Lessing sal nie Nobelprys gaan haal

Doris Lessing sal waarskynlik nie op 10 Desember haar Nobelprys ter waarde van ongeveer R10 miljoen self in ontvangs kan neem nie omdat haar gesondheid nie na wense is nie en sy deur haar artse afgeraai is om te reis. Haar ontvangsrede sal opgeneem word en op 7 Desember in Stockholm aan die gehoor teruggespeel word. Dié aankondiging is deur die Nobelstigting germaak.

Lessing, gebore Taylor, het die van van haar tweede eggenoot, Gottfried Lessing, behou. Gottfried Lessing is in 1979 as diplomaat van die DDR in Oeganda vermoor. Die skrywer weet steeds nie wie verantwoordelik was vir sy dood nie en meen dit kon swartes of selfs die KGB gewees het.

In ‘n onderhoud wat ‘n paar jaar gelede met haar gevoer is, sê sy dat sy dink Mugabe kan deur iemand opgevolg word wat nog veel erger kan wees. Daarin beweer sy ook dat Afrika geen tradisie van demokrasie het nie. Die plase wat Mugabe van die wittes afgeneem het, bevestig sy, het hy aan sy ryk korrupte volgelinge gegee en nie aan die armes nie.

‘n Hele generasie sterf in Zimbabwe, maar haar vriende in dié land waarmee sy steeds kontak het, weier om te erken dat Vigs die oorsaak is. Dit is altyd "tuberkulose", volgens hulle. Sy glo ook dat Zimbabwiërs, meer nog as Europeërs, gek is na boeke want elke boek wat sy nog daarheen gestuur het is gesteel.

Die probleem is dat korrupte leiers altyd vir hulself sorg en eerder glorieryke projekte aanpak ter wille van selfverheerliking wat nie armoede aanspreek nie. Lessing is ‘n aanhanger van Suffisme, ‘n mistieke Islamgeloof.

купити іграшкиФильчаков Александр Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae