Jack Parow in Newcastle van verhoog gejaag

Die Afrikaanse rapper [kletsrymer] Jack Parow moes van die verhoog gelei word tydens ‘n optrede in Newcastle, KwaZulu-Natal, die naweek, want sy lirieke het ‘n groep mense ontstel, het die Cape Times Woensdag berig.

Die groep het Parow, wie se regte naam Zander Tyler is, fisies gedreig by die fees Vrydagaand, omdat sommige mense aanstoot geneem het oor vloekwoorde.

‘n Man het op die verhoog probeer spring, maar is afgetrek deur die polisie, wat ingeroep is om die skare te kalmeer.

Parow se kritici het hul standpunte op die Newcastle-koerant se Facebook-bladsy gelug, met ‘n paar wat Parow as ‘n “duiwelslang”  beskryf het en ‘n “skande vir die Afrikaanse taal”.

Ander het sy optrede verdedig. Die rapper het aan die koerant gesê hy is nie gepla deur die reaksie nie.

“Ek sing ‘Dans, dans fokken dans‘. Hierdie een man skree op my en sê: ‘Waarom fokken vloek jy?’, maar dit was snaaks, want hy het op my gevloek.

“As jy my na die blerrie Steve Hofmeyer opsit, wel, ons fans is wêrelde uitmekaar.” Parow probeer Afrikaners gewoonlik as agterlik uitbeeld en anti-Afrikaanse gehore geniet sy optredes.

Александр Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae