SAUK-hoof weereens geskors
Suid-Afrikaanse nuus, d.w.s. sowel nuus uit Suid-Afrika én Suider-Afrika.
Mutambara is oor die naweek aangehou omdat hy 'n geskrewe aanval op president Robert Mugabe gedoen het.
Volgens Mutambara se regsverteenwoordiger, Harrison Nkomo, is hy gearresteer weens die publikasie van leuens en vir minagting van die hof weens 'n artikel wat hy in April geskryf het.
Die redakteur van die land se enigste onafhanklike Sondagkoerant, die Standard, is verlede maand in hegtenis geneem oor die stuk wat deur Mutambara geskryf is waarin hy Mugabe daarvan beskuldig dat hy die Zimbabwiese ekonomie geruïneer het en dat sy veiligheidsmagte vergrype gepleeg het.
Die SAKP het Mbeki ook verantwoordelik gehou vir die geweld teen buitelanders waarin 62 mense sedert 11 Mei omgekom het.
In 'n verklaring het die SAKP gevra dat Mbeki moet bedank en dat 'n moontlike vervroegde verkiesing gehou word.
Die Kommunistiese Party het ook kritiek uitgespreek teen die Reserwebank se beleid van inflasieteikens en verhoogde rentekoerse en dit as toenemend histeries beskryf.
Die helikopter was omtrent 20 meter in die lug toe dit meganiese probleme begin ervaar het. Daarna het dit begin kantel en stert eerste grond toe geval waar dit 'n wit bakkie getref het.
Die drie akteurs, Amalia Uys, Sekoati Tsubane en Hazel Hinda is beseer, asook die helikoptervlieënier en die bestuurder van die bakkie.
Die drie akteurs is intussen uit die hospitaal op Kroonstad ontslaan.
Die land se ambassadeur in Suid-Afrika, Simon Khaya Moyo het vandag dié aankondiging gemaak. Hy het ook gesê dat Zimbabwiërs wat terugkeer grond van die regering sal ontvang wat van blanke plaasboere afgevat is.
Daar word beraam dat ongeveer 30 000 immigrante uit die res van Afrika reeds landuit gevlug het sedert die aanvalle op hulle begin het, meesal Mosambiekers maar ook Zimbabwiërs en Malawiërs.
Dit verteenwoordig egter 'n breukdeel van die getal onwettige immigrante in die land wat tussen 7 en 15 miljoen kan wees.
Volgens regeringswoordvoerder Themba Maseko kon die geweld nie aan 'n enkele faktor toegeskryf word nie en was dit ook nie noodwendig die werk van 'n derde mag nie.
Daar was egter nabootsing deur misdadigers wat die situasie uitgebuit he om misdaad te pleeg.
Die regering is van mening dat griewe rondom toegang tot dienste soos water, paaie en ekonomiese geleenthede uitgebuit en misbruik is om gemeenskappe te manipuleer en teen buitelanders op te sweep.
Die optrede van Suid-Afrikaners en liefdadigheidsorganisasies wat selfloos hulp aan buitelanders in nood verskaf het, is egter baie bemoedigend, volgens die regering.
Die groothandelsprys van diesel met die kleiner swaelinhoud styg met 71 sent per liter en die groter swaelinhoud met 70 sent per liter.
Die kleinhandelsprys van paraffien styg met 94 sent per liter.
Weens die onderverhaling op die petrolprys en die onlangse styging in die prys van ru-olie, sal 'n drastiese styging nou nodig wees.
Die huidige styging volg op vorige stygings oor die afgelope twee maande van onderskeidelike 55 en 68 sent.
Die prys van petrol word op die eerste Woensdag van die maand aangepas volgens die gemiddeld van die vorige maand se onder- of oorverhaling.
Volgens inspekteur Hein van Heerden is 'n Standardbank-OTM naby die Motor City-sentrum opgeblaas.
'n Veiligheidswag het drie mans voor die OTM gesien staan. Enkele minute later het die mans weggestap en het die kitsbank ontplof.
Dieselfde groepie mans het daarna teruggekeer, in die beskadigde OTM-hokkie ingegaan en 'n onbekende bedrag geld van die beskadigde kitsbank geneem.
Omliggende geboue is insgelyks deur die ontploffing beskadig, hoewel nie ernstig nie. Niemand is egter beseer nie.
Dit was die derde ontploffing vandag by 'n kitsbank in die provinsie. Soortgelyke rooftogte het vanoggend by Orange Farm en in Atteridgeville plaasgevind.
Volgens Grace Mugabe sal Tsvangirai nooit die binnekant van die ampswoning sien nie. Sy het by 'n byeenkoms in die landelike Shamva-gebied gepraat waar 'n huis blykbaar deur MDC-ondersteuners afgebrand is. Sy het 'n beroep op die MDC gedoen om onmiddellik op te hou met wat sy die barbaarse veldtog om mense se huise af te brand en te vernietig, genoem het.
Die brief wat in April deur Mbeki aan die Amerikaanse president gerig is, het vandeesweek ter sprake gekom in 'n rubriek wat in die Washington Post gepubliseer is.
Volgens mnr. Tony Leon, is dit in die beste belang van Suid-Afrika se bedorwe internasionale beeld en die herstel van ons president se posisie as onafhanklike bemiddelaar in Zimbabwe dat hy die brief bekendmaak en ook die inhoud, bedoeling en konteks moet verduidelik.
Leon het gesê dat hy parlementêre vrae oor die brief gaan stel.
Twee mans van onderskeidelik 28 en 25 jaar oud het oor 'n kledingstuk gestry wat vroeër die dag van 'n liefdadigheidsorganisasie ontvang is.
Die ouer man het 'n springmes uitgehaal en die jongere drie keer in die arm en nek gesteek.
Party van die inwoners het die messteker agterna gesit, hom gevang en aan die polisie oorhandig.
Sy slagoffer is hospitaal toe geneem waar hy later dood is.
Volgens die polisie sal die messteker binnekort op 'n moordklag in die George-landdroshof verskyn.
Die hoof van Eskom, Jacob Maroga, het gister tydens 'n parlementêre sessie gewaarsku dat Suid-Afrika se kragprobleme nog lank nie verby is nie.Volgens hom verkeer die land nog steeds in 'n noodtoestand wat elektrisiteit betref. Dit gaan tyd en baie optrede verg om op te los.
Eskom beplan om R1,2 triljoen van nou af tot 2025 te bestee, waarby 'n belegging van R343 miljard oor die volgende vyf jaar ingesluit is.
Die gemiddelde steenkoolvoorraad by kragsentrales is tans 17,4 dae.
Die Metodistebiskop wat buitelanders in sy kerk in die Johannesburgse middestad huisves, Paul Verryn, het gister geëis dat die grens tussen Suid-Afrika en Zimabwe geheel en al afgeskaf word.
Verryn het die afskaffing van die grens vergelyk met die opheffing van skeidslyne in 1994. Volgens hom sou so 'n stap tot almal se vermoë bydra.
Die biskop het voor 'n skare aan die Universiteit van die Witwatersrand gepraat. Hy het verder gepleit vir 'n vorm van kollektiewe eienaarskap en gesê dat al die hulpbronne in Suid-Afrika aan die hele nasie behoort en gedeel moet word.
Ander akademici by dieselfde byeenkoms het ongelykheid vir die etniese geweld geblameer en gevra dat bates aan die armes oorgedra behoort te word.
Volgens 'n berig in die Washinton Post deur rubriekskrywer Michael Gerson, het Mbeki teen die VSA uitgevaar met vrylike gebruik van uitroeptekens omdat dié land teen Robert Mugabe kant gekies het en die sienings van die Zimbabwiese mense verontagsaam.
Gerson haal 'n naamlose amptenaar in Washington aan wat die brief gesien het. Volgens dié amptenaar het Mbeki aan George Bush gesê om Zimabwe en Afrika uit te los aangesien Afrika aan Mbeki behoort.
'n Woordvoerder vir Mbeki, Mukoni Ratshitanga, dra geen kennis van die brief nie, maar die Amerikaanse ambassade in Pretoria het bevestig dat Bush so 'n brief ontvang het.
Die Withuis werk tans aan 'n antwoord op Mbeki se skrywe.