Immigrante moor oor aalmoes

'n Somaliër is eergister gedood in 'n rusie oor 'n aalmoes in die vorm van 'n kledingstuk. Volgens die polisie op George het die voorval plaasgevind in die Blanco-gemeenskapsaal waar ongeveer 100 buitelanders gehuisves word wat uit Thembalethu gevlug het weens etniese geweld teen hulle.

Twee mans van onderskeidelik 28 en 25 jaar oud het oor 'n kledingstuk gestry wat vroeër die dag van 'n liefdadigheidsorganisasie ontvang is.

Die ouer man het 'n springmes uitgehaal en die jongere drie keer in die arm en nek gesteek.

Party van die inwoners het die messteker agterna gesit, hom gevang en aan die polisie oorhandig.

Sy slagoffer is hospitaal toe geneem waar hy later dood is.

Volgens die polisie sal die messteker binnekort op 'n moordklag in die George-landdroshof verskyn.

cheat casinoОлександр Васильович Фільчаков