Is 8 000 Keniane werklik dood?

Image

Mwai Kibaki

Volgens ’n groep Keniaanse regslui is meer as 8 000 Keniane al sedert 2000 tereggestel of doodgemartel. Die plaaslike polisie het dieselfde jaar met ’n klopjag begin teen lede van die verbanne Mungiki-sekte. Die Oscar-stigting beweer dat hulle 8 040 moorde gedokumenteer het en 4 070 ander gevalle aangeteken het waar slagoffers eenvoudig verdwyn het.

Eric Kiraithe, woordvoerder van die polisie, ontken egter die aantygings wat in die regslui se verslag gemaak word. Hy het die organisasie uitgedaag om name en besonderhede van slagoffers bekend te maak. Veiligheidsmagte het wel in Maart 2002, toe die Mungiki-sekte verban is na aanleiding van geweld in die krotbuurte van Nairobi, begin om lede van die sekte te teiken.

Waar die godsdienstige sekte eers uit jeugdiges bestaan het wat tradisionele rituele uitgevoer het, het die beweging volgens Keniaanse owerhede oor die jare verander in ’n bende wat sonder skroom afpersing en moord beoefen het. Vroeër vandeesmaand het die Keniaanse Nasionale Kommissie vir Menseregte die polisie daarvan beskuldig dat hulle tussen Junie en Oktober vanjaar 500 mans tereggestel het. Hierdie bewering is ook deur die polisie verwerp.

Die bewerings kom op die vooraand van die algemene verkiesing wat volgende maand in Kenia sal plaasvind. President Mwai Kibaki gaan poog om ’n tweede keer tot president verkies te word. Volgens meningspeilings gaan hy beslis wen. Hy is die kandidaat van ’n nuwe politieke alliansie genaamd die Party van Nasionale Eenheid.

купить тамбов диагностическое оборудованиеданильченко юрій броніславович компромат