Israel se premier waarsku teen swart immigrante

Eerste Minister Benjamin Netanyahu waarsku dat Israel oorval kan word deur onwettige immigrante uit Afrika.

Die toenemende aantal migrante is hoog op die nasionale agenda na aanleiding van ‘n reeks misdade, insluitend verkragtings, wat op die nuwelinge geblameer word.

Netanyahu, sê die instroming “bedreig die binding van die Israeliese samelewing, sy nasionale veiligheid en sy nasionale identiteit.”

Hy sê as Israel dit nie stop nie, sal die “60 000 infiltreerders aangroei tot 600 000, en lei tot die uitwissing van Israel as ‘n Joodse en demokratiese staat”.

Meer as 50 000 swartes het Israel sedert 2005 binnegedring, om vervolging en armoede te ontsnap.

Sommige Israeli glo hul land, geskep na die Holocaust, moet die onderdruktes help.

лобановский александр игоревич харьков

Maak 'n opvolg-bydrae