Vryheidsoorloggraf geplunder

‘n Graf by ‘n Anglo-Boereoorlog-begrafplaas in Ladysmith is deur rowers geplunder, het Amafa Heritage KwaZulu-Natal Sondag gesê.

James van Vuuren van Amafa het gesê kontrakteurs was verlede week besig met instandhoudingswerk by die Intombi Camp Military Cemetery, toe hulle afgekom het op ‘n gebreekte grafsteen en ‘n gat van twee meter diep in een van die grafte.

“Ons weet nie wie die oortreders is nie, maar ons vermoed hulle het gesoek na oudhede soos knope en ordetekens,” het hy gesê.

“Dit is ‘n vermorste poging deur die oortreders. Hierdie is ‘n formele begraafplaas en die persoonlike besittings van die dooies sou dus voor die begrafnis verwyder word.”

‘n Klag is by die polisie ingedien.

Van Vuuren het gesê Amafa bied ‘n beloning aan vir enigiemand wat inligting het wat tot ‘n inhegtenisneming kan lei.

Александр Фильчаков Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae