Die helfte van landbougrond behoort reeds aan swartes

As die drakrag van Suid-Afrika se landoppervlak oorweeg word, behoort 50% van grond aan swartes, het Ernest Pringle, voorsitter van Agri Oos-Kaap, by Landbouweekblad se grondsimposium op Uitenhage gesê.

Meer as 40% van Suid-Afrika se grond behoort reeds aan hulle, het Landbou.com berig. Dit sluit alle grond in.

Pringle het gesê dat die Instituut vir Rassebetrekkinge se syfers dui daarop dat van die 122 miljoen hektaar grond in die land, 25% in staatsbesit is.

‘n Verdere 2,1% is deur middel van grond-restitusie oorgedra en tussen 10% tot 15% van die grond is dmv die gewillige koper/verkoper-beginsel aan swartes oorgedra.

Pringle meen die ANC wil die Chinese model laat geld, waar die staat die grondbesitter is en grond dan aan pagters verhuur.

“Dit is niks anders as ‘n vorm van nasionalisering, waar die regering toegang tot grond kry sonder dat ‘n haan daaroor kraai.”

Pringle het die ANC die skuld gegee vir die hoë grondpryse. Hy sê daar is gevalle waar grond tans ten duurste en teen nie-markverwante pryse deur boere aan die Staat aangebied word omdat die staat tot die mark toegetree het.

Pringle het desnieteenstaande aangevoer dat die afname in die getal kommersiële boere weens lae winsmarges is en nie grondhervorming nie.

Hy het egter die regering se siening van bestaansboerdery teenoor die kommersiële landbou gekritiseer as ‘n onrealistiese een omdat hulle glo grond genereer vanself rykdom sonder insetkostes.

Intussen het Neels Jackson in Beeld nasionalisering aangeprys en wit grondeienaars berispe vir hul “hebsug”.

Beeld het nog ‘n verslag geplaas van ‘n boer wat sy grond in Zimbabwe verloor het wat die Bybel gebruik om die besetters se stap te regverdig.

Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae