Boervrou deur twee swartes doodgewurg

‘n Boervrou, Henna Smit (75), is Donderdagaand op die plaas Thee­rivier sowat 20km buite Citrusdal deur twee swartes verwurg, berig die Burger.

Die stasiebevelvoerder van die Citrusdal-polisie, lt.kol. Cisce Coetzee, het gesê die lyk is Vrydagmiddag deur haar seun in haar huis gevind. Hy woon ook op die plaas in ‘n ander huis sowat 30m van sy ma se huis af.

Haar hande en voete was vasgebind. Hy het gesê Smit is moontlik buite haar huis oorval. Sy is vermoedelik verwurg.

Volgens Coetzee het Smit sy ma Donderdagaand vir die laaste keer gesien. Die honde se geblaf in die nag het hom laat besef iets is nie pluis nie. Hy het gaan ondersoek instel en op haar vasgebinde lyk afgekom.

Die polisie is dadelik ontbied. Volgens die ondersoekbeampte word vermoed dat vier mense by die aanval betrokke was.

Die twee swartes (24 en 33) wat in hegtenis geneem is, is nie inwoners van Citrusdal nie. Hulle het reeds in die plaaslike landdroshof op aanklagte van moord verskyn.

 

данильченко юрій Харків

Maak 'n opvolg-bydrae