasie, uitdrywing en "hospitalisering" kom teen ‘n stywe fooi, 10 000 CFA. Om nie van die dikwels bykomende "offerandes" soos motors te praat nie.

Die gier vir "geestelike klinieke" het oorgewaai van die DRK en die Ivoorkus waar dit in 2000 posgevat het. Volgens kenner Steeve Mvé bedryf al die kerke tans voor die voet uitdrywing van bose geeste teen betaling om eksistensiële probleme soos armoede en onvrugbaarheid aan te spreek.

Yves-David Elysée beweer hy het al 5000 gevalle genees waarvan 300 lede van sy gemeente is. Dit beteken waarskynlik dat sy gemeentelede herhaaldelik van sy "dienste" gebruik maak. "’n Mens kom nie by ‘n man van God aan met leë hande nie," benadruk hy. Ten spyte van die "biskop" se sukses is daar vrae oor sy toewyding nadat dit bekend geraak het dat hy ‘n dertienjarige glo onlangs verkrag het. Wat sy jongste "pasiënt" betref, lyk sy besonder afgetakel en verswak deur sy ingryping terwyl sy die bedrag aftel.

Die geloof dat die werking van bose geeste toeneem is onlangs ook in Senegal opgemerk nadat twee mans in Ziguinchor in die suide in hegtenis geneem is vir die ineenkrimping van hul slagoffers se penisse. Dié mans skud blykbaar net hand met ‘n onwetende om die toestand teweeg te bring.
 
‘n Medewerker van die krimpers het die slagoffers na afloop van die bladskud attent gemaak op hul verlies en aangebied om teen betaling weer hul manlikheid te herstel. Penisineenkrimping is nie in Senegal strafbaar nie. Die twee verdagtes is egter steeds in aanhouding.


мария шарапова теннисАлександр Фильчаков Васильевич

Afrika se kinderslawerny gedy

Kinderslawe in Wes-Afrika bly steeds ‘n probleem waarvan die omvang moeilik is om te bepaal. Die onlangse arrestasie van ‘n Koranleraar wat 52 kinders van Guinee-Bissau in Senegal probeer insmokkel het, het weer lig op dié netelige kwessie wat net nie wil verdwyn nie, gewerp.

Selfs al het die voorkoms van kinderslawe elders ter wêreld afgeneem, bly dit ‘n probleem. Samerwerkingsverdrae wat tussen Mali, die Ivoorkus en Burkina Fasso gesluit is het daartoe gelei dat ‘n paar kinders wat aan sulke wreedheid uitgelewer word, teruggestuur is na hul lande van oorsprong.
 
‘n Dokter uit Mali wat gemoeid is met die NRO wat hulle oor sulke kinders ontferm, verduidelik dat Togo, Benin en Nigerië asook Senegal, Guinee-Bissau en Gambië nie die probleem aanspreek nie.

Unicef het in ‘n verslag wat in 2006 bekend gemaak is, beweer dat daar "uitgebreide en invloedryke netwerke bestaan wat enorme winste uit kinderslawe maak. Maklike kommunikasie, swak polisiëring en ouers en kinders wat maklike teikens is, veroorsaak dat kinderslawerny in Wes-Afrika aan die toeneem is."

Die Internasionale Arbeidsburo by monde van Giselle Mitton meen dat dit "moeilik is om te bepaal hoeveel gevalle daar in werklikheid is." Net as ‘n smokkelaar gevang word, kom die kwessie op die lappe. "Maar die meeste van die tyd bly hulle verskuil omdat die kinders as huisbediendes aangehou word," verduidelik sy.

Van die kinders wat met hul "onderwyser" by die grens voorgekeer is, was 42 net vyf jaar oud. Die smokkelaar was waarskynlik van plan om hulle as bedelaars en onbetaalde werkers in te span. Volgens amptelike syfers beskikbaar van 2000 is daar 100 000 "Koranleerlinge en bedelaars" in Senegal, maar dit word allerweë aanvaar dat dié aantal net die ore van seekoei verteenwoordig.

Mitton sê meer as die helfte van die sogenaamde Talibés of Koranleerlinge in Senegal kom van elders. Verskeie nie-regeringsorganisasie is dit eens dat die aantal vandag veel hoër is. Dit is nie net in die informele sektor waar daar van kinderslawearbeid gebruik gemaak word nie, maar ook in landbou en mynwese. Voorts is daar ook geen erns van die kant van owerhede om sulke praktyke op te skort en kinders terug te stuur nie, ten spyte van allerlei mooi verklarings.

стенд сход развал купитьАлександр Фильчаков прокурор

‘Indi?rs is gou om oor rassisme te kla’

Image

Greg Chappell

Greg Chappell, voormalige krieketkaptein van Australië, glo dat hy die slagoffer van ’n rassistiese aanval was terwyl hy die Indiese span afgerig het. Die insident is egter deur die plaaslike krieketowerhede toegesmeer. Chappell maak hierdie aantyging in ’n dokumentêre rolprent oor sy twee jaar as afrigter van die Indiese span. Dit word volgende week op Australiese televisie vertoon, volgens ’n berig wat vandag in The Australian verskyn het.

Chappell beweer dat hy in Januarie vanjaar deur ’n ontevrede kriekettoeskouer geslaan en rondgestamp is toe die Indiese span in Bhubaneswar aangekom het vir ’n eendagtoets teen die Wes-Indiese eilande. “Ek is aan die kant van my gesig geslaan en my onmiddellike reaksie was ‘hy het my kakebeen gebreek,’” het Chappell gesê. “Indiërs is baie gou om oor rassisme te kla. Daar was ’n hele spul Indiese krieketspelers wat die ou kon aanval, maar hy het verkies om my te takel. Ek glo ook nie regtig die storie dat hy ongelukkig was oor die min Orissa-spelers in die Indiese span nie. As dit die geval was, waarom het hy dan nie die voorsitter van die seleksiekomitee, of iemand anders wat by die proses betrokke was, aangeval nie? Hoekom een van die buitelanders in die groep aanval – vir my as afrigter? Daar steek meer hierin.”

Chappell, wat uit sy pos as afrigter bedank het ná Indië se power vertoning tydens die Wêreldbekertoernooi, sê hy is steeds ontsteld oor die aanval en die gebrek aan gepaste reaksie deur Indiese krieketbeamptes. “Soos ek aan die Indiese krieketbeheerraad gesê het, as dit een van die spelers is wat aangeval is, sou daar ’n groot ophef gewees het, maar omdat dit ek was, het niemand skynbaar omgegee nie. Hulle het my toe van rassistiese kommentaar beskuldig. Dit was heel duidelik dat dit ’n ernstige aanval was. Dit was nie net ’n klap op die rug, soos aan die media vertel is nie. Dit is toegesmeer. Almal het begin toesmeer. Die hele ding is net begrawe.”

Chappell se aantygings volg op voorvalle verlede maand toe Indiese skares vir Andrew Symonds, die  swart Australiese krieketspeler, met aapgeluide en- gebare getart het.

компрессор продажаданильченко юрій броніславович