Die patrolliemotor was besig om ‘n roetinerit te onderneem, sonder blou waarskuwingsligte en het nie die toelaatbare spoed oortree nie. Net ná 17h00 het die motorfiets by ‘n kruising teen die polisievoertuig gebots, waarna die seuns op slag dood is. Die slagoffers het nie motorfietshelms aangehad nie.
‘n Inwoner in die omgewing het bykans ‘n uur later die polisie laat weet dat twee motors reeds uitgebrand is en dat tussen 50 en ‘n 100 "jeudiges", ‘n eufimisme vir swart en Arabiese inwoners, besig is om vullisdromme aan die brand te steek. Twee polisievoertuie, waaronder die kommissaris se motor, is uitgebrand.
Die vier polisiemotors wat inderhaas na die toneel gestuur is, moes omdraai nadat hulle deur die skare jeugdiges oorweldig is. ‘n Ooggetuie in die buurt het dit gadegeslaan en ‘n ander het bevestig dat motors oral aan die brand gesteek is en dat niemand in die omgewing toegelaat is nie.
"Die polisie kon dit nie waag om naby te kom nie. Die oomblik as hulle ‘n stormloop wil waag, dan sak die jeugdiges op hulle toe met alles wat hulle in die hande kan kry." Nòg die polisiemotor, nòg die motorfiets van die slagoffers kon van die toneel verwyder word.
Die feit dat die jeugdiges die gebied heeltemal gedomineer het, het die inwoners glo nog verder ontstel en dié wat gewoonlik "kalm" bly, was volgens een omstander buite op straat om "onreg" te skree.
Een polisieman het in die voorval ‘n kopwond opgedoen en is in die hospitaal opgeneem vir behandeling. Die burgemeester, Didier Vaillant, moes ook, nadat hy probeer het om die gemoedere te gaan kalmeer, onverrigter sake omdraai.
‘n Skare jeugdiges het met petrolbomme die brandstigting voortgesit, waarna hulle volgens ooggetuies "verdwyn het" in die noordelike rigting van die buurt.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.