Genoeg is genoeg!
President Nicolas Sarkozy van Frankryk het in onlangse gesprekke met sy Europese eweknieë verwys na die feit dat daar tans “te veel Moslems in Europa is.” Op 21 September het hy vir Bertie Ahern, eerste minister van Ierland, ontvang, en op 3 Oktober was Frederik Reinfeldt, eerste minister van Swede, aan die beurt. Tydens beide ontmoetings het hy teen die Moslembevolking in Europa uitgevaar.
Hy het hom by hierdie twee geleenthede baie sterk oor die kwessie uitgespreek en spesifiek verwys na die probleme om hierdie immigrante in Europa te integreer. Hy het op “apokaliptiese wyse” die “beskawingskonflik” tussen Europeërs en hierdie Moslemgemeenskap beklemtoon. Dit is dan ook die rede waarom hy so sterk gekant is teen Turkye se toelating tot die Europese Unie.
Sarkozy is bekend vir sy ferm uitsprake. Nie te lank gelede nie het hy verwys na “Afrikane wat die idee van vooruitgang verwerp.”
Intussen bly die situasie in Villiers-le-Bel, immigrantebuurt aan die buitewyke van Parys, uiters gespanne. Die duisend addisionele polisiemanne wat na die gebied gestuur is, bygestaan deur ’n helikopter, sal daar bly totdat die situasie na normaal teruggekeer het. Die regering is op die oomblik hard aan die werk om op 22 Januarie ’n plan vir die opheffing van arm immigrantebuurte aan die parlement voor te lê. Volgens die Franse eerste minister François Fillon gaan die regering nie nou die projek aanjaag nie. “Ons sal nie aan ons laat voorskryf deur misdadigers wat op die polisie skiet nie,” het hy gister gesê.
сколько стоит циклевка паркеталобановский александр дети