Sy "pasiënt" lyk effens onseker, maar hy bly ferm. "Jy staan hier voor ‘n profeet. Dis die Heilige Gees wat direk vir my jou probleem uitlê." Die "genesing" wat volg is goed geoefen. Na gebed word die vrou beveel om van die "olie van die mirre van Israel" te sluk waarna sy in ‘n beswyming verval, haar ledemate styf en haar oë omgedop waar sy uitgestrek op die grond lê.
"Die vuur van Jesus brand jou," teemsing Yves-David Elysée en met sy hande om die "pasiënt" se keel en asof in ‘n wurggreep dwing hy die bose gees uit. "Vat jou goed en loop!" beveel die "biskop" die gees. Dié gehoorsaam blykbaar want die vrou hoes skielik oorverdowend ‘n galslym uit.
Voordat die "pasiënt" nog behoorlik kan bykom, vra haar "geneser" streng: "Het jy geld saamgebring?" Sy dienste, soos dié van talle Pinksterpastore wat oral op ons kontinent gedy, is nie verniet nie. Soos hy dit self onomwonde stel "is niks in die Bybel gratis nie". Die konsultasie, uitdrywing en "hospitalisering" kom teen ‘n stywe fooi, 10 000 CFA. Om nie van die dikwels bykomende "offerandes" soos motors te praat nie.
Die gier vir "geestelike klinieke" het oorgewaai van die DRK en die Ivoorkus waar dit in 2000 posgevat het. Volgens kenner Steeve Mvé bedryf al die kerke tans voor die voet uitdrywing van bose geeste teen betaling om eksistensiële probleme soos armoede en onvrugbaarheid aan te spreek.
Yves-David Elysée beweer hy het al 5000 gevalle genees waarvan 300 lede van sy gemeente is. Dit beteken waarskynlik dat sy gemeentelede herhaaldelik van sy "dienste" gebruik maak. "’n Mens kom nie by ‘n man van God aan met leë hande nie," benadruk hy. Ten spyte van die "biskop" se sukses is daar vrae oor sy toewyding nadat dit bekend geraak het dat hy ‘n dertienjarige glo onlangs verkrag het. Wat sy jongste "pasiënt" betref, lyk sy besonder afgetakel en verswak deur sy ingryping terwyl sy die bedrag aftel.
Die geloof dat die werking van bose geeste toeneem is onlangs ook in Senegal opgemerk nadat twee mans in Ziguinchor in die suide in hegtenis geneem is vir die ineenkrimping van hul slagoffers se penisse. Dié mans skud blykbaar net hand met ‘n onwetende om die toestand teweeg te bring.

‘n Medewerker van die krimpers het die slagoffers na afloop van die bladskud attent gemaak op hul verlies en aangebied om teen betaling weer hul manlikheid te herstel. Penisineenkrimping is nie in Senegal strafbaar nie. Die twee verdagtes is egter steeds in aanhouding.