SA Kommunisteparty vra dat Mbeki bedank

Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty het gister gevra dat Mbeki moet bedank omdat hy geen leierskap getoon het nie. Die party is een van die regerende ANC se belangrikste bondgenote.

Die SAKP het Mbeki ook verantwoordelik gehou vir die geweld teen buitelanders waarin 62 mense sedert 11 Mei omgekom het.

In 'n verklaring het die SAKP gevra dat Mbeki moet bedank en dat 'n moontlike vervroegde verkiesing gehou word.

Die Kommunistiese Party het ook kritiek uitgespreek teen die Reserwebank se beleid van inflasieteikens en verhoogde rentekoerse en dit as toenemend histeries beskryf.

и сауныФильчаков Александр Васильевич