“Ons voel dit is sensuur om die uitbeelding af te haal,” het die gallery se woordvoerder Lara Koseff, Vrydag gesê.
Die ANC het vroeër ‘n brief van hul prokureurs oorhandig wat die verwydering daarvan eis. Die regerende party wil ook ‘n beeld van die Brett Murray-skildery van City Press se webwerf verwyder sien.
Die koerant het geweier en gesê ‘n hof moet besluit.
Koseff sê die skildery bly. Die galery staan vas by sy kunstenaars soos tydens en na apartheid, en ondersteun hulle nog steeds. Sy het gesê Suid-Afrika raak soos China wat geen vryheid van menings toelaat nie.
Alhoewel die menings van die kunstenaar nie die galery s’n verteenwoordig nie, verwelkom hulle die gesprekke wat met werke soos Murray s’n na vore kom.
Besoekergetalle het aansienlik toegeneem sedert die ANC die verwydering van die skildery eis. ‘n Wag met ‘n koeëlvaste baadjie is by die deur gepos as ‘n voorsorgmaatreël.
