Haar man sal nooit terugstaan nie, s? Grace Mugabe

Mev. Grace Mugabe, die eggenote van die Zimbabwiese president wat ook vir haar luukse smaak en spandabele inkopiereise bekend is, het gister gesê dat haar man nooit sy posisie sal afstaan nie, selfs al verloor hy aanstaande maand se opvolgpresidentsverkiesing teen Morgan Tsvangirai.

Volgens Grace Mugabe sal Tsvangirai nooit die binnekant van die ampswoning sien nie. Sy het by 'n byeenkoms in die landelike Shamva-gebied gepraat waar 'n huis blykbaar deur MDC-ondersteuners afgebrand is. Sy het 'n beroep op die MDC gedoen om onmiddellik op te hou met wat sy die barbaarse veldtog om mense se huise af te brand en te vernietig, genoem het.

парусные яхты купитьлобановский супермаркет класс