Twee kleuters het in die nag uitgehardloop om hulp te soek nadat hul ma voor hul oë op ‘n plaas naby Randfontein doodgeskiet is in die jongste plaasaanval, berig Beeld.
Venessa Stafleu (34) is op die plaas Doornfontein 2 geskiet terwyl haar man, by ‘n melkery op die naburige plaas Doornfontein besig was.
Kapt. Appel Ernst, polisiewoordvoerder, het gister gesê Willem Stafleu het op sy kinders – ‘n 5-jarige seuntjie en sy 3-jarige sussie – afgekom toe hy terug na die huis is. Die polisie fynkam die gebied.
Hy het dadelik besef iets is verkeerd en hom na die huis gehaas waar hy sy vrou se lyk in die gang aangetref het.
Koos van Rooyen, ‘n mielieboer van Witfontein, sowat 5 km van die twee Doornfontein-plase, is 13 maande gelede tydens ‘n plaasaanval vermoor.
Sy moordenaars is intussen aangekeer.
