Petrolprys styg met 50 sent/l

Die departement van Minerale en Energie het vanmiddag  ʼn hoër brandstofprys aangekondig.  Die prys van alle grade petrol styg Woensdag met 50 sent per liter.

Die groothandelsprys van diesel met die kleiner swaelinhoud styg met 71 sent per liter en die groter swaelinhoud met 70 sent per liter.

Die kleinhandelsprys van paraffien styg met 94 sent per liter.

Weens die onderverhaling op die petrolprys en die onlangse styging in die prys van ru-olie, sal 'n drastiese styging nou nodig wees.

Die huidige styging volg op vorige stygings oor die afgelope twee maande van onderskeidelike 55 en 68 sent.

Die prys van petrol word op die eerste Woensdag van die maand aangepas volgens die gemiddeld van die vorige maand se onder- of oorverhaling.

игры для деочекФильчаков прокуратура харьков