Afrikaners en ander Suid-Afrikaners in die buiteland gesels oor Suid-Afrika.
Kyk die onderhoud hier.
Slegs op PRAAG. Hier kry u 'n omvattende beeld van alle nuusgebeure rondom Afrikaans en Afrikaners, die enigste volksnuusblad op die web!
Afrikaners en ander Suid-Afrikaners in die buiteland gesels oor Suid-Afrika.
Kyk die onderhoud hier.
Regter John Horne het by die laaste hofverrigtinge op Ventersdorp aan die staat en die verdediging gesê dit gaan waarskynlik ‘n lang uitspraak wees.
Chris Mahlangu en ‘n tiener word daarvan aangekla dat hulle die AWB-leier op 3 April 2010 in sy plaashuis doodgeslaan het.
Albei het onskuldig gepleit op moord, huisbraak en roof met verswarende omstandighede.
Mahlangu beweer hy het uit selfverdediging opgetree. Die minderjarige ontken enige betrokkenheid in die misdaad.
Norman Arendse, die tiener se regsverteenwoordiger, het in sy slotbetoë gesê werkers op Terre’Blanche se plaas is uitgebuit.
“Plaaswerkers soos die beskuldigdes word oor die algemeen uitgebuit.”
Arendse het bygevoeg dat die voormalige leier van die AWB voorheen tronkstraf opgelê is nadat hy ‘n petroljoggie in 1993 aangerand het.
Arendse het ook gesê die polisie het geweet ‘n minderjarige werk vir Terre’Blanche, maar het niks daaraan gedoen nie.
Mahlangu se prokureur, Kgomotso Tlouane, het gesê indien die beskuldigdes skuldig was, sou hulle nie die polisie van die voorval in kennis gestel het nie.
Dr Piet Croucamp sê in die Rapport van 13 Mei 2012 as fassiliteerder van ‘n gesprek die afgelope week tussen die ANC en ‘n groep Afrikaanses dat hy ‘n weersin het in Afrikanerpolitiek en dat mense wat hulself as Afrikaners beskryf, hul nie as deel van Suid Afrika beskou nie. Dr Croucamp sê voorts dat Afrikanerskap so uitgedien is soos ‘n rooksein en dat Suid Afrika beter daaraan toe is sonder Afrikaners, soos die land sonder Julius Malema. Volgens hom is Afrikaners per definisie op enkele uitsonderings na onverdraagsaam en waarskynlik ook rassiste.
Indien Afrikaners dus gaan toelaat dat anti Afrikaners ons definieer, ons bestaansreg in twyfel trek, ons bydrae tot die land se opbou misken, veroordeel en namens ons besluit volgens watter waardesstelsel en kultuur ons mag leef en ons kinders onderrig, sal dit gewis bydra tot ‘n klimaat waarin ons waarskynlik beter af sal wees buite so Suid Afrika.
Afrikanerbestaan is ‘n gegewe en ek is trots deel daarvan. Ek werk en leef tans in ‘n multikulturele samelewing en soek graag wen-wen oplossings vir Suid Afrika. Nie een van my kollegas ongeag ras of kleur beskou my as ‘n rassis nie, ten spyte van die feit dat ek openlik opstaan vir geloof-, taal- en kultuurregte en die vryheidsideaal van die Afrikaner openlik steun.
Afrikaners kan tans partypolities kies tussen drie hoofstroom tipe denke. Die heersende ANC, afrikanistiese en sosialistiese werklikheid, die DA se liberale- en toenemende afrikanistiese rigting wat as enigste alternatief opgedis word en die VF Plus as laaste bastion van Christelike Westerse waardes in die Suid Afrikaanse partypolitieke opset met ‘n realistiese uitkyk oor die Afrika-politiek en ons toekoms as boorlinge van hierdie kontinent.
Ek kies die derde opsie. Afrikaners het as groep met ‘n unieke kultuur en geskiedenis ‘n bestaanreg in Suid Afrika as deel van die oplossing en as dit moet buite Suid Afrika. Die prysgawe van ons unieke kultuur sal neerkom op ‘n totale assimilasie en verswelging.
Afrikaner, jy mag maar aan jou eie kant wees. Dit is jou reg volgens die Suid Afrikaanse grondwet en ook internasionale volkeregtelike beginsels. Dit het tyd geword om die keuse uit te oefen.
Neem beheer oor jou eie toekoms, niemand anders gaan dit vir jou doen nie. Jy mag maar aan jou eie kant wees.
In die artikel laat hy hom soos volg uit: “My politieke instink het ‘n weersin in Afrikanerpolitiek en ek het dit van die begin duidelik gemaak dat die term Afrikaner ideologies gelaai is. Ek dink mense wat hulself as Afrikaners beskryf, beskou hulle nie as deel van Suid-Afrika nie en hul doelstellings korrespondeer nie met die Grondwet van die land nie. Wat my betref, is Afrikaners byna per definisie – of op enkele uitsonderings na – onverdraagsaam en waarskynlik ook rassiste. “Ek is oortuig daarvan dat Afrikanerskap so uitgedien is soos ‘n rooksein en dat Suid-Afrika beter daaraan toe is sonder Afrikaners, soos die land beter daaraan toe is sonder Julius Malema.”
Met die ongegronde oordeel, wat in sy persoonlike vooroordeel neerslag vind, diskwalifiseer dr Croucamp homself om in die toekoms as onafhanklike fasiliteerder op te tree.
Die Afrikanerbond het saam met ander lede van die Afrikaanse taalgemeenskap die uitnodiging tot dialoog aanvaar. Die uitnodiging van die ANC het die spesifieke bewoording bevat: “Minderhede moet méér wees as net ‘n kritiese stem. Hulle moet ook ‘n deelnemende/proaktiewe stem wees in die bevordering van gemeenskaplike belange en ‘n nasionale konsensus.” Die doelwit van die dialoog-beraad is gestel as: “Hierdie vergadering beoog om vervreemding binne hierdie segment van die burgerlike samelewing sowel as binne die politieke en ekonomiese bedeling teen te werk. Die verwagting is dat dié byeenkoms in nasionale belang tot ‘n betekenisvolle dialoog sal lei wat konstruktiewe kommunikasie en samewerking tussen die ANC en Afrikaanssprekende belangegroepe sal fasiliteer.”
Tydens die gesprek het ons dit baie duidelik gemaak dat hoewel ons Afrikanerbelange dien, ons ook as lid van die Afrikaanse taalgemeenskap kwessies wat hierdie gemeenskap raak wil aanspreek, maar dat ons ook die kwessies wat op die burgerlike samelewing in sy geheel ʼn negatiewe uitwerking het, eweneens op die tafel plaas.
Ten spyte van die feit dat dr Croucamp nie sy taak as fasiliteerder na behore uitgevoer het nie, het die deelnemers egter die geleentheid goed benut om openlik en sonder vrees hulle saak te stel en is ʼn groot aantal kwessies op die tafel geplaas. Ons het ook in persoonlike gesprekke met teenwoordiges nie die indruk gekry dat die Afrikaanse taalgemeenskap standpunt inneem teen Afrikaners nie. Dit is immers nie waaroor die gesprek gegaan het nie en was dit ʼn gesprek tussen die Afrikaanse taalgemeenskap en die ANC.
Dr Croucamp probeer met sy persoonlike en verwronge opvatting oor die Afrikaner ʼn wig indryf tussen die Afrikaner en ander lede van die Afrikaanse taalgemeenskap. Dr Croucamp, soos baie ander, besef nie dat ʼn Afrikaner tegelyk ʼn lid van die Afrikaanse taalgemeenskap en lid van die Suid-Afrikaanse burgerlike samelewing kan wees nie, en dit geld net so vir ʼn Zoeloe, Xhosa, Khoi-San ensovoorts. Dit staan individue soos dr Croucamp natuurlik vry om hom nie met ʼn spesifieke kultuurgemeenskap te vereenselwig nie en ons respekteer dit. Ons verwag egter dieselfde van hom.
Die term Suid-Afrikaner is ʼn suiwer staatkundige begrip en kan nie verwar word met ʼn kultuurbegrip nie. Daar bestaan nie iets soos ʼn Suid-Afrikaanse kultuur nie, maar wel ʼn nasionaliteit. Dit word gedemonstreer in die sin dat daar nie ʼn Suid-Afrikaanse taal is, of homogene kulturele gebruike nie. Nog minder is ons gesamentlik gevorm deur historiese kragte. Wanneer Suid-Afrika egter op die sportveld optree of ons bevind onsself tussen mense van ander lande is ons Suid-Afrikaners. Dit is ons patriotisme en dit is ons lojaliteit. Vanuit ʼn nasionaliteitskonteks is ons dus Suid-Afrikaners. Dit onderskei ons van ander nasionaliteite.
Die term Afrikaans verwys na taalverband. In die verband en binne die konteks deel ons die taal met miljoene gebruikers van die taal en moet ons verenig om die taal Afrikaans tot sy reg te laat kom. Veel eerder moet die term Afrikaanssprekende gebruik word teenoor die term Afrikaanse wat soms verkeerdelik as ʼn kultuurbegrip aangewend word. Die Afrikaanse taalgemeenskap van Suid-Afrika is tans binne die Afrikaanse Taalraad georganiseer en tree gesamentlik op om bepaalde uitdagings die hoof te bied. Dit is ook die Afrikaanse taalgemeenskap wat Dinsdag 8 Mei 2012 met die ANC in gesprek was.
Die term Afrikaners verwys na kulturele identiteit. Kulturele identiteit verwys na die gebruikstaal, ʼn gedeelde historiese herkoms, vaste kulturele gebruike, en vele meer. In ʼn onlangse besprekingsdokument vir die Afrikanerbond – “Taal en Kultuur in die Suid-Afrikaanse grondwet” skryf prof Marinus Wiechers “Die individu is die belangrikste kultuurdraer, maar kultuur kry eers volledige lewenskrag en bekendheid as dit deur ʼn groep mense ervaar en bewaar word, met ander woorde, binne ʼn besondere kultuurgemeenskap beleef word. So ʼn kultuurgemeenskap word deur verskillende faktore geken, gewoonlik deur ʼn gemeenskaplike taal, godsdiens en geskiedenis.” Selfs Unesco wat poog om ʼn internasionale handves van kulturele diversiteit daar te stel beskou kultuur as eiesoortige eienskappe wat geestelike, materiële, intellektuele en emosionele kenmerke van ʼn samelewing of ‘n sosiale groep omvat, en dat dit benewens kuns en letterkunde ook lewenstyle, maniere van saamleef, waardestelsels, tradisies en oortuigings insluit. Duidelik is dr Croucamp ʼn ander mening toegedaan en gun hy nie aan Afrikaners ʼn kultuurerfenis of belewenis nie.
Die gevolgtrekking is dus redelik eenvoudig: Staatkundig is ek ‘n Suid-Afrikaner eerste, taalkundig is ek Afrikaans eerste, kultureel is ek ‘n Afrikaner eerste. Die begrippe staan nie teenoor mekaar nie en is die een nie afhanklik van die ander of ondergeskik nie.
Dr Croucamp se standpunt is ʼn belediging vir honderde duisende Afrikaners wat die volste reg het om as deel van die Afrikanerkultuur, neffens ander kultuurgemeenskappe, hulle Suid-Afrikanerskap uit te leef en te vier. Dit mag sekere politici en hooggeleerde individue dalk nie aanstaan dat ʼn beduidende groep in Suid-Afrika enersyds trots is op hulle Afrikanerskap en andersyds dankbaar is om deur hulle taal deel te wees van so ʼn groot taalgemeenskap nie.
Diegene wat ʼn weersin het in Afrikaners en dit as sodanig uitspreek moet self die vraag oor rassisme beantwoord. Om trots te wees op jou Afrikanerskap, stel jou juis in staat om ander kulture te waardeer en te respekteer en dit is presies wat ons wil bevorder.
