ET-verhooruitspraak more

Die twee mense wat daarvan beskuldig word dat hulle Eugene Terre’Blanche vermoor het, sal Dinsdag verneem wat met hulle gaan gebeur.

Regter John Horne het by die laaste hofverrigtinge op Ventersdorp aan die staat en die verdediging gesê dit gaan waarskynlik ‘n lang uitspraak wees.

Chris Mahlangu en ‘n tiener word daarvan aangekla dat hulle die AWB-leier op 3 April 2010 in sy plaashuis doodgeslaan het.

Albei het onskuldig gepleit op moord, huisbraak en roof met verswarende omstandighede.

Mahlangu beweer hy het uit selfverdediging opgetree. Die minderjarige ontken enige betrokkenheid in die misdaad.

Norman Arendse, die tiener se regsverteenwoordiger, het in sy slotbetoë gesê werkers op Terre’Blanche se plaas is uitgebuit.

“Plaaswerkers soos die beskuldigdes word oor die algemeen uitgebuit.”

Arendse het bygevoeg dat die voormalige leier van die AWB voorheen tronkstraf opgelê is nadat hy ‘n petroljoggie in 1993 aangerand het.

Arendse het ook gesê die polisie het geweet ‘n minderjarige werk vir Terre’Blanche, maar het niks daaraan gedoen nie.

Mahlangu se prokureur, Kgomotso Tlouane, het gesê indien die beskuldigdes skuldig was, sou hulle nie die polisie van die voorval in kennis gestel het nie.

лобановский александр компромат

Maak 'n opvolg-bydrae