Oliver Tambo se dogter, die spotprenttekenaar Zapiro en die Joodse kunsgemeenskap in Johannesburg, skree “Vryheid van uitdrukking!”, maar vir die gesin van die president is die skildery nie snaaks nie.
Die Afrikaanse gemeenskap is ook geskok deur die skildery. In onderhoude wat praag.co.za gedoen het, het mense gesê dit is ‘n kinderagtige manier om kritiek te lewer en onvanpas.
By ‘n leeskring in Johannesburg het lede gesê die skildery sal baie simpatie vir Zuma bring en sy aansien by konserwatiewe kiesers verhoog.
“Ons verstaan wel dat hy [Zuma] ‘n openbare figuur is, maar hierdie is nie meer polities nie en maak eerder inbreuk op sy regte as mens,” het sy gesê.
“Sover dit ons aangaan, in ons samelewing is dit slegs diere wat kaal staan, nie mense nie.”
Zuma se broer, Michael, het aan die Sunday Times gesê die portret is walglik en het niks anders as skande oor die familie gebring nie.
“Dit is die mees walglike ding wat nog ooit gepubliseer of gesê is oor die president,” het hy gesê.
“As ‘n familie is ons steeds geskok, want in ons kultuur is die blootstelling van privaatdele iets wat ‘n skande is. Dit word beskou as disrespekvol teenoor daardie persoon en andere.”
Jackson Mthembu, ‘n woordvoerder, het vroeër gesê die saak sal Dinsdag in die Johannesburgse hooggeregshof aangehoor word.