Die Afrikanerbond se visie is As Afrikaners bou ons saam aan die toekoms van Suid-Afrika. Ons glo dat baie Afrikaners konstruktief en positief wil meewerk aan ʼn suksesvolle Suid-Afrika, daarom is ons deel van die gesprek en daarom soek ons saam na oplossings, saam met die regerende party en ook in gesprekke met die opposisie. Ons is onlosmaaklik deel van Suid-Afrika en sal steeds voortgaan om ons bydrae op alle gebiede soos landbou, ekonomie, onderwys en vele meer te lewer. Ons sal ons nie deur verwronge idees van stryk laat bring nie.
Rego Modise (17), ‘n graad 11-leerling by Wagpos Hoërskool, sê sy het haar ouers oorreed om haar na Hoërskool Grenswag vir Bokkie Week se proewe neem, het The Times berig.
Modise sê haar afrigter het haar toestemming gegee.
Die meisie het geregistreer en ‘n fooi van R30 betaal, maar is later vertel dat die proewe slegs vir wit leerlinge is.
“Ek het vir hom [die afrigter Louis Koen] gesê my afrigter het my gestuur. Hy het my toe gevra: ‘Het hulle niks anders vir jou gesê nie?’ en ek het nee gesê. Toe sê hy vir my Bokkie Week is net vir wit kinders,” het sy gesê.
Koen en Daan Neethling, skoolhoof van Wagpos, kon nie vir kommentaar bereik word nie.
Ds. Peter Stans, hoof van Afrikaner Volkseie Sport (die organiseerders van Bokkie Week), sê Modise is “definitief” nie vir die proewe uitgenooi nie. Slegs spelers wat uitgenooi word, mag aan die proewe deelneem.
Hy het bygevoeg die week was net vir kinders wat “Afrikaners” is.
Stans sê ‘n speler van ‘n ander ras het nog nooit Bokkie Week bygewoon nie.
Daar kan ook aangekondig word dat, benewens senior advokaat Jaap Cilliers, wat die eis hanteer, nog twee senior advokate hulle by die regspan aangesluit het. Een van hulle is senior advokaat Leon Kellerman, ‘n spesialis op pensioenfondse wat tans ook werk aan die bestaande Pensioenfondswet. Die span glo dat die pensioenarisse ‘n baie goeie kans staan op sukses en sien daarna uit om Transnet te dwing om sy verpligtinge teenoor sy vorige werknemers na te kom.
Voor die vorige ANC-kongresse in Polokwane (Pietersburg) was daar ook ‘n ernstige uitreik na Afrikaners. Die vraag kan met reg gevra word waarom nou skielik weer die belangstelling vanaf ANC kant? Terwyl Malema en ander ANC-leiers die afgelope drie jaar Afrikaners en Afrikaanssprekendes steeds verder met hulle uitsprake vervreem het, was daar geen poging van ANC-leiers om met gesprekke uit te reik nie.
Die VF Plus was nog altyd ten gunste van gesprekvoering en die konstruktiewe soeke na gesamentlike oplossings vir Suid-Afrika se probleme. Die party se geskiedenis van gesprekvoering met die ANC bewys dit. In die verlede het die VF Plus verskeie suksesvolle gesprekke met die ANC gevoer. Gesprekke met verskuilde agendas vertroebel egter verhoudinge, breek vertroue tussen groepe af en loop op niks uit nie. Die VF Plus het ook ervaring van sulke gesprekke.
As die gesprekke vandag daaroor gaan om vervreemding aan te spreek deur ernstige aandag aan die probleme van Afrikaanssprekendes te gee, is dit positief en steun die VF Plus dit graag. As die doel met die gesprekke is om minderhede se politieke ondersteuning vir die ANC te werf en om individuele kandidate se beeld met die oog op die ANC se verkiesingskongres te bou, is dit tot mislukking gedoem. Dit is laasgenoemde tipe gesprekke wat terugskouend telkens slegs beeldbou en media-oefeninge was.
“Solank as die regering nie bereid is om met ons te praat oor landboukwessies nie, is ons nie werklik daarin geïnteresseerd om agter toe deure met enige ANC-rolspelers te praat nie,” het Louis Meintjies, president van TLU SA, in ‘n verklaring gesê.
“Om dit te doen, sal TLU SA van sy eie lede vervreem.”
ANC-leiers sal luidens berigte Dinsdag met ‘n groep Afrikaanses waaronder akademici, kerkleiers en verteenwoordigers van kulturele organisasies vergader.
TLU SA het gesê hy het met regeringsleiers probeer vergader om landboukwessies te bespreek.
Die unie het probeer om afsprake te maak met president Jacob Zuma, die minister van watersake, die minister van vervoer, met die polisie en met die polisiekommissaris.
“Ons pogings om enige afspraak te kry was tot dusver vrugteloos,” het Meintjies gesê.
“Dit skep onafwendbaar binne georganiseerde landbou die persepsie dat die regering onsensitief is vir boere en hul probleme.”
Hy het gesê die ANC kan net homself blameer as enige vervreemding ontstaan. Die enigste manier om die probleem op te los, is deur te begin om te voldoen aan die vereistes van ‘n verantwoordelike regering.
“Hierdie sal die eerste stap wees om vertroue te wen,” het Meintjies gesê.
Die kostelike gebeure op Nuus24 het begin toe ‘n Nuus24-joernaliste, Ilze Temmingh, in ‘n meningsartikel vertel het hoe beïndruk sy was met Desmond Tutu nadat sy hom nou die dag in die Groote Kerk in Kaapstad hoor preek het.
Sy is nou nie juis ‘n gereelde kerkganger nie, maar ervaar haar Christenskap op ander maniere – soos in die natuur. Toe sy egter hoor dat Tutu gaan preek, het sy alles net so gelos en gaan luister – onder meer omdat sy elke dag op Nuus24 sien hoe lesers afgryslike, rassistiese, homofobiese, neerhalende kommentaar lewer, skryf Ilze.
Sy was tog so beïndruk met sy mooi Afrikaans (hy het in Ventersdorp grootgeword, het Tutu aan die lidmate van die oudste NG-kerk in die land vertel) en “oom Tutu – die kleurvolle man met die lekkerste lag in Suid-Afrika – doen net iets aan my. Hy is so diepsinnig; sonder pretensie”, skryf sy en wei breedvoerig uit oor die lesse wat sy sou geleer het.
Maar die arme Liezl het vergeet van haar ervarings met N24 se webblad-kommentators.
“Liewe genade! Is dit die volgende geslag floskop Kaapse joernaliste wat Naspers vir ons kweek?” het iemand onder die naam Menefrego onmiddellik gereageer. “Tutu is ‘n Afrikanerhatende opportunis, wat agter sy kerktitel geskuil het terwyl hy die ANC agenda van Afrikaneronderwerping uitvoer. Hy’s nes die res. ‘n Onderdrukker. Niks anders nie, ” skryf Menefrego
Alet Janse van Rensburg reageer toe weer op Menefrego: “Wow. Ek weerhou my gewoonlik daarvan om hier kommentaar te lewer, maar Mengefrego?, ek moet vra, ‘Op watter planeet leef jy?’ Tutu personifiseer genade. Jou gebrek aan politieke en geestelike insig spreek van iemand wat duidelik nog nooit die moontlikheid oorweeg het dat die nasionalistiese propaganda wat sy ouers twintig jaar gelede geglo het, dalk toe nié heeltemal die waarheid was nie. Meer as dit, jou feite is eenvoudig verkeerd. Ek’s klaar spyt ek het my tyd gemors om op jou belaglike kommentaar te reageer. Liewe genade! ” skryf sy.
Dit blyk toe uit haar Faceboook-profiel dat sy ‘n joernaliste by Die Burger in Kaapstad is en Menefrego loop haar:
“Liewe Burger redaksielid. Dis werklik nogal dik vir ‘n daalder om deur ‘n Kaapse joernalis daarvan beskuldig te word dat ek in ‘n kapsule (of dan op ‘n vreemde planeet) leef. Jy wat daar agter die berge sit, waar julle selfs op hierdie oomblik nog grootliks afgesonder is van die werklike Afrika… jy wat bykans met 100% sekerheid deur Stellenbosch se joernalistiekskool is, waar jy onder hande geneem is deur die George Claasens van hierdie wêreld, om jou in ‘n mooi links-liberale vormpie te druk. Daarna is jy saam met eenderse joernalistiek voëltjies (voële) in die Naspers koutjie gegooi, waar julle almal mooi saam in ‘n koor Kumbaja twiet en twitter. Maar jy noem my, wat die een is wat stroomop swem, my lewe lank teen die breinlose massa Nasperspropaganda, waarmee die Afrikanervolk vir 30 jaar al toegegooi word in die poging om ‘n tier in ‘n huiskat te verander….jy noem my die geïndoktrineerde een?! Dis nogal rich…. Ek het as kind in die destydse Vaaldriehoek van Tutu se geskrifte in die hande gekry, en was absoluut geskok oor die heeltemaal ooglopende anti-Christelike aard daarvan. Niemand het nodig gehad om my te indoktrineer nie, ek kon self lees en binne enkele reëls vele teenstrydighede met Bybelse Christenskap vind.
“Tutu was ‘n bose man, met bose bedoelinge, en ‘n leier van ‘n bose organisasie wat groot plesier uit die lewendige immolasie van sy vyande geput het….terloops, afgesien daarvan dat ek wens hulle kon ophou om die Afrikanermedia te oorheers, het ek nie veel teen die Kapenaars nie, inteendeel, ek wens julle ‘n baie spoedige transformasie tot ‘n weerspiëlende demografie toe!” skryf Menefrego. En hy/sy kry sterk steun van ander deelnemers wat die twee Naspers-joernaliste behoorlik kapittel.
Die joernaliste van Die Burger kon net antwoord met ‘n weghol-repliek: “Jy maak ‘n klomp aannames oor my, die meeste daarvan verkeerd. Ek het egter geen begeerte om met jou in ‘n argument te tree nie en is nog minder lus vir ‘n geskiedenisles. My kommentaar hier was in my persoonlike hoedanigheid.”
Menefrego se laaste woord was: “…..veilige besluit”.
Maar enigeen wat na die debat wil gaan kyk, sal sien dat die kommentaar vanoggend (Vrydag) na die vierde inset afgesny is. Menefrego se skitterende reaksies is net weg!
In die lig van die ekonomiese probleme in Europa en die probleme wat Suid-Afrikaanse produsente ondervind om groter toegang tot landboumarkte in Europa te kry, moet nuwe markgeleenthede na byvoorbeeld die Ooste gevind word. Dit moet gedoen word sonder om die huidige Europese markte te verloor, volgens Mulder. Hy het teen hierdie agtergrond die groter markverspreiding verwelkom as ‘n gesonde bemarkingstrategie met die oog op die toekoms.
Hy het ook daarop gewys dat Suid-Afrika nie kan bekostig om enige landboukundigheid te verloor nie. In hierdie verband het hy verwys na Suid-Afrikaanse landbouers wat na ander lande vertrek.
“Dit is belangrik dat die Suid-Afrikaanse bevolking die waarde van ons eie kommersiële boere moet begin besef. Eers dan sal almal saamwerk om die verlies aan sulke landboukundigheid na ander lande te stop,” het dr. Mulder gesê.
Die groep het Parow, wie se regte naam Zander Tyler is, fisies gedreig by die fees Vrydagaand, omdat sommige mense aanstoot geneem het oor vloekwoorde.
‘n Man het op die verhoog probeer spring, maar is afgetrek deur die polisie, wat ingeroep is om die skare te kalmeer.
Parow se kritici het hul standpunte op die Newcastle-koerant se Facebook-bladsy gelug, met ‘n paar wat Parow as ‘n “duiwelslang” beskryf het en ‘n “skande vir die Afrikaanse taal”.
Ander het sy optrede verdedig. Die rapper het aan die koerant gesê hy is nie gepla deur die reaksie nie.
“Ek sing ‘Dans, dans fokken dans‘. Hierdie een man skree op my en sê: ‘Waarom fokken vloek jy?’, maar dit was snaaks, want hy het op my gevloek.
“As jy my na die blerrie Steve Hofmeyer opsit, wel, ons fans is wêrelde uitmekaar.” Parow probeer Afrikaners gewoonlik as agterlik uitbeeld en anti-Afrikaanse gehore geniet sy optredes.
Venessa Stafleu (34) is op die plaas Doornfontein 2 geskiet terwyl haar man, by ‘n melkery op die naburige plaas Doornfontein besig was.
Kapt. Appel Ernst, polisiewoordvoerder, het gister gesê Willem Stafleu het op sy kinders – ‘n 5-jarige seuntjie en sy 3-jarige sussie – afgekom toe hy terug na die huis is. Die polisie fynkam die gebied.
Hy het dadelik besef iets is verkeerd en hom na die huis gehaas waar hy sy vrou se lyk in die gang aangetref het.
Koos van Rooyen, ‘n mielieboer van Witfontein, sowat 5 km van die twee Doornfontein-plase, is 13 maande gelede tydens ‘n plaasaanval vermoor.
Sy moordenaars is intussen aangekeer.
As die drakrag van Suid-Afrika se landoppervlak oorweeg word, behoort 50% van grond aan swartes, het Ernest Pringle, voorsitter van Agri Oos-Kaap, by Landbouweekblad se grondsimposium op Uitenhage gesê.
Meer as 40% van Suid-Afrika se grond behoort reeds aan hulle, het Landbou.com berig. Dit sluit alle grond in.
Pringle het gesê dat die Instituut vir Rassebetrekkinge se syfers dui daarop dat van die 122 miljoen hektaar grond in die land, 25% in staatsbesit is.
‘n Verdere 2,1% is deur middel van grond-restitusie oorgedra en tussen 10% tot 15% van die grond is dmv die gewillige koper/verkoper-beginsel aan swartes oorgedra.
Pringle meen die ANC wil die Chinese model laat geld, waar die staat die grondbesitter is en grond dan aan pagters verhuur.
“Dit is niks anders as ‘n vorm van nasionalisering, waar die regering toegang tot grond kry sonder dat ‘n haan daaroor kraai.”
Pringle het desnieteenstaande aangevoer dat die afname in die getal kommersiële boere weens lae winsmarges is en nie grondhervorming nie.
Hy het egter die regering se siening van bestaansboerdery teenoor die kommersiële landbou gekritiseer as ‘n onrealistiese een omdat hulle glo grond genereer vanself rykdom sonder insetkostes.
Intussen het Neels Jackson in Beeld nasionalisering aangeprys en wit grondeienaars berispe vir hul “hebsug”.
Beeld het nog ‘n verslag geplaas van ‘n boer wat sy grond in Zimbabwe verloor het wat die Bybel gebruik om die besetters se stap te regverdig.
Die stasiebevelvoerder van die Citrusdal-polisie, lt.kol. Cisce Coetzee, het gesê die lyk is Vrydagmiddag deur haar seun in haar huis gevind. Hy woon ook op die plaas in ‘n ander huis sowat 30m van sy ma se huis af.
Haar hande en voete was vasgebind. Hy het gesê Smit is moontlik buite haar huis oorval. Sy is vermoedelik verwurg.
Volgens Coetzee het Smit sy ma Donderdagaand vir die laaste keer gesien. Die honde se geblaf in die nag het hom laat besef iets is nie pluis nie. Hy het gaan ondersoek instel en op haar vasgebinde lyk afgekom.
Die polisie is dadelik ontbied. Volgens die ondersoekbeampte word vermoed dat vier mense by die aanval betrokke was.
Die twee swartes (24 en 33) wat in hegtenis geneem is, is nie inwoners van Citrusdal nie. Hulle het reeds in die plaaslike landdroshof op aanklagte van moord verskyn.