Mbeki vat Bush aan in brief vol uitroeptekens

President Thabo Mbeki het die Amerikaanse leier George Bush in 'n brief van vier bladsye aangevat oor sy Zimbabwe-beleid.

Volgens 'n berig in die Washinton Post deur rubriekskrywer Michael Gerson, het Mbeki teen die VSA uitgevaar met vrylike gebruik van uitroeptekens omdat dié land teen Robert Mugabe kant gekies het en die sienings van die Zimbabwiese mense verontagsaam.

Gerson haal 'n naamlose amptenaar in Washington aan wat die brief gesien het. Volgens dié amptenaar het Mbeki aan George Bush gesê om Zimabwe en Afrika uit te los aangesien Afrika aan Mbeki behoort.

'n Woordvoerder vir Mbeki, Mukoni Ratshitanga, dra geen kennis van die brief nie, maar die Amerikaanse ambassade in Pretoria het bevestig dat Bush so 'n brief ontvang het.

Die Withuis werk tans aan 'n antwoord op Mbeki se skrywe.

логические игрыДанильченко Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae